II KONINGS 10

Uitroeiing van die geslag van Agab en van die profete van Baäl.

1 EN Agab het sewentig seuns gehad inSamaría. Toe skryf Jehu ’n brief, en hy stuur dit na Samaría aan die owerstes van Jísreël, die oudstes, en aan die opvoedersvan die seunsvan Agab, en sê:

2 As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul heer by julle is, en die strydwaens en die perde by julle is, en ’n versterkte stad en wapens,

3 kyk dan uit na die beste en betroubaarste van die seuns van julle heer, en sit hom op die troon van sy vader en veg vir die huis van julle heer.

4 Maar hulle het vreeslik bang geword en gesê: Kyk, twee konings het nie voor hom standgehou nie; hoe sou ons dan kan standhou?

5 Toe laat die owerste oor die paleis en die owerste oor die stad en die oudstes en die opvoeders aan Jehu dít weet:Ons is u dienaars, en alles wat u ons beveel, sal ons doen; ons sal niemand koning maak nie; doen wat goed is in u oë.

6 Daarop het hy vir die tweede maal ’n brief aan hulle geskrywe en gesê: As julle vir my is en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van julle heer, en kom môre omtrent sulke tyd na my in Jísreël; want die seuns van die koning, sewentig man, was by die grotes van die stad wat hulle grootgemaak het.

7 En toe die brief by hulle kom, het hulle die seuns van die koning geneem en hulle gedood, sewentig man, en hulle hoofde in mandjies gesit en aan hom na Jísreël gestuur.

8 En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe.

9 En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig. Kyk,ék het ’n sameswering gesmee teen my heer en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan?

10 Erken dan datniks onvervuld bly van die woord van dieHerewat dieHeregespreek het teen die huis van Agab nie — dieHerehet gedoen wat Hy deur die diens van sy kneg Elía gespreek het.

11 Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in Jísreël oor was, en al sy grotes en sy vertroudes en sy priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie.

12 En hy het hom gereedgemaak en gegaan en na Samaría getrek. Terwyl hy op pad by Bet-Eked van die herders was

13 en Jehu diebroers van Ahásia, die koning van Juda, aantref, sê hy: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van Ahásia, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van diegebiedster te groet.

14 En hy sê: Gryp hulle lewendig! En hulle het hul lewendig gegryp en gedood by die put van Bet-Eked, twee-en-veertig man; en hy het niemand van hulle laat oorbly nie.

15 En vandaar het hy gegaan enJónadab, die seun vanRegab, gevind wat hom tegemoetkom. En hy groet hom en sê vir hom: Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? En Jónadab antwoord: Ja. So ja, gee jou hand,sê Jehu.Toe gee hy sy hand; en hy het hom by hom op die wa laat klim

16 en gesê: Gaan saam met my en aanskou met welgevalle my ywer vir dieHere. En hulle het hom op sy wa laat ry.

17 En toe hy in Samaría aankom, het hyalmal omgebring wat van Agab in Samaría oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van dieHerewat Hy tot Elía gespreek het.

18 En Jehu het die hele volk bymekaar laat kom en vir hulle gesê:Agab het Baäl ’n bietjie gedien; Jehu sal hom baie dien.

19 Roep dan noual die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het ’n groot offer aan Baäl. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Baäl te kan vernietig.

20 Verder sê Jehu:Heilig ’n feestyd vir Baäl; en hulle het dit uitgeroep.

21 Jehu het ook deur die hele Israel gestuur; en al die dienaars van Baäl het gekom — sodat daar niemand oor was wat nie gekom het nie — en indie tempel van Baäl ingegaan, sodat die tempel van Baäl vol was van end tot end.

22 En hy sê aan die een wat oor die klerekamer was: Bring klere uit vir al die dienaars van Baäl. En hy het vir hulle klere uitgebring.

23 Daarop gaan Jehu saam met Jónadab, die seun van Regab, in die tempel van Baäl in en sê aan die dienaars van Baäl: Ondersoek en kyk of nie miskien van die dienaars van dieHerehier by julle is nie, net die dienaars van Baäl alleen.

