I KONINGS 5

Salomo sluit ’n verbond met Hiram, die koning van Tirus, en tref voorbereidsels vir die bou van die tempel.

1 EN Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het,want Hiram was altyd ’n vriend van Dawid.

2 Daaroplaat Salomo aan Hiram weet:

3 U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van dieHeresy God kon bou nievanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat dieHerehulle onder sy voetsole gebring het.

4 Maar nou het dieHeremy God myrus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie.

5 En kyk, ek is van plan om vir die Naam van dieHeremy God ’n huis te bou soos dieHeremet my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit,hy sal die huis vir my Naam bou.

6 Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Líbanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.

7 Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê:Geseënd is dieHerevandag wat vir Dawid ’n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.

8 Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en diesipreshout.

9 My dienaars sal dit van die Líbanon na die see afbring, en ék sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan ú dit laat wegneem; en ú moet doen wat ek verlangdeur voedsel aan my huis te lewer.

10 So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê,

11 terwyl Salomo aan Hiram gelewer hettwintigduisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer.

12 En dieHerehet aan Salomo wysheid gegeevolgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het ’n verbond gesluit.

13 Verder het koning Salomo uit die hele Israel die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertigduisend man was.

14 En hy het hulle gestuur na die Líbanon, tienduisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die Líbanon, twee maande tuis; enAdoníram was oor die dwangarbeid.

15 Salomo het ooksewentigduisend draers en tagtigduisend klipkappers op die gebergte gehad,

16 behalwe diehoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drieduisend-driehonderdwat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.

17 En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbareklippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.

18 En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om die huis te bou.

I KONINGS 6

Die bou van die tempel.

1 EN indie vierhonderd-en-tagtigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif — dit isdie tweede maand — het hy die huis vir dieHeregebou.

2 Endie huis wat koning Salomo vir dieHeregebou het, was sestig el in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig el in sy hoogte.

3 En die voorportaal, aan die voorkant van die hoofvertrek van die huis, was twintig el in sy lengte, oor die breedte van die huis; tien el in sy breedte aan die voorkant van die huis.

4 En hy het aan die huis vensters gemaak met smal latwerk.

5 En teen die muur van die huis het hy rondom ’n aanbousel opgetrek, aan die mure van die huis rondom die hoofvertrek endie binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak.

6 Die onderste verdieping was vyf el in sy breedte en die middelste ses el in sy breedte en die derde sewe el in sy breedte; want hy het vir die huis rondom buitekant inkortings gemaak,om nie in die mure van die huis in te las nie.

7 En toe die huis gebou is,is dit opgetrek van klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die huis toe dit gebou is nie.

8 Die ingang van die onderste verdieping was aan die suidelike sykant van die huis, en wenteltrappe het opgegaan na die middelste, en van die middelste na die derde.

9 En toe hy die huis klaar gebou het, het hy die huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout.

10 En hy het die aanbousel teen die hele huis gebou; vyf el waselke verdiepinghoog; en hy het dit aan die huis bevestig met sederbalke.

11 En die woord van dieHerehet tot Salomo gekom en gesê:

12 Wat hierdie huis betref, wat jy besig is om te bou —as jy wandel in my insettinge en my verordeninge uitvoer en al my gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek my woordwat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul;

13 dan sal Ek onder die kinders van Israel woon en my volk Israelnie verlaat nie.

14 Toe Salomo die huis klaar gebou het,

15 het hy die mure van die huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die huis het hy metsipresplanke belê.

16 Verder het hy die twintig el van die agterkant van die huis met sederplanke bedek, van die vloer af tot by die balke, en dit aan die binnekant as ’n binneste vertrek, as ’nAllerheiligste, gebou.

17 En vooraan was die huis, dit is die hoofvertrek, veertig el.

18 En sederhout was aan die huis binnekant: snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip was daar te sien nie.

19 So het hy dan ’n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van dieHeredaar neer te sit.

20 En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.

21 Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het ’n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het.

22 En die hele huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele huisdaarmeebedek was; en die helealtaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek.

23 Verder het hy in die binneste vertrektwee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog.

24 En vyf el was die een vlerk van die gérub, en vyf el was die ander vlerk van die gérub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan.

25 En tien el die tweede gérub: altwee die gérubs het een maat en een gestalte gehad.

26 Die hoogte van die een gérub was tien el, en net so die ander gérub.

27 Toe het hy die gérubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die gérubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gérub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak.

28 Verder het hy die gérubs met goud oorgetrek.

29 En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenstevertrek,het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny.

30 En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenstevertrek,het hy met goud oorgetrek.

31 En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van ’n vyfhoek gehad.

32 En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die gérubs en op die palmbome ingeslaan.

33 En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig;

34 en twee deurvleuels vansipreshout: die een vleuel vantwee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare helftes.

35 En hy hetdaaropgérubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek.

36 Verder het hy die binneste voorhof gebou vandrie lae gekapte klip en een laag sederbalke.

37 In die vierde jaar is die fondament van die huis van dieHeregelê, in die maand Sif,

38 en in die elfde jaar, in die maand Bul — dit is die agtste maand — was die huis voltooi in al sy dele en volgens al sy vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.

I KONINGS 7

Bou van Salomo se paleis.

