II SAMUEL 5

Dawid word deur al die stamme as koning erken. Hy neem Jerusalem in en verslaan die Filistyne.

1 TOEkom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons,u been en u vlees is ons!

2 Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was,het ú Israel uit- en ingelei; en dieHerehet aan u gesê:Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet ’n vors wees oor Israel.

3 So het dan al die oudstes van Israel na die koning inHebron gekom; enkoning Dawid het met hulle ’n verbond in Hebron gesluitvoor die aangesig van dieHere, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

4 Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer.

5 In Hebron het hy oor Judasewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

6 Toe die koning met sy mannena Jerusalem wegtrek teendie Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe — dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.

7 Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem;dit is die stad van Dawid.

8 En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat ’n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel ’n afkeer het! Daarom sê hulle: ’n Blinde en ’n lamme mag nie in die huis kom nie.

9 En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, vanMillo af na die binnekant, gebou.

10 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en dieHere, die God van die leërskare, was met hom.

11 Toe stuurHiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid ’n huis gebou.

12 So het Dawid dan gewaar geword dat dieHerehom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.

13 EnDawid het uit Jerusalemmeer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore.

14 En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo,

15 en Jibhar en Elisúa en Nefeg en Jáfia,

16 en Elisáma en Éljada en Elifélet.

17 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehooren afgetrek na die bergvesting.

18 En die Filistyne het gekom en hulle versprei indie dal Refáim.

19 Toehet Dawid dieHeregeraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En dieHerehet aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.

20 Daarop het Dawid naBaäl-Pérasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: DieHerehet voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim genoem.

21 En hulle het hul afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem.

22 Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei.

23 Toe raadpleeg Dawid dieHere, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.

24 En as jy ’ngeruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want danhet dieHerevoor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.

25 En Dawid het gedoen net soos dieHerehom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot nabyGeser.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × five =