II SAMUEL 3

1 EN daar was ’n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker.

Seuns van Dawid wat in Hebron gebore is.

2 ENvir Dawid is daar seuns in Hebron gebore. En sy eersgeborene was Amnon,by Ahínoam uit Jísreël;

3 en sy tweede was Kíleab, by Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde was Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Talmai, die koning vanGesur;

4 en die vierdeAdónia, die seun van Haggit; en die vyfde Sefátja, die seun van Abítal;

5 en die sesde Jítream, by Egla, die vrou van Dawid. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore.

Onderhandelinge tussen Abner en Dawid. Joab vermoor Abner.

6 EN onderwyl daar oorlog was tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, was Abner besig om homself te versterk in die huis van Saul.

7 Saul het naamlik ’n byvrou gehad wie se naamRispa was, die dogter van Aja; enIsbósethet vir Abner gesê: Waarom het jyby die byvrou van my vader ingegaan?

8 Toe word Abner baie kwaad oor die woorde van Isbóset en sê: Is ek dandie hondskop wat aan Juda behoort? Vandag bewys ek guns aan die huis van Saul, jou vader, aan sy broers en aan sy vriende; en ek het jou nie in die hand van Dawid laat raak nie, en tog verwyt jy my vandag die oortreding met ’n vrou?

9 Mag God so aan Abner doen en so daaraan toedoen, sekerlik,soos dieHereDawid met ’n eed beloof het, net so sal ek aan hom doen

10 deur die koningskap aan die huis van Saul te ontneem en die troon van Dawid op te rig oor Israel en oor Juda,van Dan tot Berséba.

11 En hy kon Abner verder geen antwoord gee nie, omdat hy vir hom bang was.

12 Daarop het Abner boodskappers na Dawid in sy plek gestuur om te sê: Aan wie behoort die land? en: Sluit u verbond met my; en kyk, my hand sal met u wees om die hele Israel na u toe oor te bring.

13 En hy het gesê: Goed, ék sal met u ’n verbond sluit, maar een ding eis ek van u, naamlik: U mag my aangesig nie sien nie, of u moet eersMigal, die dogter van Saul, saambring as u kom om my aangesig te sien.

14 Dawid het ook boodskappers gestuur na Isbóset, die seun van Saul, om te sê: Gee my vrou Migal met wie ek my verloof hetvir honderd voorhuide van die Filistyne.

15 En Isbóset het gestuur en haar van die man, vanPáltiël, die seun van Lais, afgeneem.

16 En haar man het saam met haar gegaan, terwyl hy agter haar aan loop en ween tot byBahúrim. Toe sê Abner vir hom: Gaan terug. En hy het teruggegaan.

17 En Abner het met die oudstes van Israel onderhandel en gesê: Gister sowel as eergister het julle aldeur Dawid as koning oor julle begeer.

18 Voer dit dan nou uit, want dieHerehet van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van my kneg Dawid sal Ek my volk Israel uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos.

19 En Abner het ook voor die ore vanBenjamin gespreek; en Abner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hebron te spreek alles wat goed was in die oë van Israel en in die oë van die hele huis van Benjamin.

20 Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig man saam met hom, het Dawid vir Abner en die manne wat by hom was, ’n maaltyd aangerig.

21 En Abner sê vir Dawid: Ek wil my klaarmaak en die hele Israel by my heer die koning gaan versamel,dat hulle met u ’n verbond sluit; dan kan u heers oor alles wat u siel begeer. Daarop het Dawid Abner laat gaan, en hy het in vrede weggegaan.

22 Intussen kom die dienaars van Dawid en Joab juis van ’n rooftog af, en hulle bring ’n groot buit met hulle saam. Maar Abner was nie meer by Dawid in Hebron nie, want dié het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.

23 Toe Joab en die hele kommando wat saam met hom was, tuis kom, deel hulle aan Joab mee en sê: Abner, die seun van Ner, het na die koning gekom, en dié het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.

24 Daarop kom Joab by die koning en sê: Wat het u gedoen? Kyk, Abner het by u gekom; waarom het u hom tog laat loop, dat hy somaar weggegaan het?

25 U ken Abner, die seun van Ner, dat hy gekom het om u te mislei en omu uitgang en u ingang te weet, ja, om alles te weet wat u doen.

