JOB 2

1 ENop ’n dag toe die seuns van God kom om hulle voor dieHerete stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor dieHerete stel.

2 Toe vra dieHerevir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord dieHereen sê: Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

3 En dieHerevra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietigsonder oorsaak.

4 Toe het die Satan dieHeregeantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;

5 maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan — waarlik, hy sal U in u aangesigseën!

6 En dieHeresê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

7 En die Satan het weggegaan van die aangesig van dieHere, en hy het Job met boseswere getref, van sy voetsool tot sy skedel.

8 En hy het vir hom ’n potskerf geneem om hom daarmee te krap,terwyl hy in die as sit.

9 Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!

10 Maar hy antwoord haar: Soos ’n dwaas praat, praat jy!Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie?By dit alles het Job niegesondig met sy lippe nie.

Job se vriende kom by hom.

11 EN toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, dieTemaniet, en Bildad, dieSuhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.

12 En toe hulle op ’n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur enstof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.

13 En hulle het by hom op die grond gaan sit,sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand ’n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen + 14 =