24 En hulle het ingegaan om slagoffers en brandoffers toe te berei; maar Jehu het vir hom buitekant tagtig man opgestel en gesê: Hy wat een van die manne wat ek in julle hande lewer, laat vryraak,sy lewe sal in die plek van dié se lewe wees.

25 En toe hy gereed was met die aanbieding van die brandoffer, sê Jehu aan diehardlopers en die adjudante:Kom in, slaan hulle dood, laat niemand uitkom nie! En hulle het hul met die skerpte van die swaard doodgeslaan, en die hardlopers en die adjudante hethulleuitgegooi en na die stadsdeel van die Baälstempel gegaan.

26 En hulle het die pilare van die Baälstempel uitgebring en dit verbrand

27 en die klippilaar van Baäl afgebreek en Baäl se tempel afgebreek en daargemakhuisies van gemaak, tot vandag toe.

28 So het Jehu dan Baäl uit Israel uit verdelg.

Afgodery en dood van Jehu.

29 MAAR die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat,wat Israel laat sondig het — daar het Jehu nie van afgewyk nie, vandie goue kalwers wat in Bet-el en in Dan was.

30 Toe sê dieHerevir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë — volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het —sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.

31 Maar Jehu het nie sorgvuldig in die wet van dieHere, die God van Israel, met sy hele hart gewandel nie; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie.

32 In dié dae het dieHereIsraelbegin inkort, enHásael het hulle in die hele gebied van Israel verslaan:

33 van die Jordaan af na die ooste toe, die hele land Gílead, die Gadiete en die Rubeniete en die Manassiete,van Ároër af wat aan die Arnonrivier lê, Gílead sowel as Basan.

34 En die verdere geskiedenis van Jehu en alles wat hy gedoen het, en al sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

35 En Jehu het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samaría, en sy seun Jóahas het in sy plek koning geword.

36 En die dae wat Jehu oor Israel in Samaría geregeer het, was agt-en-twintig jaar.

II KONINGS 11

Atália roei die koninklike geslag uit en regeer oor Juda. Joas bly gespaar. Dood van Atália.

1 TOEAtália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.

2 Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word,enhom en sy pleegmoeder in die beddekamergebring.So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.

3 En hy was saam met haar in die huis van dieHereverborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.

4 Maar in die sewende jaar hetJójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van diehardlopers laat haal en by hom in die huis van dieHerelaat kom en met hulle ’n verbond gesluit onder eedswering in die huis van dieHere, en vir hulle die koning se seun gewys.

5 Daarna gee hy hulle bevel en sê: Dit moet julle doen: ’n derde deel van jullewat op die sabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,

6 en ’n derde deel by die poortSur, en ’n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om dit te verdedig.

7 En die tweeanderafdelings van julle, almal wat op die sabbat uitgaan, moet die wag by die huis van dieHereby die koning hou;

8 en julle moetrondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat indie rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit- en ingaan.

9 Die owerstes oor honderd het toe gedoen net soos die priester Jójada beveel het en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan, en na die priester Jójada gekom.

10 En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese endie skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van dieHerewas.

11 En die hardlopers het gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis na die altaar en na die huis toe, rondom by die koning.

12 Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan homdie kroon endie Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!

13 Toe Atália die stem van die hardlopersenvan die volk hoor, het sy na die volk in die huis van dieHeregekom;

14 en toe sy die koning sien staan opdie verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is enop die trompette blaas, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

15 Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd,die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom — want die priester het gesê: Sy moet nie in die huis van dieHeregedood word nie.

16 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het deur dieingang vir die perde in die huis van die koning gekom en is daar gedood.

17 EnJójada het die verbond gesluit tussen dieHereen die koning en die volk, dat hulle ’n volk van dieHeresou wees;ook tussen die koning en die volk.

18 Daarna het die hele volk van die land indie tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek;sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die huis van dieHere.

19 Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van dieHereen deurdie poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.

20 En die hele volk van die land was bly, en die stad rustig. Maar hulle het Atália met die swaard in die huis van die koning gedood.

21 Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het.

II KONINGS 12

Regering van Joas: afskaffing van afgodery en herstel van die tempel.