1 MAAR aan sy huis het Salomodertien jaar gebou en die hele huis voltooi.

2 Hy het naamlik die huisvan die Líbanon-bos gebou, honderd el in sy lengte en vyftig el in sy breedte en dertig el in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare.

3 En dit was van bo oordek met sederhout, op die verdiepings wat rus op die pilare, vyf-en-veertigbovertrekke,vyftien in ’n ry.

4 En daar was drie rye vensters van latwerk; en oop venster teenoor oop venster, drie maal.

5 En al die deure met die vensters was vierkantig van houtwerk, en venster was teenoor venster, drie maal.

6 En die pilare-voorhuis het hy gemaak, vyftig el in sy lengte en dertig el in sy breedte, met ’n voorportaal daarvoor, naamlik pilare en ’n afdak daaroor.

7 Verder het hy die troonsaal gemaak waar hy reggespreek het, die regsaal, en dit was bedek met sederhout van vloer tot vloer.

8 Ook sy huis waar hy gewoon het, in die ander voorhof, van die saal af binnekant toe, was van dieselfde maaksel; en hy het vir die dogter van Faraowat Salomo geneem het, ’n huis gemaak soos hierdie saal.

9 Dit was alles van kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, aan die binne- en buitekant met die saag bewerk, naamlik van die fondament af tot by die muurplate, en van die buitekant af tot by die groot voorhof.

10 En die fondament was van kosbare klippe, groot klippe, klippe van tien el en klippe van agt el.

11 En daar bo-op was kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, en sederhout.

12 En die groot voorhof was rondom vandrie lae gekapte klip en ’n laag sederbalke, net soos by die binneste voorhof van die huis van dieHereen by die saal van die paleis.

13 En koning Salomo het Hiram uit Tirus laat haal.

14 Hy was die seun van ’n weduvrouuit die stam van Náftali, ensy vader was ’n man van Tirus, ’n kopersmid;en hy was vol wysheid en verstand en kennis om allerhande werk in koper te maak. Hy het toe by koning Salomo gekom en al sy werk uitgevoer.

Die tempelgereedskap en -versiersels.

15 HY het naamlik dietwee pilare van koper gevorm;agttien el was die hoogte van die een pilaar, en ’n lyn van twaalf el kon die tweede pilaar omspan.

16 En hy het twee kapitele gemaak om op die toppe van die pilare te sit, gietwerk van koper; vyf el was die hoogte van die een kapiteel, en vyf el was die hoogte van die ander kapiteel.

17 Daar was vlegwerke — die maaksel van die vlegwerk was gedraaide drade, ’n maaksel van kettinkies — vir die kapitele op die top van die pilare; sewe vir die een kapiteel en sewe vir die ander kapiteel.

18 Verder het hy die granaatjies gemaak, naamlik twee rye rondom oor die een vlegwerk, om die kapitele op die top van die pilare te bedek; en net so het hy vir die ander kapiteel gemaak.

19 En die kapitele op die top van die pilare aandie voorportaal was vier el, lelievormig,

20 naamlik die kapitele op die twee pilare bo-aan, verby die vlegwerk wat vlak op die bol was. En die granaatjies was tweehonderd, in rye rondom,ookoor die tweede kapiteel.

21 En hy het die pilare opgerig by die voorportaal van die hoofvertrek. Toe hy die regterpilaar opgerig het, noem hy dit Jagin; en toe hy die linkerpilaar opgerig het, noem hy dit Boas.

22 Toe die leliewerk op die top van die pilare was, was die werk aan die pilare voltooi.

23 Verder het hydie see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en ’n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.

24 Enkolokwinte onder die rand daarvan het dit rondom omring; tien op die el het hulle die see rondom omring: twee rye kolokwinte wat aan die gietwerk daarvan vasgegiet is.

25 Dit het gestaan optwaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe, terwyl die see bo-op hulle was, en al hulle agterdele was binnekant toe.

26 En die dikte daarvan was ’n handbreed, en sy rand was in die vorm van ’n bekerrand, soos ’n lelieblom; dit hettweeduisend bat gehou.

27 Hy het ook dietien afspoelwaentjies van koper gemaak; die lengte van elke afspoelwaentjie was vier el, en vier el sy breedte en drie el sy hoogte.

28 En dit was die maaksel van die bak: dit het sluitplate gehad, naamlik sluitplate tussen die sporte;

29 en op die sluitplate tussen die sporte was leeus, beeste en gérubs; en net so op die sporte; bokant en onderkant die leeus en beeste was afhangende kransversierings.

30 En elke afspoelwaentjie het vier koperwiele en koperasse gehad, en sy vier hoekstyle het skouerstukke gehad; onder teen die wasbak was die skouerstukke vasgegiet; teenoor elkeen was kranse.

31 En die opening daarvan was binnekant die kraag, en boontoe een el; en die opening daarvan was rond, in die vorm van ’n voetstuk, anderhalf el; en ook die opening daarvan was graveerwerk, maar die sluitplate daarvan was vierkantig, nie rond nie.

32 En die vier wiele was onder die sluitplate, en die kloue van die wiele was in die bak, terwyl die hoogte van elke wiel anderhalf el was.

33 En die maaksel van die wiele was in die vorm van ’n wawiel; die kloue en die vellings en die speke en die nawe daarvan was alles gietwerk.

34 En vier skouerstukke was aan die vier hoeke van elke afspoelwaentjie; die skouerstukke daarvan was met die bak saam uit een stuk.

