NÚMERI 17

Die staf van Aäron.

1 DAARNA het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ’n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.

3 En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.

4 En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuieniswaar Ek met julle saamkom.

5 En die staf van die manwat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israelwat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.

6 Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom ’n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.

7 En Moses het die stawe voor die aangesig van dieHereindie tent van die Getuienis neergesit.

8 En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!

9 Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van dieHerewas, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.

10 Daarop het dieHerevir Moses gesê:Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis omdit te bewaaras teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.

11 En Moses het dit gedoen; soos dieHerehom beveel het, so het hy gedoen.

12 Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!

13 Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van dieHere, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve + 6 =