1 IN die sewende jaar van Jehu hetJoas koning geword, en hy het veertig jaar geregeer in Jerusalem; en die naam van sy moeder was Sibja, vanBerséba.

2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van dieHere, al sy dae waarin die priester Jójada hom onderrig het.

3 Netdie hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.

4 En Joas het aan die priesters gesê: Al die geldwat as heilige gawes in die huis van dieHeregebring word, gangbare geld,elkeen se personegeld waarvoor hy geskat is, en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van dieHerebring,

5 mag die priesters vir hulle neem, elkeen van sy bekende, en húlle moetdie bouvallige plekke van die huis herstel waar ’n bouvallige plek ook al gevind word.

6 Maar toe in die drie-en-twintigste jaar van koning Joasdie priesters die bouvallige plekke van die huis nie herstel het nie,

7 het koning Joas Jójada, die priester, en die priesters geroep en aan hulle gesê: Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke van die huis nie? Nou dan, julle moet geen geld van julle bekendes aanneem nie, maar dit gee vir die bouvallige plekke van die huis.

8 En die priesters het ingewillig om geen geld van die volk aan te neem nie en om die bouvallige plekke van die huis dan ook nie te herstel nie.

9 Toe neem die priester Jójada’n kis en boor ’n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as ’n mens in die huis van dieHereinkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van dieHereingebring is, daarin gegooi.

10 En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en diehoëpriester en dit saamgebind en die geld getel wat in die huis van dieHeregevind is.

11 En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die huis van dieHereaangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van dieHeregewerk het,

12 en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van dieHerete herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.

13 Ewenwelis daar in die huis van dieHeregeensilwerskottels, messe, komme, trompette — enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in die huis van dieHeregebring is nie.

14 Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis van dieHerete herstel.

15 Enhulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

16 Die geld van dieskuldoffer en die geld vansondoffers is nie in die huis van dieHeregebring nie;dit was vir die priesters.

17 Destyds hetHásael, die koning van Aram, opgetrek en teenGat geveg en dit ingeneem; daarna het Hásael sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek.

18 Toeneem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Jósafat en Joram en Ahásia, die konings van Juda, geheilig het, metsy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van dieHerese huis en van die koning se huis, en stuur dit aan Hásael, die koning van Aram.Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.

19 En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

20 Ensy dienaars het opgestaan en ’n sameswering gesmee en Joas gedood in die huis Millo wat aflê na Silla toe —

21 Jósabad, die seun van Símeat, en Jósabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom doodgeslaan; en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid, en sy seun Amásia het in sy plek koning geword.

II KONINGS 13

Jóahas en Joas konings van Israel.

1 IN die drie-en-twintigste jaar van Joas, die seun van Ahásia, die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samaría — sewentien jaar lank.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, en agter die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat,wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie.

3 Daarom hetdie toorn van dieHereteen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand vanHásael, die koning van Aram, en in die hand vanBénhadad, die seun van Hásael, al die dae.

4 Maar Jóahas hetdie aangesig van dieHereom genade gesmeek. Toe verhoor dieHerehom,want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk.

5 (DieHerehet aan Israel ’n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van Israel inhul tente kon woon soos gister en eergister.

6 Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel, enselfs die heilige boomstam het in Samaría bly staan.)

7 Voorwaar, hy het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tienduisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.

8 En die verdere geskiedenis van Jóahas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

9 En Jóahas het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe, en sy seun Joas het in sy plek koning geword.

10 In die sewen-en-dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, hetJoas, die seun van Jóahas, koning geword oor Israel in Samaría — sestien jaar lank.

11 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel.

12 En die verdere geskiedenis van Joas enalles wat hy gedoen het, en sy magtige dade,hoe hy teen Amásia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

13 En Joas het ontslaap met sy vaders, en Jeróbeam het op sy troon gaan sit; en Joas is begrawe in Samaría by die konings van Israel.

Dood van Elísa.

14 EN toeElísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê:My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!

15 Daarop sê Elísa vir hom: Neem ’n boog en pyle. En hy het vir hom ’n boog en pyle geneem.

16 En hy sê vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy handaan die booggesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê.

17 Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: ’n Pyl van oorwinning van dieHereen ’n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan inAfek.