35 En bo-aan die afspoelwaentjie was daar ’n kraag van ’n half-el hoog, heeltemal rond; en bo-op die bak was die kloue en sluitplate daarvan, daarmee saam uit een stuk.

36 En hy het op die vlakke van die kloue en sluitplate daarvan gérubs, leeus en palmbome gegraveer volgens die ruimte van elkeen, en blomkranse rondom.

37 So het hy die tien afspoelwaentjies gemaak: een en dieselfde gietwerk, een maat, een vorm het hulle almal gehad.

38 Verderhet hy tien koperwaskomme gemaak; elke kom het veertig bat gehou; elke kom was vier el; een kom was op elke bak van die tien afspoelwaentjies.

39 Toe het hy die afspoelwaentjies opgestel: vyf aan die suidekant van die huis en vyf aan die noordekant van die huis;maar die see het hy aan die suidekant van die huis opgestel, teen die ooste na die suide toe.

40 Verder het Hiram die potte endie skoppe en die komme gemaak. So het Hiram dan al die werk voleindig wat hy vir koning Salomo in die huis van dieHeregedoen het:

41 twee pilare met die tweebolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, en die twee stukkevlegwerk om die twee bolle van die kapitele op die top van die pilare te oordek;

42 en die vierhonderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk: twee rye granaatjies vir elke vlegwerk, om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek;

43 en die tien afspoelwaentjies en die tien waskomme op die afspoelwaentjies;

44 en dieeen see en die twaalf beeste onder die see;

45 en die potte en die skoppe en die komme: al hierdie voorwerpe wat Hiram vir koning Salomo in die huis van dieHeregemaak het, was van gepolyste koper.

46 In die Jordaanstreek waar die grond diep was, tussenSukkot enSartan, het die koning dit gegiet.

47 En Salomo het al die voorwerpe ongeweeg laat bly vanweë die baie groot menigte; die gewig van die koper is nie bereken nie.

48 Verder het Salomo al die voorwerpe wat in die huis van dieHerewas, gemaak:die goue altaar endie tafel waardie toonbrode opmoes lê,van goud;

49 en die kandelaars, vyf regs en vyf links, voor die binneste vertrek, van fyn goud; en dieblomwerk endie lampe endie snuiters, van goud;

50 endie skottels en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne, van fyn goud; en die skarniere vir die deure van die binneste vertrek, van dieAllerheiligste,envir die deure van die saal, van die hoofvertrek, van goud.

51 En toe al die werk wat koning Salomo in die huis van dieHeregemaak het, gereed was, het Salomodie geheiligde gawes van sy vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van dieHereneergesit.

I KONINGS 8

Inwyding van die tempel.

1 DAARNAhet Salomo die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, by koning Salomo in Jerusalem byeen laat komom die verbondsark van dieHereuit die stad van Dawid, dit is Sion, op te bring.

2 En al die manne van Israel het by koning Salomo op diefees vergader in die maand Étanim, dit is die sewende maand.

3 Toe al die oudstes van Israel daar kom, hetdie priesters die ark opgeneem

4 en die ark van dieHereen die tent van samekoms gebring saam met al die heilige voorwerpe wat in die tent was; naamlik die priesters en die Leviete het dit gebring.

5 En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan,het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.

6 Verder het die priesters die verbondsark van dieHerenasy plek gebring, indie binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste,onder die vlerke van die gérubs in.

7 Want die gérubs het die vlerke uitgesprei oor die plek van die ark, sodat die gérubs die ark en sy draaghoute van bo af beskut het.

8 En diedraaghoute was so lank, dat die punte van die draaghoute uit die Heilige, vlak voor die binneste vertrek, gesien kon word, maarverderbuitentoe was hulle nie sigbaar nie; en hulle is daar tot vandag toe.

9 Daar was niks in die ark nie as netdie twee kliptafels wat Moses by Horeb daarin neergelê het, toedieHere’n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipteland.

10 En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan,het die wolk die huis van dieHerevervul.

11 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van dieHerehet die huis van dieHerevervul.

Rede en gebed van Salomo by die inwyding van die tempel.

12 TOE het Salomo gesê: DieHerehet gesê dat Hyin donkerheid wil woon.

13 Verseker het ek vir U ’n woonhuis gebou,’n vaste plek vir U om ewig in te woon.

14 Daarop draai die koning sy aangesig omen seën die hele vergadering van Israel, terwyl die hele vergadering van Israel staan.

15 En hy sê:Geloofd sy dieHere, die God van Israel, wie se hand volbring hetwat sy mond met my vader Dawid gespreek en gesê het:

16 Van die dag af dat Ek my volk Israel uit Egipte uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van Israel om ’n huis te bou, datmy Naam daar sou wees nie; maar Ek hetDawid verkies om oor my volk Israel te wees.

17 Toedit dan in die hart van my vader Dawid was om ’n huis te bou vir die Naam van dieHere, die God van Israel,

18 het dieHereaan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir my Naam ’n huis te bou — daarin het jy goed gehandel, dat dit in jou hart was.

19 Net maar,jý sal die huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, dié sal vir my Naam die huis bou.

20 En dieHerehet sy woord vervul wat Hy gespreek het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos dieHeregespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van dieHere, die God van Israel,

21 en daar ’n plek ingerig vir die ark, waarindie verbond van dieHereis, met ons vaders gesluit toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.