26 En Joab het van Dawid af weggegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het van die put Hassira af sonder dat Dawid dit geweet het.

27 Toe Abner dan in Hebron terugkom, het Joab hom eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daarin die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy broer Ásahel.

28 Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor dieHerevir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner.

29 Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van eenwat ’n vloeiing het ofwat melaats is of watop krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.

30 Joab dan en Abísai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broerÁsahel by Gíbeon in die geveg gedood het.

31 Verder het Dawid aan Joab en al die mense wat by hom was, gesê:Skeur julle klere engord rouklere aan en rouklaag voor Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.

32 Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook geween.

33 En die koninghet ’n klaaglied oor Abner aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos ’ndwaas sterwe?

34 Jou hande was nie gebind en jou voete nie aangeraak met koperkettings nie. Soos ’n mens voor kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween.

35 Daarop kom die hele volkom Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as ekvoor sonsondergang brood of enigiets proe.

36 En die hele volk het dit opgemerk, en dit was goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk.

37 En die hele volk en die hele Israel het dieselfde dag gemerk dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun van Ner, dood te maak nie.

38 Verder het die koning aan sy dienaars gesê: Weet julle nie dat vandag ’n vors en ’n groot man in Israel geval het nie?

39 Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is, terwyl hierdie manne,die seuns van Serúja,harder is as ek.Mag dieHeredie kwaaddoener vergelde na sy boosheid!

II SAMUEL 4

Isbóset word vermoor. Dawid wreek sy dood.

1 TOE die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het,het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik.

2 En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was Báëna en die naam van die ander Regab, seuns van Rimmon, die Béërotiet, uit die kinders van Benjamin, wantBéërot is ook by Benjamin gereken.

3 En die Béërotiete het naGittáim gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe.

4 EnJónatan, die seun van Saul, het ’n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jónatan uit Jísreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefibóset.

5 En die seuns van Rimmon, die Béërotiet, Regab en Báëna, het gegaan en by die huis van Isbóset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lê.

6 En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis om koring te gaan haal en homin die onderlyf gesteek; en Regab en sy broer Báëna het ontvlug.

7 Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer lê, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en diehele nag deur geloop met die pad van die Vlakte

8 en die hoof van Isbóset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isbóset, die seun van Saul, u vyandwat u lewe gesoek het; maar dieHerehet aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag.

9 Maar Dawid het Regab en sy broer Báëna, die seuns van Rimmon, die Béërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as dieHereleefwat my siel uit alle benoudheid verlos het,

10 hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! — terwyl hy in sy eie oë was soos een wat ’n goeie boodskap bring — het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;

11 hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense ’n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor,sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?

12 Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en dié het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isbóset het hulle geneem en dit begrawein die graf van Abner in Hebron.

II SAMUEL 5

Dawid word deur al die stamme as koning erken. Hy neem Jerusalem in en verslaan die Filistyne.

1 TOEkom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons,u been en u vlees is ons!

2 Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was,het ú Israel uit- en ingelei; en dieHerehet aan u gesê:Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet ’n vors wees oor Israel.

3 So het dan al die oudstes van Israel na die koning inHebron gekom; enkoning Dawid het met hulle ’n verbond in Hebron gesluitvoor die aangesig van dieHere, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

4 Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer.

5 In Hebron het hy oor Judasewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

6 Toe die koning met sy mannena Jerusalem wegtrek teendie Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe — dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.

7 Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem;dit is die stad van Dawid.

8 En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat ’n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel ’n afkeer het! Daarom sê hulle: ’n Blinde en ’n lamme mag nie in die huis kom nie.

9 En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, vanMillo af na die binnekant, gebou.

10 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en dieHere, die God van die leërskare, was met hom.

11 Toe stuurHiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid ’n huis gebou.

12 So het Dawid dan gewaar geword dat dieHerehom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.

13 EnDawid het uit Jerusalemmeer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore.

14 En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo,

15 en Jibhar en Elisúa en Nefeg en Jáfia,

16 en Elisáma en Éljada en Elifélet.

17 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehooren afgetrek na die bergvesting.

18 En die Filistyne het gekom en hulle versprei indie dal Refáim.

19 Toehet Dawid dieHeregeraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En dieHerehet aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.

20 Daarop het Dawid naBaäl-Pérasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: DieHerehet voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim genoem.