18 Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.

19 Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërsdrie maal verslaan.

20 Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van dieMoabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.

21 En terwyl hulle besig was om ’n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.

22 EnHásael, die koning van Aram, het Israel verdruk al die dae van Jóahas.

23 Maar dieHerewas hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond metAbraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.

24 En Hásael, die koning van Aram, het gesterwe; en sy seun Bénhadad het in sy plek koning geword.

25 En Joas, die seun van Jóahas, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, teruggeneem wat hy aan sy vader Jóahas in die oorlog ontruk het;Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.

II KONINGS 14

Amásia koning van Juda. Joas en Jeróbeam, die tweede, konings van Israel.

1 INdie tweede jaar van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, hetAmásia, die seun van Joas, die koning van Juda, koning geword.

2 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het; en negen-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan van Jerusalem.

3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHere, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen.

4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.

5 En sodra die koningskap in sy hand bevestig was, het hy sy dienaars,die moordenaars van sy vader, die koning, omgebring.

6 Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar dieHeredít beveel het:Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.

7 Hý het die Edomiete indie Soutdal verslaan, tienduisendman,en Sela in die oorlog verower en dit Jókteël genoem, tot vandag toe.

8 Toe stuur Amásia boodskappers na Joas, die seun van Jóahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.

9 Maar Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, dít laat weet:Die distel wat op die Líbanon is, hetdie seder wat op die Líbanon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die Líbanon is, het verbygegaan en die distel vertrap.

10 U het inderdaad die Edomiete verslaan, daarom is uhart hoogmoedig; geniet die eer en bly tuis. Waarom wil u u tog in die ongeluk stort, dat u sou val, u en Juda saam met u?

11 Maar Amásia het nie geluister nie. Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hy en Amásia, die koning van Juda, het mekaar se aangesig gesien byBet-Semes wat aan Juda behoort.

12 En Juda is voor Israel verslaan, enhulle het gevlug elkeen na sy tente toe.

13 En Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ahásia, by Bet-Semes gevang; en hy het in Jerusalem gekom en vierhonderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, vandie Efraimspoort af tot by dieHoekpoort.

14 En hy hetal die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van dieHereen in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría.

15 En die verdere geskiedenis van Joas, wat hy gedoen het, en sy magtige dade en hoe hy teen Amásia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

16 En Joas het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samaría by die konings van Israel; en sy seun Jeróbeam het in sy plek koning geword.

17 En Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het ná die dood van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.

18 En die verdere geskiedenis van Amásia, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

19 En hulle het ’n sameswering in Jerusalem teen hom gesmee, sodat hy naLagis gevlug het; maar hulle het agter hom aan gestuur na Lagis en hom daar gedood.

20 En hulle het hom op perde vervoer, en hy is begrawe in Jerusalem by sy vaders in die stad van Dawid.

21 En die hele volk van Juda het Asárja geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amásia.

22 Hý hetElat gebou en weer aan Juda teruggebring, nadat die koning met sy vaders ontslaap het.

23 In die vyftiende jaar van Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jeróbeam, die seun van Joas, die koning van Israel, in Samaría koning geword — een-en-veertig jaar lank.

24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat,wat Israel laat sondig het nie.

25 Hý het die grondgebied van Israel herowervan die ingang na Hamat af tot bydie see van die Vlakte, volgens die woord van dieHere, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy diensknegJona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uitGat-Hefer was.

26 Want dieHerehet gesien dat die ellende van Israel baie bitter was endit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie.

27 En dieHerehetnognie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jeróbeam, die seun van Joas.

28 En die verdere geskiedenis van Jeróbeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hyDamaskus en Hamatvan Juda aan Israel teruggebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

29 En Jeróbeam het ontslaap met sy vaders, met die konings van Israel, en sy seun Sagaría het in sy plek koning geword.

II KONINGS 15

Asárja koning van Juda.

1 IN die sewen-en-twintigste jaar van Jeróbeam, die koning van Israel,het Asárja, die seun van Amásia, die koning van Juda, koning geword.

2 Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het, en twee-en-vyftig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.

3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHere, net soos sy vader Amásia gedoen het.

4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.

