II SAMUEL 8

Dawid onderwerp die Filistyne en Moab, Soba en Aram. Sy staatsamptenare.

1 ENdaarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem.

2 Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met ’n lyn deur hulle op die grond te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid sebelastingpligtige knegte geword.

3 Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob, die koning vanSoba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel.

4 En Dawid het van hom duisend-sewehonderd perderuiters afgeneem en twintigduisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde sehakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.

5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan.

6 En Dawid hetwagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en dieHerehet Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

7 En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.

8 En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.

9 Toe Toï, die koningvan Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadéser verslaan het,

10 stuur Toï sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het — want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï — en in sy hand was silwer- en goue en kopervoorwerpe.

11 Dit het koning Dawidook aan dieHeregeheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:

12 van die Arameërs en die Moabiete envan die kinders van Ammon envan die Filistyne envan die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.

13 En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, indie Soutdal agttienduisendEdomiete verslaan het.

14 En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, enal die Edomiete het Dawid se knegte geword; en dieHerehet Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

15 En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.

16 EnJoab, die seun van Serúja, was oor die leër; enJósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

17 EnSadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, was priesters, en Serája was skrywer.

18 EnBenája, die seun van Jójada, was oor dieKreti en diePleti, en die seuns van Dawid was priesters.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × two =