21 En hulle het hul afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem.

22 Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei.

23 Toe raadpleeg Dawid dieHere, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.

24 En as jy ’ngeruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want danhet dieHerevoor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.

25 En Dawid het gedoen net soos dieHerehom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot nabyGeser.

II SAMUEL 6

Dawid bring die ark na Jerusalem oor.

1 DAARNA het Dawid weer al die uitgesoektes in Israel, dertigduisend, versamel;

2 enDawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van Báäle-Juda, om die ark van God, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van dieHerevan die leërskarewat op die gérubs troon, daarvandaan te gaan haal.

3 En hulle het die ark van Godop ’n nuwe wa vervoer en dit uitdie huis van Abinádab, wat op die heuwel is, gebring. Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van Abinádab, die wa drywe,

4 met die ark van God, het Agjo voor die ark geloop.

5 En Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van dieHeregespeel met allerhandeinstrumentevan sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale.

6 En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussasy handuitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel.

7 Daarop het die toorn van dieHereteen Ussa ontvlam, enGod het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.

8 En Dawid het ontroerd geword, omdat dieHere’n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.

9 En Dawid het daardie dag vir dieHerebevrees geword en gesê: Hoe kan die ark van dieHerena my kom?

10 Daarom wou Dawid nie die ark van dieHereby hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het dit na die huis van Obed-Edom,die Gittiet, laat wegdraai.

11 En die ark van dieHerehet drie maande lank in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, endieHerehet Obed-Edom en sy hele huis geseën.

12 En toe aan koning Dawid meegedeel is: DieHerehet die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van die ark van God,het Dawid gegaan en die ark van God met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die stad van Dawid gebring.

13 En toe die draers van die ark van dieHereses treë geloop het, het hy ’nbees en ’n vetgemaakte kalf geoffer.

14 Daarby het Dawid met alle maggedans voor die aangesig van dieHere; en Dawid was omgordmet ’n linneskouerkleed.

15 So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van dieHeremet gejuig en basuingeklank opgehaal.

16 Toe die ark van dieHeredie stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van dieHere; en sy het hom in haar hart verag.

17 Nadat hulle dan die ark van dieHereingebring en dit op sy plek neergesit het binne-indie tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawidbrandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van dieHere.

18 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en dankoffers,het hy die volk in die Naam van dieHerevan die leërskare geseën

19 en aan die hele volk, die hele menigte van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan.

20 Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seën, het Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesê: Hoe het die koning van Israel homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die slavinne van sy dienaarsontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom somaar ontbloot!

21 Maar Dawid sê vir Migal: Voor die aangesig van dieHerewat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van dieHere, oor Israel — ja,voor die aangesig van dieHeresal ek vrolik wees!

22 En ek sal my nog geringer ag as dit — ek sal nederig wees in my eie oë en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer.

23 En Migal, die dogter van Saul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.

II SAMUEL 7

God laat Dawid nie toe om vir Hom ’n tempel te bou nie.

1 ENterwyl die koning in sy huis woon, nadat dieHerehom rus gegee het van al sy vyande rondom,

2 sê die koning vir die profeetNatan: Kyk tog, ék woon in’n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant’n tentdoek.

3 Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want dieHereis met u.

4 Maar in dieselfde nag kom die woord van dieHeretot Natan en sê:

5 Gaan sê aan my kneg, aan Dawid: So spreek dieHere: Sou jý vir My ’n huis bou om in te woon?

6 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrekin ’n tentwoning.

7 Oral waar Ek onder al die kinders van Israel rondgetrek het, het Ek ooit ’n woord gespreek met een van die stamme van Israel, wat Ek aangestel hetom my volk Israel op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My ’n huis van sederhout nie?

8 So moet jy dan nou aan my kneg, aan Dawid, sê: So spreek dieHerevan die leërskare:Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om ’n vors te wees oor my volk, oor Israel;

9 enEk was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou ’n groot naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;

10 en Ek sal vir my volk Israel ’n plek bestel en homplant, dat hy op sy eie plek kan woonen nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie,

11 naamlikvan die dag af dat Ek rigters oor my volk Israel aangestel het. MaarEk sal jou rus gee van al jou vyande; en dieHeregee jou te kennedat dieHerevir jou ’n huis sal stig.

