JOB 1

Job bly in teëspoed aan God getrou.

1 DAAR was ’n man in die landUs wie se naam wasJob; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een watafgewyk het van die kwaad.

2 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore.

3 Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee en drieduisend kamele en vyfhonderd paar beeste en vyfhonderd eselinne en ’n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.

4 En sy seuns was gewoond om ’n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink.

5 En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar enbring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig enGod in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen.

6 Enop ’n dag toedie seuns van God kom om hulle voor dieHerete stel, het die Satan ook onder hulle gekom.

7 Toe vra dieHerevir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord dieHereen sê:Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

8 En dieHerevra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie:’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.

9 En die Satan antwoord dieHereen sê: Is dit verniet dat Job God vrees?

10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.

11 Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het — waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

12 Daarop sê dieHereaan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van dieHere.

13 En op ’n dag,terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer,

14 kom ’n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle,

15 hetdie Sabeërs ’n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

16 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ’n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

17 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ’n ander een en sê:Die Chaldeërs hetdrie leërafdelings opgestel en ’n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

18 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ’n ander een en sê:U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,

19 toe daar meteens ’n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

20 Toe staan Job op enskeur sy mantel, en hy hetsy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval

21 en gesê:Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. DieHerehet gegee, en dieHerehet geneem: die Naam van dieHeresy geloofd!

22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 − 9 =