I KONINGS 11

Salomo word verlei tot afgodery. God kondig hom sy straf aan.

1 ENkoning Salomo hetbaie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese,Hetitiese —

2 uit die nasies waarvan dieHereaan die kinders van Israel gesê het:Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan — Salomo het hulle met liefde aangehang.

3 En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.

4 En in die tyd van Salomo se ouderdomhet sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met dieHeresy God wassoos die hart van sy vader Dawid nie.

5 En Salomo het agterAstárte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop.

6 So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereen nie volgehou om dieHerete volg soos sy vader Dawid nie.

7 Toe het Salomo’n hoogte gebou opdie berg wat oostelik van Jerusalem lê, virKamos, die verfoeisel van die Moabiete, en virMolog, die verfoeisel van die kinders van Ammon.

8 En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode.

9 Daarom was dieHeretoornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van dieHere, die God van Israel, wattwee maal aan hom verskyn het,

10 enhom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van dieHerenie gehou nie.

11 Daarom het dieHerevir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie,sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee.

12 Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur.

13 Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie;een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalemwat Ek verkies het.

Vyande van Salomo.

14 EN dieHerehet vir Salomo as teëstander verwek Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom.

15 Toe Dawid dan met Edom besig was, en Joab, die leërowerste, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe, het hy al wat manlik was, in Edom doodgeslaan —

16 want ses maande lank het Joab daar gebly met die hele Israel totdat al die manlike persone in Edom deur hom uitgeroei was —

17 maar Hadad het ontvlug, hy en saam met hom Edomitiese manne uit die dienaars van sy vader, om na Egipte te gaan; en Hadad was ’n jong seun.

18 En hulle het uit Mídian weggetrek en in Paran aangekom, en uit Paran manne met hulle saamgeneem en in Egipte aangekom by Farao, die koning van Egipte, wat hom ’n huis gegee en aan hom voedsel toegesê en hom grond gegee het.

19 En Hadad het groot guns gevind in die oë van Farao, sodat dié aan hom sy vrou se suster, die suster van Tágpenes, die gebiedster, as vrou gegee het.

20 En die suster van Tágpenes het vir hom sy seun Genúbat gebaar, maar Tágpenes het hom in die huis van Farao gespeen, sodat Genúbat in die huis van Farao was onder die kinders van Farao.

21 Maar toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid met sy vaders ontslaap het en Joab, die leërowerste, dood was, sê Hadad vir Farao: Laat my gaan, dat ek na my land kan trek.

22 Daarop sê Farao vir hom: Maar wat ontbreek jou by my, dat jy meteens begeer om na jou land te trek? En hy antwoord: Niks nie, maar laat my tog maar gaan.

23 God het ook as teëstander vir hom verwek Reson, die seun van Éljada, ’n vlugteling van sy heerHadadéser, die koning van Soba.

24 In die tyd toe Dawid hulle gedood het, het hy manne om hom versamel, sodat hy owerste van ’n bende was; en hulle het na Damaskus getrek en daarin gewoon en in Damaskus geregeer.

25 En hy was ’n teëstander van Israel al die dae van Salomo — en dit nog by die kwaad wat Hadadgedoen het— want hy het ’n afsku van Israel gehad, en hy het oor Aram koning geword.

Ahía profeteer dat Jeróbeam koning sal word oor Israel.

26 OOKJeróbeam, die seun van Nebat, ’nEfraimiet uit Seréda — die naam van sy moeder was Serúa, ’n weduwee — ’n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning.

27 En dít was die aanleiding dat hy die hand teen die koning opgehef het: Salomo hetMillo gebouen daardeurdie skeur aan die stad van sy vader Dawid toegemaak.

28 En die man Jeróbeam was ’n dapper held. Toe Salomo sien dat die jongman ’n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef.

29 Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeetAhía, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met ’n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld.

30 Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke,

31 en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek dieHere, die God van Israel:Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;

32 maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel —

33 omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voorAstárte, die godin van die Sidoniërs, voorKamos, die god van die Moabiete, en voorMilkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.

34 Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het.

35 Maaruit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme;

36 en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd ’n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stadwat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig;

37 en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel.

38 En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees envir jou ’n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.

39 Want Ek wil om hierdie rede die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie.

40 En Salomo het geprobeer om Jeróbeam om te bring; maar Jeróbeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, naSisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo.

Dood van Salomo.

41 ENdie verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie?

42 En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar.

43 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seunRehábeam het in sy plek koning geword.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − 9 =