22 Toe het Salomovoor die altaar van dieHeregaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, ensy hande uitgebrei na die hemel

23 en gesê:Here, God van Israel,daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie,wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,

24 wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.

25 Hou nou ook,Here, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit ’n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor my aangesig soos jy voor my aangesig gewandel het.

26 Laat dan nou, o God van Israel, u woord tog waargemaak word wat U gespreek het tot u kneg, my vader Dawid.

27 Maar sou God werklik op die aarde woon?Kyk, die hemel, ja,die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.

28 Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking,Heremy God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg vandag voor u aangesig bid;

29 sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het:My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.

30 Luister dan na die smeking van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoorelke gebedna u woonplek, na die hemel toe, en as U dit hoor, vergewe dan.

31 As iemand teen sy naaste sondig enhulle hom ’n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer,

32 wil U dan hoor in die hemel en handel en u knegte reg verskaf deurdie skuldige skuldig te verklaar en sy wandel op sy hoof te lê en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.

33 As u volk Israel verslaan word voor ’n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, enhulle hul tot U bekeer en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis,

34 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle vaders gegee het.

35 As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,

36 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe — want Uleer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel — en gee reën op u land wat U aan u volk as ’n erfenis gegee het.

37 As daar hongersnood is in die land, as daar pes is, as daar brandkoring, heuningdou, sprinkane, kaalvreters is, as sy vyand hom in die land, in sy poorte dit benoud maak, watter plaag, watter siekte ook al,

38 enige gebed, enige smeking wat enigeen van u hele volk Israel sal doen, as elkeen die plaag van sy hart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei —

39 wil U dan hoor in die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en handel en aan elkeen gee volgens sy weë, U wat sy hart ken — want U alleenken die hart van al die mensekinders —

40 sodat hulle U kan vreesal die dae wat hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het.

41 Ja, ook na die uitlander wat nie van u volk Israel is nie, en uit ’n ver land ter wille van u Naam kom —

42 want hulle sal hoor van u grote Naam en usterke hand en u uitgestrekte arm — as hy kom en bid na hierdie huis toe,

43 wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep,sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken, omU te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.

44 As u volk uittrek in die oorlog teen sy vyand op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot dieHerein die rigting van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,

45 wil dan in die hemel hulle gebed en hulle smeking hoor enaan hullehul reg verskaf.

46 As hulle teen U sondig —want daar is geen mens wat nie sondig nie — en U op hulle toornig is en hulle aan ’n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoerna die land van die vyand, ver of naby,

47 en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van die wat hulle weggevoer het, en sê:Ons het gesondig en verkeerd gehandel, ons was goddeloos —

48 en hullehul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel, in die land van hul vyande wat hulle weggevoer het, en hulle bid tot Uin die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, van die stad wat U verkies het, en die huis wat ek vir u Naam gebou het,

49 wil dan in die hemel, u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smeking hoor enaan hullehul reg verskaf,

50 en vergeef u volk wat hulle teen U gesondig het, ja, al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het;en laat hulle barmhartigheid vind voor die wat hulle weggevoer het, dat dié hulle barmhartig kan wees.

51 Wanthulle is u volk en u erfdeel wat U uit Egipte uitgelei hetuit die yster-smeltoond.

52 Mag u oë dan oop wees vir die smeking van u kneg en vir die smeking van u volk Israel, om na hulle te luister so dikwels as hulle U aanroep.

53 Want U het hulle vir U as erfdeel afgesonder uit al die volke van die aarde,soos U deur die diens van u kneg Moses gespreek het toe U, HereHere, ons vaders uit Egipte uitgelei het.

54 Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot dieHerete bid, het hy voor die altaar van dieHereopgestaan uit syknielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;

55 en hy het gaan staan endie hele vergadering van Israel hardop geseën en gesê:

56 Geloofd sy dieHerewat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.

57 Mag dieHereonse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie —

58 deurons hart tot Hom te neig om in al sy weë te wandel en om sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge wat Hy ons vaders beveel het, te onderhou.

59 En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die aangesig van dieHeregesmeek het, dag en nag naby dieHereonse God wees, sodat Hy reg kan verskaf aan sy kneg en aan sy volk Israel na die eis van elke dag;

60 sodat al die volke van die aarde kan weet datdieHereGod is, niemand meer nie.

61 Laat julle hart dan volkome met dieHereonse God wees om te wandel in sy insettinge en sy gebooie te onderhou, soos vandag.

62 En die koning, en die hele Israel saam met hom, was besig om slagoffers voor die aangesig van dieHerete slag.

63 Salomo het naamlik as die dankoffer wat hy aan dieHeregebring het, twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee geslag; so het hulle dan die huis van dieHereingewy, die koning en al die kinders van Israel.

64 Op dié dag het die koning die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van dieHerewas; want daar het hy die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers berei, omdatdie koperaltaar voor die aangesig van dieHerete klein was om die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers te bevat.

65 So het Salomo dan in dié tyddie fees gehou en die hele Israel saam met hom, ’n groot vergadering vandie ingang na Hamat af tot bydie spruit van Egipte, voor die aangesig van dieHereonse God, sewe dae en sewe dae, veertien dae lank.

66 Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en hulle het die koning geseën en na hultente gegaan, verheug en opgeruimd oor al die goeie dinge wat dieHereaan sy kneg Dawid en sy volk Israel gedoen het.