5 En dieHerehet die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; enhy het in ’n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.

6 En die verdere geskiedenis van Asárja en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

7 En Asárja het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Jotam het in sy plek koning geword.

Ander konings van Israel tot op die inval van die Assiriërs.

8 IN die agt-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Sagaría, die seun van Jeróbeam, oor Israel koning geword in Samaría — ses maande lank.

9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHeresoos sy vaders gedoen het; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat,wat Israel laat sondig het nie.

10 En Sallum, die seun van Jabes, het ’n sameswering teen hom gesmee enhom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.

11 En die verdere geskiedenis van Sagaría, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

12 Dit wasdie woord van dieHerewat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.

13 Sallum, die seun van Jabes, het in die negen-en-dertigste jaar van Ussía, die koning van Juda, koning geword en ’n maand lank in Samaría geregeer.

14 Daarna het Menáhem, die seun van Gadi, vanTirsa opgetrek en in Samaría gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samaría verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.

15 En die verdere geskiedenis van Sallum en sy sameswering wat hy gesmee het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

16 Toe het Menáhem Tifsag verslaan met almal wat daarin was, en die grondgebied daarvan, van Tirsa af; omdat hulle nievir homoopgemaak het nie; hy het dit verslaanenal die swanger vroue daarvan laat oopsny.

17 In die negen-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Menáhem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samaría — tien jaar lank.

18 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere; hy het al sy dae nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

19 Pul, die koning van Assirië, het die land oorval, en Menáhem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.

20 En Menáhem het oor Israel, al die persone van vermoë, die geld verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.

21 En die verdere geskiedenis van Menáhem en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

22 En Menáhem het ontslaap met sy vaders, en sy seun Pekáhia het in sy plek koning geword.

23 In die vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Pekáhia, die seun van Menáhem, koning oor Israel geword in Samaría — twee jaar lank.

24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

25 En Peka, die seun van Remália, syadjudant, het ’n sameswering teen hom gesmee en hom in Samaría indie vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gileadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword.

26 En die verdere geskiedenis van Pekáhia en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

27 In die twee-en-vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Remália, koning geword oor Israel in Samaría — twintig jaar lank.

28 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

29 In die dae van Peka, die koning van Israel, hetTiglat-Piléser, die koning van Assirië, gekom enIjon ingeneem enAbel-Bet-Máäga en Janóag enKedes enHasor en Gílead en Galiléa, die hele land Náftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.

30 En Hoséa, die seun van Ela, het ’n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Remália, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Ussía.

31 En die verdere geskiedenis van Peka en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

Jotam koning van Juda.

32 IN die tweede jaar van Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, hetJotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, koning geword.

33 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.

34 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHere; net soos sy vader Ussía gedoen het, het hy gedoen.

35 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat dieBoonste Poort van die huis van dieHeregebou het.

36 En die verdere geskiedenis van Jotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

37 In dié dae het dieHereResin, die koning van Aram, enPeka, die seun van Remália, teen Juda begin stuur.

38 En Jotam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.

II KONINGS 16

Agas koning van Juda.

1 IN die sewentiende jaar van Peka, die seun van Remália, het Agas, die seun van Jotam, die koning van Juda, koning geword.

2 Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van dieHeresy God soos sy vader Dawid nie.

3 Maar hy het gewandel in die weg van die konings van Israel; ja,hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaanvolgens die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdryf het.

4 Hy het ook geoffer en rook laat opgaanop die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

5 Toe het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om te veg, en hulle het Agas ingesluit;maar hulle kon nie veg nie.

6 In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe.

7 Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun; kom op en verlos my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Israel wat teen my optree.

8 Tegelykertyd neem Agasdie silwer en die goud wat te vinde was in die huis van dieHereen in die skatkamers van die huis van die koning en stuur dit as’n geskenk aan die koning van Assirië.

9 En die koning van Assirië het na hom geluister, en die koning van Assirië het teen Damaskus opgetrek en dit verower en hulle in ballingskap weggevoer naKir en Resin gedood.

10 Toe trek koning Agas Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, tegemoet na Damaskus; en nadat hy die altaar gesien het wat in Damaskus was, stuur koning Agas aan die priester Uría ’n tekening en afbeelding van die altaar volgens die hele inrigting daarvan.

