NÚMERI 24

1 TOE Bíleam sien dat dit goed was in die oë van dieHereom Israel te seën, het hy hom nie soosdie vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.

2 Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, hetdie Gees van God op hom gekom.

3 En hy het sy spreuk aangehef en gesê:Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.

4 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.

5 Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!

6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ’n rivier,soos aleweeswat dieHeregeplant het, soos seders by die water.

7 Water vloei uit sy emmers, en sy saad is by baie waters. En laat sy koning hoër wees asAgag, en sy koninkryk hom verhef!

8 God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van ’n buffel; hy salnasies, sy vyande, verteer enhulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.

9 Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin: wie sal hom opjaag?Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek!

10 Toe het Balak baie kwaad geword vir Bíleam en sy hande saamgeslaan, en Balak het aan Bíleam gesê:Ek het jou laat roep om my vyande te vloek, en kyk, jy het nou al drie maal net geseën!

11 Trek dan nou gou na jou woonplek!Ek het gesê dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, dieHerehet jou van verering teruggehou.

12 Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:

13 Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van dieHerenie oortree om goed of kwaaduit my eie hart te doen nie; wat dieHerespreek, dit sal ek spreek.

14 En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom,ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aandie einde van die dae.

15 Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.

16 Die hoorder van die woorde van God spreek, en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien wat neerval en geopende oë het.

17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie:’n ster kom te voorskyn uit Jakob, en’n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.

18 Ook salEdom ’n besitting wees; enSeïr, sy vyande, sal ’n besitting wees, maar Israel neem toe in krag.

19 En laat daar een uit Jakob heers en die vrygeraaktes uit die stede vernietig.

20 Toe hy Ámalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Ámalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.

21 Toe hydie Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.

22 Ewenwel sal Kain tot verwoesting wees. Hoe lank nog? Assur sal jou as gevangene wegvoer.

23 Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee, wie sal lewe as God dít beskik?

24 En skepe kom van die kant van dieKittiërs af, en hulle verneder Assur en hulle vernederHeber; en hy is ook tot ondergang bestem.

25 Toe het Bíleam hom klaargemaak en weggetrek enna sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nine + seven =