I KONINGS 9

God verskyn weer aan Salomo.

1 NET toe Salomo gereed was met die bou van die huis van dieHereen die huis van die koning en elke begeerte wat Salomo wou uitvoer,

2 verskyn dieHerevir die tweede maal aan Salomosoos Hy aan hom verskyn het inGíbeon;

3 en dieHeresê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor my aangesig uitgespreek het; Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheiligdeur my Naam daar te vestig tot in ewigheid; enmy oë en my hart sal daar altyd wees.

4 En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesigsoos jou vader Dawid gewandel het, met ’n volkome hart en in opregtheid deur te doen net soos Ek jou beveel het,enmy insettinge en verordeninge onderhou,

5 dan sal Ek die troon van jou koningskap oor Israel vir ewig bevestig,soos Ek jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit ’n man ontbreek op die troon van Israel nie.

6 As julle en julle kinders ooitvan My afvallig word en my gebooie, my insettinge wat Ek julle voorgehou het, nie onderhou nie, maar ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig,

7 dan sal Ek Israel uit die land uitroei wat Ek hulle gegee het, en die huis wat Ekvir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp,sodat Israel ’n spreekwoord en ’n spotlied sal word onder al die volke.

8 En hierdie huiswatso hoog is — elkeen wat daarlangs verbygaan, sal hom verbaas en spot, en hulle sal vra:Waarom het dieHereso gedoen met hierdie land en met hierdie huis?

9 Dan sal hulle sê: Omdat hulle dieHerehul God verlaat het wat hulle vaders uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en daarvoor neergebuig en hulle gedien het — daarom het dieHereal hierdie onheil oor hulle gebring.

Die stede wat Salomo gebou het. Sy vloot.

10 ENaan die einde vantwintig jaar waarin Salomo die twee huise, die huis van dieHereen die huis van die koning, gebou het —

11 Hiram, die koning van Tirus, het Salomo gehelp met sederhout en sipreshout en goud soveel as hy wou hê — gee koning Salomo aan Hiram twintig stede in die land Galiléa.

12 En Hiram het uit Tirus uitgetrek om die stede te bekyk wat Salomo hom gegee het, maar hulle was nie reg in sy oë nie.

13 Daarop sê hy: Wat vir stede is dit wat jy my gegee het, my broer? En hulle noem dit die land Kabul, tot vandag toe.

14 En Hiram het aan die koning honderd-en-twintig talente goud gestuur.

15 En dit was die saak van diedwangarbeiders wat koning Salomo laat opkom het om die huis van dieHereen sy huis enMillo en die muur van Jerusalem enHasor enMegíddo enGeser te bou.

16 (Farao, die koning van Egipte, het opgetrek en het Geser ingeneem en dit met vuur verbrand en dieKanaäniete wat in die stad gewoon het, gedood en dit as ’n trougeskenk aan sy dogter,die vrou van Salomo, gegee.)

17 So het Salomo dan Geser opgebou enBet-Horon-Onder

18 enBáälat en Tamar in die woestyn, in die land,

19 en aldie voorraadstede wat Salomo gehad het, endie stede vir diestrydwaens en die stede vir die perderuiters en wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die Líbanon en in die hele land van sy heerskappy.

20 Al die mense wat oorgebly het van die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, wat nie uit die kinders van Israel was nie —

21 hulle kinders wat ná hulle in die land oorgebly het,wat die kinders van Israel nie met die banvloek kon tref nie,dié het Salomo laat opkom virdwangarbeid, tot vandag toe.

22 Maar van die kinders van Israel het Salomoniemand ’n slaaf gemaak nie, maar hulle was krygsmanne en sy dienaars en sy owerstes en sy adjudante en owerstes oor sy strydwaens en sy perderuiters.

23 Dit was die hoofopsigters van Salomo oor die werk: vyfhonderd-en-vyftigwat oor die mense wat die werk verrig, bevel gevoer het.

24 Skaars hetdie dogter van Farao opgetrek uit die stad van Dawid nahaar huis wat hy vir haar gebou het, of hy hetMillo gebou.

25 En Salomo hetdrie maal in die jaar brandoffers en dankoffers gebring op die altaar wat hy vir dieHeregebou het, hy het naamlik rook laat opgaan by diealtaarwat daar was voor die aangesig van dieHere, sodat hy die huis voltooi het.

26 Koning Salomo het ook skepe gebou inÉseon-Geber wat byElot aan die kus van die Skelfsee in die land Edom lê.

27 Toe stuur Hiram sy dienaars op die skepe, seevaarders wat die see ken, saam met die dienaars van Salomo;

28 en hulle het inOfir aangekom en daarvandaan goud gaan haal, vierhonderd-en-twintig talente, en dit na koning Salomo gebring.

I KONINGS 10

Die koningin van Skeba kom Salomo besoek.

1 EN toe diekoningin vanSkeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van dieHere, het sy gekom om hom metraaisels op die proef te stel.

2 En sy het na Jerusalem gekom met ’n baie groot trek, met kamele wat speserye en ’n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.

3 En Salomo het haar al haar woorde verklaar; geen woord was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.

4 Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,

5 en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke ensy trap waarmee hy opklim in die huis van dieHere, was daar in haar geen gees meer nie.

6 Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid;

7 en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het.

8 Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor.

9 Geloofd sy dieHereu God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit!Omdat dieHereIsrael vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestelom reg en geregtigheid te doen.