11 En die priester Uría het die altaar gebou — geheel en al volgens opdrag van koning Agas uit Damaskus, so het die priester Uría gedoen voor die koms van koning Agas uit Damaskus.

12 En toe die koning van Damaskus af kom en die koning die altaar sien,het die koning nader gekom na die altaar en daarop geklim.

13 En hy het sy brandoffer en sy spysoffer aan die brand gesteek en sy drankoffer uitgegiet en die bloed van sy eie dankoffers teen die altaar uitgegooi.

14 Maardie koperaltaar wat voor die aangesig van dieHerewas, het hy van die voorkant van die huis gebring, tussensyaltaar en die huis van dieHereuit, en dit aan die noordekant vansyaltaar gesit.

15 En koning Agas het hom, die priester Uría, bevel gegee en gesê: Steek op diegroot altaar aan die branddie môrebrandoffer en die aandspysoffer en die koning se brandoffer en sy spysoffer en die brandoffer van die hele volk van die land en hulle spysoffer en hulle drankoffers; en gooi al die bloed van brandoffers en al die bloed van slagoffers daarteen uit; maar die koperaltaar sal vir my wees om verder te oorweeg.

16 En die priester Uría het gedoen net soos koning Agas beveel het.

17 En koning Agas hetdie sluitplate van die afspoelwaentjies weggesny en die waskom van hulle afgeneem, endie see het hy van die koperbeeste wat daaronder was, afgelig en dit op ’n klipvloer gesit.

18 En die oordekte gang vir die sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste ingang van die koning, het hy uit die huis van dieHereverwyder ter wille van die koning van Assirië.

19 En die verdere geskiedenis van Agas, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

20 En Agas het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Hiskía het in sy plek koning geword.

II KONINGS 17

Hoséa die laaste koning van Israel. Salmanéser neem Samaría in en voer die tien stamme in ballingskap weg.

1 IN die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hoséa, die seun van Ela, in Samaría oor Israel koning geword — nege jaar lank.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.

3 Teen hom hetSalmanéser, die koning van Assirië, opgetrek, en Hoséa het sy dienaar geword en aan hom belasting betaal.

4 Maar die koning van Assirië het by Hoséa ’n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.

5 En diekoning van Assirië het opgetrek deur die hele land en opgetrek na Samaría en dit drie jaar lank beleër.

6 In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem enIsrael in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woonin Halag en aan die Habor, die rivier vanGosan, en in die stede vanMedië.

7 Want die kinders van Israel het gesondig teen dieHerehulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees

8 en gewandel volgens die insettinge van die nasieswat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het.

9 En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor dieHerehulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede,van wagtoring af tot versterkte stad.

10 En hulle het vir hul klippilare enheilige boomstamme opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.

11 En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat dieHerevoor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om dieHerete terg.

12 En hulle het die drekgode gedienwaarvan dieHerevir hulle gesê het:Julle mag dit nie doen nie.

13 En dieHerehet Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elkesiener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.

14 Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op dieHerehulle God vertrou het nie.

15 En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agternietige afgode aan geloop enself nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie dieHerehulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.

16 En hulle het al die gebooie van dieHerehulle God verlaat en vir hulle gegote beelde,twee kalwers, gemaak, ja,’n heilige boomstam gemaak en gebuig voordie hele leër van die hemel enBaäl gedien.

17 Enhulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan enmet waarsêery omgegaan envoortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van dieHere, om Hom te terg.

18 So het dieHeredan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Judaalleen.

19 Selfs Juda het die gebooie van dieHerehulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.

20 Daarom het dieHeredie hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.

21 WantHy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, enhulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jeróbeam het Israel agter dieHereweggetrek enhulle ’n groot sonde laat doen.

22 En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie;

23 totdat dieHereIsrael van sy aangesig verwyder hetsoos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; enIsrael is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.

Die gebied van Israel word met afgodsdienaars bevolk.

24 ENdie koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uitHamat enSefarváimmenseingevoer en laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samaría in besit geneem en in sy stede gaan woon.

