NÚMERI 20

Die waters van Mériba.

1 EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering,in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly.En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.

2 En daar was geen water vir die vergadering nie.Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.

3 En die volkhet met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwetoe ons broers voor die aangesig van dieHeregesterf het!

4 Enwaarom het julle die vergadering van dieHerein hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?

5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.

6 Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, enhulle het op hul aangesig geval; toe verskyndie heerlikheid van dieHereaan hulle.

7 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. Somoet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.

9 Toe neem Moses die stafvoor die aangesig van dieHereweg soos Hy hom beveel het.

10 En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê:Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?

11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; endaar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.

12 Toe sê dieHerevir Moses en Aäron: Omdatjulle in My nie geglo hetom My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.

13 Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met dieHeregetwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.

14 Daarna het Moses uit Kades boodskappers nadie koning van Edom gestuur: So sêjou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het.

15 Ons vaders het na Egipte afgetrek,en ons het baie dae in Egipte gewoon,en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel.

16 Toe het ons dieHereaangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hyhet ’n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, ’n stad op die grens van jou grondgebied.

17 Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het.

18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek.

19 Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee,gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek — verder niks nie.

20 Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met ’n sterk hand.

21 So het Edomdan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israelvan hom af weggedraai.

Die dood van Aäron.

22 EN die kinders van Israel, die hele vergadering, het vanKades af weggetrek en bydie berg Hor gekom.

23 En dieHerehet met Moses en Aäron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:

24 Aäronsal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdatjulle teen my bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.

25 Neem Aäron en sy seun Eleásar, en laat hulle op die berg Hor opklim;

26 en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun Eleásar aan; en Aäron sal daarby sy volksgenoteversamel word en sterwe.

27 Toe het Moses gedoen soos dieHerebeveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.

28 En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleásar aangetrek. En Aäron het daar gesterweop die top van die berg, maar Moses en Eleásar het van die berg afgeklim.

29 En toe die hele vergadering sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel Aäron beweendertig dae lank.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × two =