10 Verderhet sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud en ’n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so ’n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.

11 Maar ook die skepe van Hiram wat goud uitOfir gaan haal het, het uit Ofir ’n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring.

12 En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die huis van dieHereen die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie.

13 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee wat sy gevra het, bo wat hy haar na die vermoë van koning Salomo gegee het. Daarop het sy omgedraai en na haar land getrek, sy en haar dienaars.

Rykdom, weelde en roem van Salomo.

14 EN die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was seshonderd-ses-en-sestig talente goud,

15 behalwe wat ingekom het vandie koopmans wat rondtrek, en van die wins van die handelaars en van al die konings van die gemengde bevolking en van die goewerneurs van die land.

16 En koning Salomo het tweehonderd groot skilde van geslae goud gemaak; seshonderd sikkels goud het hy op elke groot skild gebruik;

17 en driehonderd kleinskilde van geslae goud;drie mines goud het hy op elke klein skild gebruik, en die koning het dit indie huis van die Líbanon-bos gesit.

18 Verder het die koning ’n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.

19 Die troon het ses trappe gehad, en die kopstuk van die troon was van agter rond, en aan weerskante was trapleunings by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.

20 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.

21 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-bos van fyn goud; silwer was daar nie by nie: dit is in die dae van Salomo as niks gereken nie.

22 Want die koning hetTarsis-skepe op die see gehad by die skepe van Hiram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.

23 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.

24 En die hele wêreld het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,

25 terwyl elkeen van hulle sygeskenk saambring: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere en wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.

26 Verder het Salomo strydwaens en perderuiters versamel, sodat hyveertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

28 En die uitvoer van perde vir Salomo was uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het dit uit Kwé gaan haal teen koopprys.

29 En ’n wa het uit Egipte opgekom, en dit is verkoop vir seshonderdsikkelssilwer, en ’n perd vir honderd-en-vyftig; en so is dit vir al die konings van dieHetiete en vir die konings van Aram deur hulle uitgevoer.

I KONINGS 11

Salomo word verlei tot afgodery. God kondig hom sy straf aan.

1 ENkoning Salomo hetbaie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese,Hetitiese —

2 uit die nasies waarvan dieHereaan die kinders van Israel gesê het:Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan — Salomo het hulle met liefde aangehang.

3 En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.

4 En in die tyd van Salomo se ouderdomhet sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met dieHeresy God wassoos die hart van sy vader Dawid nie.

5 En Salomo het agterAstárte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop.

6 So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereen nie volgehou om dieHerete volg soos sy vader Dawid nie.

7 Toe het Salomo’n hoogte gebou opdie berg wat oostelik van Jerusalem lê, virKamos, die verfoeisel van die Moabiete, en virMolog, die verfoeisel van die kinders van Ammon.

8 En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode.

9 Daarom was dieHeretoornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van dieHere, die God van Israel, wattwee maal aan hom verskyn het,

10 enhom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van dieHerenie gehou nie.

11 Daarom het dieHerevir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie,sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee.

12 Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur.

13 Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie;een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalemwat Ek verkies het.

Vyande van Salomo.

14 EN dieHerehet vir Salomo as teëstander verwek Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom.

15 Toe Dawid dan met Edom besig was, en Joab, die leërowerste, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe, het hy al wat manlik was, in Edom doodgeslaan —

16 want ses maande lank het Joab daar gebly met die hele Israel totdat al die manlike persone in Edom deur hom uitgeroei was —

17 maar Hadad het ontvlug, hy en saam met hom Edomitiese manne uit die dienaars van sy vader, om na Egipte te gaan; en Hadad was ’n jong seun.

18 En hulle het uit Mídian weggetrek en in Paran aangekom, en uit Paran manne met hulle saamgeneem en in Egipte aangekom by Farao, die koning van Egipte, wat hom ’n huis gegee en aan hom voedsel toegesê en hom grond gegee het.

19 En Hadad het groot guns gevind in die oë van Farao, sodat dié aan hom sy vrou se suster, die suster van Tágpenes, die gebiedster, as vrou gegee het.

20 En die suster van Tágpenes het vir hom sy seun Genúbat gebaar, maar Tágpenes het hom in die huis van Farao gespeen, sodat Genúbat in die huis van Farao was onder die kinders van Farao.

21 Maar toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid met sy vaders ontslaap het en Joab, die leërowerste, dood was, sê Hadad vir Farao: Laat my gaan, dat ek na my land kan trek.

22 Daarop sê Farao vir hom: Maar wat ontbreek jou by my, dat jy meteens begeer om na jou land te trek? En hy antwoord: Niks nie, maar laat my tog maar gaan.

23 God het ook as teëstander vir hom verwek Reson, die seun van Éljada, ’n vlugteling van sy heerHadadéser, die koning van Soba.

24 In die tyd toe Dawid hulle gedood het, het hy manne om hom versamel, sodat hy owerste van ’n bende was; en hulle het na Damaskus getrek en daarin gewoon en in Damaskus geregeer.

25 En hy was ’n teëstander van Israel al die dae van Salomo — en dit nog by die kwaad wat Hadadgedoen het— want hy het ’n afsku van Israel gehad, en hy het oor Aram koning geword.

Ahía profeteer dat Jeróbeam koning sal word oor Israel.