25 En in die begin van hulle vestiging daar het hulle dieHerenie gevrees nie. Toe stuur dieHereleeus onder hulle, en dié het onder hullesommigegedood.

26 Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samaría laat woon het, ken nie die verpligting teenoor die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, dié maak hulle dood, omdat hulle die verpligting teenoor die God van die land nie ken nie.

27 Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.

28 En een van die priesters wat uit Samaría weggevoer is, het gekom en hom inBet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle dieHeremoet vrees.

29 Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en indie tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:

30 die manne vanBabel het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het Asíma gemaak,

31 en die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. En die Sefarviete het hulle seuns virAdramméleg en Anamméleg, die gode van Sefarváim, in die vuur verbrand.

32 Hulle het dieHereook gevrees envir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.

33 Hulle het dieHeregevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.

34 Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees dieHerenie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat dieHeredie kinders van Jakob beveel het,aan wie Hy die naam Israel gegee het.

35 Tog het dieHeremet hulle ’n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê:Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.

36 Maar dieHerewat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met ’n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.

37 En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.

38 En die verbond wat Ek met julle gesluit het,mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.

39 Maar dieHerejulle God moet julle vrees, en Hý sal julle verlos uit die hand van al julle vyande.

40 Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeër gebruik gehandel.

41 So het hierdie nasies dan dieHeregevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.

II KONINGS 18

Hiskía koning van Juda. Jerusalem word deur Sánherib beleër, maar op die gebed van Hiskía word die Assiriese leër verniel.

1 ENin die derde jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel, hetHiskía, die seun van Agas, die koning van Juda, koning geword.

2 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en negen-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abi, ’n dogter van Sagaría.

3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHerenet soos sy vader Dawid gedoen het.

4 Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek endie heilige boomstamme omgekap endie koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op dié dae daarvoor offerrook laat opgaan het; en hy het dit Nehústan genoem.

5 Hy het op dieHere, die God van Israel, vertrou,sodat onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.

6 Ja,hy het dieHereaangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat dieHereMoses beveel het.

7 En dieHerewas met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig; enhy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie.

8 Hy het die Filistyne verslaan tot by Gasa en sy grondgebied, vanwagtoring af tot versterkte stad.

9 Maar in die vierde jaar van koning Hiskía — dit was die sewende jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel — het Salmanéser, die koning van Assirië, teen Samaría opgetrek en dit beleër;

10 en hulle het dit ingeneem aan die einde van drie jaar; in die sesde jaar van Hiskía — dit was die negende jaar van Hoséa, die koning van Israel — is Samaría ingeneem.

11 En die koning van Assirië het Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat bly in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië;

12 omdat hulle nie gehoorsaam was aan die stem van dieHerehulle God nie, maar sy verbond oortree het — alles wat Moses, die kneg van dieHere, beveel het — sonder om daarna te luister en te handel.

13 Maarin die veertiende jaar van koning Hiskía het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.

14 Toe laat Hiskía, die koning van Juda, die koning van Assirië naLagis weet: Ek het gesondig; trek terug van my af weg; wat u my oplê, sal ek lewer. En die koning van Assirië het aan Hiskía, die koning van Juda,driehonderd talente silwer en dertig talente goud opgelê.

15 En Hiskíahet al die silwer gegee wat in die huis van dieHerete vinde was en in die skatkamers van die huis van die koning.

16 In dieselfde tyd het Hiskíadie goud vandie deure in die tempel van dieHereafgesny envandie deurposte wat Hiskía, die koning van Juda, oorgetrek het, en dit aan die koning van Assirië gegee.

17 Toe stuur die koning van Assirië dietartan en die rábsaris en die rábsake uit Lagis met ’n swaar leër na koning Hiskía na Jerusalem toe; en hulle het opgetrek en by Jerusalem gekom. En toe hulle optrek en aankom, het hulle gaan staan bydie watervoor van die Boonste Dam wat aan die grootpad van die Bleikveld lê.

18 En hulle het na die koning geroep. Daarop gaanÉljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf,die kanselier, uit na hulle toe.

19 En die rábsake sê vir hulle: Sê tog vir Hiskía: So spreek die groot koning, die koning van Assirië! Wat is dit vir ’n vertroue wat jy koester?

