I KONINGS 14

Ahía voorspel die ondergang van Jeróbeam.

1 IN dieselfde tyd het Abía, die seun van Jeróbeam, siek geword.

2 En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar isdie profeet Ahía wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.

3 En neemmet jou saam tien brode en koeke en ’n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.

4 En die vrou van Jeróbeam het so gedoen — haar gereedgemaak en na Silo gegaan en in die huis van Ahía gekom; en Ahía kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom.

5 Maar dieHerehet vir Ahía gesê: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as ’n vreemde aanstel,

6 en Ahía die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: Kom in, vrou van Jeróbeam! Waarom stel jy jou so vreemd aan? Aan my is ’n harde boodskap aan jou toevertrou.

7 Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek dieHere, die God van Israel:Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as ’n vors oor my volk Israel aangestel het

8 endie koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid waswat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie,

9 maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangersen vir jou ander godeen gegote beelde gaan maak het om My te terg enMy agter jou rug gewerp het —

10 kyk, daarombring Ek onheil oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat manlik is in Israel,sonder uitsondering; enEk sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos ’n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.

11 Die een wat van Jeróbeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want dieHerehet dit gespreek.

12 Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.

13 En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jeróbeam sal in ’n graf kom, omdat in hom iets goeds voor dieHere, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jeróbeam.

14 Maar dieHeresal vir Hom ’n koning oor Israel verwek wat die huis van Jeróbeam dié dag sal uitroei; ja, watsê ek?Nou al.

15 En dieHeresal Israel slaan, soos ’n riet in die water heen en weer beweeg, en salIsrael uitruk uit hierdiegoeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulleanderkant die Eufraat verstrooi,omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en dieHeregeterg het.

16 En Hy sal Israel oorgee vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen heten waarmee hy Israel laat sondig het.

17 Toe het die vrou van Jeróbeam haar klaargemaak en weggegaan en inTirsa aangekom. Net toe sy op die drumpel van die huis kom, het die seun gesterwe.

18 En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van dieHerewat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ahía.

19 En die verdere geskiedenis van Jeróbeam, hoe hyoorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

20 En die dae wat Jeróbeam geregeer het, was twee-en-twintig jaar; en hy het ontslaap met sy vaders, en sy seun Nadab het in sy plek koning geword.

Afgodery en verdorwenheid van Juda onder Rehábeam.

21 EN Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda;een-en-veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stadwat dieHereverkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder wasNaäma, die Ammonitiese.

22 En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereen sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het.

23 En hulle het ook vir hullehoogtes gebou en klippilare enheilige boomstammeop elke hoë heuwel enonder elke groen boom.

24 En daar was ookskandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdrywe het.

25 In die vyfde jaar van koning Rehábeam trek Sisak, die koning van Egipte, toeteen Jerusalem op,

26 en hy neem die skatte van die huis van dieHereen die skatte van die huis van die koning weg; ja, hy het alles weggeneem; ook al die goue skildewat Salomo gemaak het, het hy weggeneem.

27 Daarop maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die deur van die koning se huis bewaak het.

28 So dikwels as die koning in die huis van dieHereingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

29 En die verdere geskiedenis van Rehábeam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

30 En daar was gedurigdeuroorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam.

31 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid;en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 − eighteen =