12 As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het,sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig.

13 Hý sal vir my Naam ’n huis bou,en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid.

14 Ek sal vir hom ’n vader wees, en hy sal vir My ’n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met ’n menslike roede en met slae van mensekinders.

15 Maar my goedertierenheid sal van hom nie wyk nie,soos Ek dit onttrek het aan Saul wat Ek voor jou aangesig verwyder het.

16 En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou;jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.

17 Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie helegesig, so het Natan met Dawid gespreek.

18 Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van dieHeregebly en gesê:Wie is ek, HereHere, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?

19 En dit was nog te gering in u oë, HereHere, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het;en dit is die wet vir mense, HereHere!

20 Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek?want U ken u kneg, HereHere.

21 Ter wille van u woord en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen, om dit aan u kneg bekend te maak.

22 Daaromis U groot,HereGod! Wantdaar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

23 Enwie is soos u volk, soos Israel, ’n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as ’n volk gaan verlos het, en om vir Hom ’n naam te maak; en omgroot dinge te doen vir hulle en vreeslike dinge aan u land voor u volk uit wat U verlos het vir U van Egipte,vandie heidene en hulle gode?

24 En U het u volk Israel vir Ubevestig as ’n volk vir U tot in ewigheid; en U,Here, het vir hulle ’n God geword.

25 Laat dan nou,HereGod, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het;

26 sodat u Naam groot kan wees tot in ewigheid deurdat hulle sê: DieHerevan die leërskare is God oor Israel; en die huis van u kneg Dawid sal voor u aangesig bestendig wees.

27 Want U,Herevan die leërskare, God van Israel, het die oor van u kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou ’n huis bou; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid.

28 En nou, HereHere, U is Goden u woorde is waarheid; en U het u kneg hierdie goeie saak toegesê.

29 Laat dit U dan nou behaag en seën die huis van u kneg, sodat dit vir ewig voor u aangesig kan wees; want U, HereHere, het dit gespreek, en deur u seën sal die huis van u knegvir ewig geseënd wees.

II SAMUEL 8

Dawid onderwerp die Filistyne en Moab, Soba en Aram. Sy staatsamptenare.

1 ENdaarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem.

2 Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met ’n lyn deur hulle op die grond te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid sebelastingpligtige knegte geword.

3 Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob, die koning vanSoba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel.

4 En Dawid het van hom duisend-sewehonderd perderuiters afgeneem en twintigduisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde sehakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.

5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan.

6 En Dawid hetwagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en dieHerehet Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

7 En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.

8 En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.

9 Toe Toï, die koningvan Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadéser verslaan het,

10 stuur Toï sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het — want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï — en in sy hand was silwer- en goue en kopervoorwerpe.

11 Dit het koning Dawidook aan dieHeregeheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:

12 van die Arameërs en die Moabiete envan die kinders van Ammon envan die Filistyne envan die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.

13 En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, indie Soutdal agttienduisendEdomiete verslaan het.

14 En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, enal die Edomiete het Dawid se knegte geword; en dieHerehet Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

15 En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.

16 EnJoab, die seun van Serúja, was oor die leër; enJósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

17 EnSadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, was priesters, en Serája was skrywer.

18 EnBenája, die seun van Jójada, was oor dieKreti en diePleti, en die seuns van Dawid was priesters.

II SAMUEL 9

Die edelmoedige gedrag van Dawid teenoor Mefibóset, die seun van Jónatan.

1 EN Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul,dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jónatan?

2 En die huis van Saul het ’n dienaar gehad, met die naam vanSiba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar!

3 En die koning vra: Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ekdie guns van God aan hom kan bewys nie? Toe sê Siba aan die koning: Daar is nog ’n seun van Jónatan, wat lam is aan altwee voete.

4 En die koning vra hom: Waar is hy? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van Ámmiël, inLódebar.

5 Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal uit die huis van Magir, die seun van Ámmiël, uit Lódebar.

6 Toe Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en hom neergebuig. En Dawid het gesê: Mefibóset! En hy het geantwoord: Hier is u dienaar.

7 En Dawid sê vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jónatan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal altyddeur aan my tafel brood eet.

8 Toe buig hy en sê: Wat is u dienaar, dat u na’n dooie hond soos ek is, omgesien het?

9 En die koning het Siba, die dienaar van Saul, geroep en vir hom gesê: Alles wat Saul en sy hele huis gehad het, gee ek aan die seun van jou heer.