26 OOKJeróbeam, die seun van Nebat, ’nEfraimiet uit Seréda — die naam van sy moeder was Serúa, ’n weduwee — ’n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning.

27 En dít was die aanleiding dat hy die hand teen die koning opgehef het: Salomo hetMillo gebouen daardeurdie skeur aan die stad van sy vader Dawid toegemaak.

28 En die man Jeróbeam was ’n dapper held. Toe Salomo sien dat die jongman ’n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef.

29 Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeetAhía, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met ’n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld.

30 Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke,

31 en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek dieHere, die God van Israel:Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;

32 maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel —

33 omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voorAstárte, die godin van die Sidoniërs, voorKamos, die god van die Moabiete, en voorMilkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.

34 Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het.

35 Maaruit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme;

36 en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd ’n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stadwat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig;

37 en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel.

38 En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees envir jou ’n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.

39 Want Ek wil om hierdie rede die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie.

40 En Salomo het geprobeer om Jeróbeam om te bring; maar Jeróbeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, naSisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo.

Dood van Salomo.

41 ENdie verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie?

42 En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar.

43 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seunRehábeam het in sy plek koning geword.

I KONINGS 12

Tien stamme word opstandig en maak Jeróbeam koning.

1 ENRehábeam het naSigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.

2 En net toeJeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor — hy was nog inEgipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jeróbeam was in Egipte woonagtig,

3 en hulle het hom laat roep — kom Jeróbeam en die hele vergadering van Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê:

4 U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.

5 En hy sê vir hulle: Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan.

6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?

7 En hulle spreek met hom en sê:As u vandag ’n dienaar van hierdie volk word en hulle dien en hulle antwoord en met vriendelike woorde hulle toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en voor hom gestaan het.

9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?

10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: Só moet u hierdie volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons — só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.

11 Het my vader dan nou ’n swaar juk op julle gelaai — ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig — ék sal julle met gésels tugtig.

12 Toe Jeróbeam en die hele volk dan by Rehábeam kom op die derde dag soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag —

13 het die koning die volk ’n harde antwoord gegee: hy het die raad wat hom deur die oudstes gegee is, in die wind geslaan

14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak — ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig — ék sal julle met gésels tugtig.

15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was’n beskikking van dieHere, sodat Hy sy woord sou vervul watdieHeregespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.

16 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê:Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Ísai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.

17 Maar oordie kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.

18 Toe stuur koning RehábeamAdóram wat oor die dwangarbeid was, maar die hele Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het; en koning Rehábeam het hom tot die uiterste toe geweer om op ’n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

19 Sohet die Israeliete dan van die huis van Dawid afvallig geword tot vandag toe.

20 Sodra die hele Israel gehoor het dat Jeróbeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Judaalleen.

21 En toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin, honderd-en-tagtigduisend strydbare jong manskappe, vergader om oorlog te voer teen die huis van Israel, om die koningskap vir Rehábeam, die seun van Salomo, terug te win.

22 Maar die woord van God het totSemája,die man van God, gekom en gesê:

23 Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele huis van Juda en Benjamin en die orige deel van die volk en sê:

24 So spreek dieHere: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis;want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van dieHereen weer teruggetrek volgens die woord van dieHere.

25 En Jeróbeamhet Sigem op die gebergte van Efraim gebou en daarin gewoon, en daarvandaan uitgetrek enPnuel gebou.

Jeróbeam voer die afgodery in.

26 EN Jeróbeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer:

27 ashierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van dieHerein Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda.

28 Daarom het die koning raad gehouen twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem —hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!

29 En die een het hy inBet-el opgerig en die ander inDan opgestel.

30 En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaanaanbidtot by Dan.

31 Hy het ooktempels van die hoogtes gebouen priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.

32 En Jeróbeam het ’n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soosdie fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.

33 En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel ’n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.

I KONINGS 13

Profesieë teen Jeróbeam.

1 TOEkom daar ’n man van God uit Juda deur die woord van dieHerein Bet-el aan, terwyl Jeróbeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan;

2 en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van dieHereen gesê: Altaar, altaar, so spreek dieHere: Kyk, ’n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam vanJosía, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word.

3 En hy het dieselfde dag ’nwonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken dát dieHeregespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word.

4 En net toe die koning die woord van die man van God hoor wat hy teen die altaar in Bet-el uitgeroep het, steek Jeróbeam sy hand uit bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het styf geword, sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie.

5 En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van dieHere.

6 Toe begin die koning om aan die man van God te sê:Smeek tog die aangesig van dieHerejou God om genade enbid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van dieHereom genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was.

7 Daarop sê die koning aan die man van God: Kom met my saam huis toe en versterk jou, enlaat ek jou ’n geskenk gee.

8 Maar die man van God sê vir die koning:Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie.

9 Want so het dieHeremy bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.

10 Hy het toe met ’n ander pad gegaan en nie teruggekeer met die pad waarmee hy na Bet-el gekom het nie.

Dood van die ongehoorsame profeet.

11 EN daar het ’n sekere ou profeet inBet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van God dié dag in Bet-el gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel,

12 sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van God weer weg is wat uit Juda gekom het.

13 Toe sê hy aan sy seuns: Saal vir my die esel op. En hulle het vir hom die esel opgesaal, en hy het daarop gery.

14 En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja.

15 Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood.

16 Maar hy antwoord:Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie;

17 want aan my is gesê deur die woord van dieHere: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.

