JOB 4

Élifas is verwonderd dat Job, wat ander mense kon troos, nou self so moedeloos is.

1 TOE antwoordÉlifas, die Temaniet, en sê:

2 As ’n mens dit met ’n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou — wie kan dit?

3 Kyk, jy het baie mense tereggewys enslap hande versterk.

4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.

5 Maar nou dat dit jóú oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóú tref, is jy verslae!

Laat Job op sy vroomheid vertrou, dan kom alles reg. Net groot sondaars kom gewelddadig om.

6 ISjouGodsvrees niejou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?

7 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?

8 Volgens ek gesien het:Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.

9 Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.

10 Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller — ja, die tande van diejong leeus word uitgebreek.

11 Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.

Laat Job onthou dat niemand regverdig is voor God nie.

12 VERDER is ’n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ’n gefluister daarvan opgevang,

13 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneerdiepe slaap op die mense val.

14 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.

15 Toe skuif daar ’n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.

16 Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie — ’n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ’n stemwat sê:

17 Sou ’n sterfling regverdig wees voor God? Of ’n man rein wees voor sy Maker?

18 Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.

19 Hoeveel meer by hulle watkleihuise bewoon, van wie die grondslag indie stof is, wat fyngedruk word soos’n mot.

20 Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.

21 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × one =