10 En jy moet vir hom die grond bewerk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moetvoedselinbring, dat die seun van jou heer brood het om te eet; maar Mefibóset, die seun van jou heer,sal altyddeur aan my tafel brood eet. En Siba hetvyftien seuns en twintig slawe gehad.

11 Toe sê Siba aan die koning: Net soos my heer die koning sy dienaar beveel, so sal u dienaar doen; en Mefibóset het aan die tafel van Dawid geëet soos een van die koning se seuns.

12 En Mefibóset het ’n jong seun gehadmet die naam van Miga, en almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefibóset se dienaars.

13 En Mefibóset het in Jerusalem gewoon, want hy het altyddeur aan die koning se tafel geëet; en hy was lam aan altwee voete.

II SAMUEL 10

Die Ammoniete en Arameërs word verslaan en onderwerp.

1 EN daarna het die koning vandie kinders van Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek koning geword.

2 Toe sê Dawid:Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het. Daarom het Dawid gestuur om hom deur sy dienaars oor sy vader te troos. Toe die dienaars van Dawid dan in die land van die kinders van Ammon kom,

3 het die vorste van die kinders van Ammon aan Hanun, hulle heer, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie?

4 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan.

5 En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.

6 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul gehaat gemaak het by Dawid, het die kinders van Ammon gestuur en die Arameërs van Bet-Rehob en dieArameërs van Soba gehuur, twintigduisend voetgangers, en van die koning vanMáäga, duisend man, en die manne van Tob, twaalfduisend man.

7 En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër,die helde, gestuur.

8 En die kinders van Ammon het uitgetrek en die slagorde opgestel by die ingang van die poort, terwyl die Arameërs van Soba en Rehob en die manne van Tob en Máäga afsonderlik in die veld was.

9 Toe Joab sien dat ’n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel ’n keuse gedoen en hulle opgestel teenoor die Arameërs.

10 Maar die ander manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai geplaas en dié het hulle opgestel teenoor die kinders van Ammon.

11 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek kom om jou te help.

12 Wees sterk en laat onsons sterk hou vir ons volk en vir die stede van onse God.Mag dieHeredan doen wat goed is in sy oë!

13 Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom om teen die Arameërs te veg, en hulle het vir hom gevlug.

14 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulleookvirAbísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het van die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom.

15 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle dig aaneengesluit.

16 Ja,Hadaréser het gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.

17 Intussen het Dawid daarvan berig gekry en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en in Helam aangekom; en die Arameërs het hulle teenoor Dawid opgestel en teen hom geveg.

18 Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewehonderd trekperde en veertigduisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het.

19 En toe al die onderhorige konings van Hadaréser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Israel vrede gesluit enhulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die kinders van Ammon langer te help.

II SAMUEL 11

Dawid pleeg owerspel en moord.

1 EN ná verloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom uit en die hele Israel. En hulle hetdie land vandie kinders van Ammon verniel en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.

2 En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en opdie dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af ’n vrou wat besig was om ’n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.

3 En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van Elíam, die vrou van Uría die Hetiet nie?

4 Daarop stuur Dawid boodskappers en laat haar haal. En toe syby hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, terwyl sy haar juis van haar onreinheid gereinig het. Daarna het sy na haar huis teruggegaan.

5 En die vrou het swanger geword en gestuur om Dawid te laat weet: Ek is swanger.

6 En Dawid het Joab laat weet: Stuur Uría, die Hetiet, na my. En Joab het Uría na Dawid gestuur.

7 Toe Uría dan by hom kom, vra Dawid of dit goed gaan met Joab, en of dit goed gaan met die manskappe, en of dit goed gaan met die oorlog.

8 En Dawid sê vir Uría: Gaan af na jou huis enwas jou voete. En toe Uría uit die paleis uitgaan, het’n geskenk van die koning hom gevolg.

9 Maar Uría het gaan slaap by die ingang van die paleis, by al die dienaars van sy heer, en nie na sy huis afgegaan nie.

10 En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: Uría het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Uría: Kom jy nie van ’n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?

11 En Uría sê vir Dawid:Die ark en Israel en Juda bly in hutte, en my heer Joab endie dienaars van my heer is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap?So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie doen nie!