18 Maar hy sê vir hom: Ek is ook ’n profeet net soos jy, en ’n engel het met my gespreek deur die woord van dieHereen gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.

19 Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink.

20 Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van dieHeretot die profeet wat hom laat omdraai het;

21 en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek dieHere: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van dieHeredeur nie die gebod te hou wat dieHerejou God jou beveel het nie,

22 maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie — daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie.

23 Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op — vir die profeet wat hy laat omdraai het —

24 en hy gaan weg; toe kom’n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel daarlangs staan en die leeuooklangs die lyk bly staan.

25 Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stadwaar die ou profeet woon.

26 Toe die profeet wat hom van die pad af laat omdraai het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van God wat teen die mond van dieHerewederstrewig was; daarom het dieHerehom aan die leeu oorgegee wat hom verskeur en hom gedood het volgens die woord van dieHerewat Hy met hom gespreek het.

27 Daarop praat hy met sy seuns en sê: Saal vir my die esel op. En hulle het opgesaal.

28 Toe gaan hy weg en vind sy lyk neergewerp op die pad, terwyl die esel en die leeu langs die lyk staan; die leeu het die lyk nie geëet en die esel nie verskeur nie.

29 Daarna het die profeet die lyk van die man van God opgetel en dit op die esel gesit en dit teruggebring en in die stad van die ou profeet gekom om te rouklaag en hom te begrawe.

30 En hy het sy lyk in sy graf neergelê, enhulle het oor hom gerouklaag: Ag, my broer!

31 En nadat hy hom begrawe het, sê hy aan sy seuns: As ek sterwe, dan moet julle my begrawe in die graf waar die man van God in begrawe is;lê my bene langs sy bene neer.

32 Want die woord sal sekerlik uitkom wat hy deur die woord van dieHereuitgeroep het teen die altaar wat in Bet-el is, en teen aldie tempels van die hoogtes wat in die stede vanSamaría is.

33 Ná hierdie gebeurtenis het Jeróbeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weerpriesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, dié het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word.

34 En hierdeur was daar sonde vir die huis van Jeróbeam, en welom dit te verdelg en uit te roei van die aarde af.

I KONINGS 14

Ahía voorspel die ondergang van Jeróbeam.

1 IN dieselfde tyd het Abía, die seun van Jeróbeam, siek geword.

2 En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar isdie profeet Ahía wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.

3 En neemmet jou saam tien brode en koeke en ’n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.

4 En die vrou van Jeróbeam het so gedoen — haar gereedgemaak en na Silo gegaan en in die huis van Ahía gekom; en Ahía kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom.

5 Maar dieHerehet vir Ahía gesê: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as ’n vreemde aanstel,

6 en Ahía die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: Kom in, vrou van Jeróbeam! Waarom stel jy jou so vreemd aan? Aan my is ’n harde boodskap aan jou toevertrou.

7 Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek dieHere, die God van Israel:Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as ’n vors oor my volk Israel aangestel het

8 endie koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid waswat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie,

9 maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangersen vir jou ander godeen gegote beelde gaan maak het om My te terg enMy agter jou rug gewerp het —

10 kyk, daarombring Ek onheil oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat manlik is in Israel,sonder uitsondering; enEk sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos ’n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.

11 Die een wat van Jeróbeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want dieHerehet dit gespreek.

12 Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.

13 En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jeróbeam sal in ’n graf kom, omdat in hom iets goeds voor dieHere, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jeróbeam.

14 Maar dieHeresal vir Hom ’n koning oor Israel verwek wat die huis van Jeróbeam dié dag sal uitroei; ja, watsê ek?Nou al.

15 En dieHeresal Israel slaan, soos ’n riet in die water heen en weer beweeg, en salIsrael uitruk uit hierdiegoeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulleanderkant die Eufraat verstrooi,omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en dieHeregeterg het.

16 En Hy sal Israel oorgee vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen heten waarmee hy Israel laat sondig het.

17 Toe het die vrou van Jeróbeam haar klaargemaak en weggegaan en inTirsa aangekom. Net toe sy op die drumpel van die huis kom, het die seun gesterwe.

18 En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van dieHerewat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ahía.

19 En die verdere geskiedenis van Jeróbeam, hoe hyoorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

20 En die dae wat Jeróbeam geregeer het, was twee-en-twintig jaar; en hy het ontslaap met sy vaders, en sy seun Nadab het in sy plek koning geword.

Afgodery en verdorwenheid van Juda onder Rehábeam.

21 EN Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda;een-en-veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stadwat dieHereverkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder wasNaäma, die Ammonitiese.

22 En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereen sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het.

23 En hulle het ook vir hullehoogtes gebou en klippilare enheilige boomstammeop elke hoë heuwel enonder elke groen boom.

24 En daar was ookskandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdrywe het.

25 In die vyfde jaar van koning Rehábeam trek Sisak, die koning van Egipte, toeteen Jerusalem op,

26 en hy neem die skatte van die huis van dieHereen die skatte van die huis van die koning weg; ja, hy het alles weggeneem; ook al die goue skildewat Salomo gemaak het, het hy weggeneem.

27 Daarop maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die deur van die koning se huis bewaak het.

28 So dikwels as die koning in die huis van dieHereingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

29 En die verdere geskiedenis van Rehábeam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

30 En daar was gedurigdeuroorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam.

31 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid;en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.