II SAMUEL 6

Dawid bring die ark na Jerusalem oor.

1 DAARNA het Dawid weer al die uitgesoektes in Israel, dertigduisend, versamel;

2 enDawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van Báäle-Juda, om die ark van God, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van dieHerevan die leërskarewat op die gérubs troon, daarvandaan te gaan haal.

3 En hulle het die ark van Godop ’n nuwe wa vervoer en dit uitdie huis van Abinádab, wat op die heuwel is, gebring. Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van Abinádab, die wa drywe,

4 met die ark van God, het Agjo voor die ark geloop.

5 En Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van dieHeregespeel met allerhandeinstrumentevan sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale.

6 En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussasy handuitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel.

7 Daarop het die toorn van dieHereteen Ussa ontvlam, enGod het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.

8 En Dawid het ontroerd geword, omdat dieHere’n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.

9 En Dawid het daardie dag vir dieHerebevrees geword en gesê: Hoe kan die ark van dieHerena my kom?

10 Daarom wou Dawid nie die ark van dieHereby hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het dit na die huis van Obed-Edom,die Gittiet, laat wegdraai.

11 En die ark van dieHerehet drie maande lank in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, endieHerehet Obed-Edom en sy hele huis geseën.

12 En toe aan koning Dawid meegedeel is: DieHerehet die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van die ark van God,het Dawid gegaan en die ark van God met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die stad van Dawid gebring.

13 En toe die draers van die ark van dieHereses treë geloop het, het hy ’nbees en ’n vetgemaakte kalf geoffer.

14 Daarby het Dawid met alle maggedans voor die aangesig van dieHere; en Dawid was omgordmet ’n linneskouerkleed.

15 So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van dieHeremet gejuig en basuingeklank opgehaal.

16 Toe die ark van dieHeredie stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van dieHere; en sy het hom in haar hart verag.

17 Nadat hulle dan die ark van dieHereingebring en dit op sy plek neergesit het binne-indie tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawidbrandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van dieHere.

18 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en dankoffers,het hy die volk in die Naam van dieHerevan die leërskare geseën

19 en aan die hele volk, die hele menigte van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan.

20 Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seën, het Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesê: Hoe het die koning van Israel homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die slavinne van sy dienaarsontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom somaar ontbloot!

21 Maar Dawid sê vir Migal: Voor die aangesig van dieHerewat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van dieHere, oor Israel — ja,voor die aangesig van dieHeresal ek vrolik wees!

22 En ek sal my nog geringer ag as dit — ek sal nederig wees in my eie oë en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer.

23 En Migal, die dogter van Saul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 + fifteen =