12 En Dawid sê vir Uría: Bly vandag ook hier; dan sal ek jou môre laat gaan. En Uría het dié dag in Jerusalem gebly.

13 Maar die volgende dag het Dawid hom genooi, en hy het voor sy aangesig geëet en gedrink, en hy het hom dronk gemaak. Toe gaan hy in die aand uit om op sy slaapplek by die dienaars van sy heer te gaan slaap; maar na sy huis het hy nie afgegaan nie.

14 En in die môre skrywe Dawid ’n brief aan Joab en stuur dit met Uría weg.

15 En hy het in die brief geskrywe en gesê: Sit Uría op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug,dat hy in die slag kan sneuwel.

16 So het Joab dan, terwyl hy die stad verken, Uría op ’n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was.

17 En toe die manne van die stad uittrek en met Joab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en Uría, die Hetiet, het ook gesterwe.

18 Daarop stuur Joab om Dawid die hele beloop van die geveg mee te deel.

19 En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het —

20 as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?

21 Wie hetAbiméleg, die seun van Jerubbéset, verslaan? Het nie ’n vrou bo van die muur af ’n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? — dan moet jy sê: U dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood!

22 En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat Joab hom opgedra het.

23 Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.

24 Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood.

25 Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan Joab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes dit. So moet jy hom moed inpraat.

26 Toe die vrou van Uría hoor dat haar man Uría dood was, het sy gerouklaag oor haar heer.

27 Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en syhet sy vrou geword en vir hom ’n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van dieHere.

II SAMUEL 12

Berou en straf van Dawid.

1 DAAROM het dieHereNatan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom:Daar was twee manne in ’n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.

2 Die ryke het ’n groot menigte kleinvee en beeste gehad,

3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos ’n dogter.

4 En toe daar besoek kom by die ryk man, het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets te berei; daarom het hy die ooilam van die arm man geneem en dit berei vir die man wat by hom gekom het.

5 En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as dieHereleef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!

6 En die ooilam moet hyviervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.

7 Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê dieHere, die God van Israel: Ékhet jou as koning gesalf oor Israel, en Ék het jou gered uit die hand van Saul;

8 en Ek het die huis van jou heer aan jou gegee,en die vroue van jou heer in jou skoot, en Ek het die huis van Israel en Juda aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg.

9 Waarom het jydie woord van dieHereverag deur te doen wat verkeerd is in sy oë?Uría, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het.

10 En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Uría, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.

11 So sê dieHere: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek,en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.

12 Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Israel en in die volle sonlig.

13 En Dawid sê vir Natan:Ek het gesondig teen dieHere! En Natan sê vir Dawid: So het dieHeredan ooku sonde vergewe: u sal nie sterf nie.

14 Maar omdat u die vyande van dieHeredeur hierdie saak aanleiding gegee het om grootlikste laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.

15 Toe gaan Natan na sy huis. En dieHerehet die kind wat die vrou van Uría vir Dawid gebaar het, getref, sodat dit ernstig siek geword het.

16 En Dawid hetdie aangesig vanGod gesoek vir die kind, en Dawid het ’n tyd lank gevas en na binne gegaan endie hele nag deur op die grond gelê.

17 Daarop kom die oudstes van sy huis na hom en wou hom van die grond laat opstaan, maar hy wou nie; ook het hy geen brood saam met hulle geëet nie.

18 En op die sewende dag het die kind gesterwe; en die dienaars van Dawid was bevrees om hom te vertel dat die kind dood was, want hulle het gesê: Kyk, toe die kind nog in die lewe was, het ons met hom gespreek, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: Die kind is dood! — hy kan ’n verkeerde ding doen.

19 Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood.

20 Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van dieHeregegaan enaanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet.

21 Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir ’n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet.

22 En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween,want ek het gedink: Wie weet — dieHerekan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.

23 Maar nou is hy dood — waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maarhy sal na my nie terugkeer nie.

24 Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. Ensy het ’n seun gebaar, enhy het hom Salomo genoem. En dieHerehet hom liefgehad,

25 en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van dieHere.

26 EnJoab het teenRabba van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem.

27 Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.

28 Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ék nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.

29 Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.

30 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig ’n talent goud was, met ’n kosbare steendaarin,en dit het op die hoof van Dawid gekom; en ’n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.

31 En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.