20 Dink jy dat net lippetaal raad en dapperheid vir die oorlog is? Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom?

21 Kyk nou,jy vertrou op dié geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.

22 Maar as julle vir my sê: Ons vertrou op dieHereonse God — is dit nie Hywie se hoogtes en wie se altare Hiskía verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar in Jerusalem moet julle buig?

23 Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou tweeduisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.

24 Hoe sal jy dan die aanval van ’n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters!

25 Het ek nou sonder dieHereopgetrek teen hierdie plek om dit te verwoes? DieHerehet vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.

26 Toe sê Éljakim, die seun van Hilkía, en Sebna en Joa aan die rábsake: Praat tog met u dienaarsAramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.

27 Maar die rábsake sê vir hulle: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?

28 Toe gaan die rábsake staan en roep hardop in die Joodse taal; en hy spreek en sê: Hoor die woord van die groot koning, die koning van Assirië!

29 So sê die koning: Laat Hiskía julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie uit sy hand kan red nie.

30 En Hiskía moet julle nie op dieHerelaat vertrou nie deur te sê: DieHeresal ons sekerlik red, en hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

31 Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeenvan sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,

32 totdat ek julle kom haal na ’n land soos julle land,’n land van koring en mos, ’n land van brood en wingerde, ’n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na Hiskía nie, want hy verlei julle deur te sê: DieHeresal ons red.

33 Het die gode van die nasies elkeen sy land ooit gered uit die hand van die koning van Assirië?

34 Waar is die gode vanHamat enArpad? Waar is die gode van Sefarváim, Hena en Iwa, dat hulle Samaría uit my hand kon gered het?

35 Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand gered het, dat dieHereJerusalem uit my hand sou red?

36 Maar die manskappe het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.

37 Toe hetÉljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier,met geskeurde klere by Hiskía gekom en hom die woorde van die rábsake te kenne gegee.

II KONINGS 19

1 EN toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur enhom met ’n roukleed bedek enin die huis van dieHeregegaan.

2 Daarna stuur hy Éljakim wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.

3 En hulle sê vir hom: So sê Hiskía: Vandag is ’n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het gekom tot by die geboorte, maar daar is geen krag om te baar nie.

4 Miskien sal dieHereu God al die woorde hoor van die rábsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur isom die lewende God te smaad, en sal Hyhomstraf oor die woorde wat dieHereu God gehoor het; hef dan ’n gebed op virdie oorblyfsel wat nog aanwesig is.

5 En toe die dienaars van koning Hiskía by Jesaja kom,

6 sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek dieHere: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmeedie dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.

7 Kyk,Ek sal ’n gees in hom gee, dat hy’n gerug hoor en na sy land terugtrek, en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.

8 Daarop het die rábsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om te veg teenLibna; want hy het gehoor dat hy vanLagis af weggetrek het.

9 En toe hy van Tirháka, die koning van Kus, hoor sê: Kyk, hy het uitgetrek om teen u te veg — stuur hy weer boodskappers na Hiskía met die opdrag:

10 So moet julle aan Hiskía, die koning van Juda, sê: Laat u Godop wie u vertrou,u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

11 Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die lande gedoen het deur dit met die banvloek te tref, en sou u gered word?

12 Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered —Gosan enHaran en Resef en die kinders vanEden wat in Telássar was?

13 Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad Sefarváim, van Hena en Iwa?

14 En toe Hiskíadie brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van dieHere; en Hiskía het dit voor die aangesig van dieHereuitgesprei.

15 EnHiskía het voor die aangesig van dieHeregebid en gesê:Here, God van Israel,wat op die gérubs troon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, Ú het die hemel en die aarde gemaak!

16 oHere,neig u oor en luister. Open u oë,Here, en kyk; en hoor die woorde van Sánherib, wat hy gestuur hetom die lewende God te smaad!

17 Waarlik,Here, die konings van Assirië het die nasies en hulle land verwoes

18 en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie,maar werk van mensehande, hout en klip; daarom kon hulle dit vernietig.

19 Verlos ons dan nou tog uit sy hand,Hereonse God,dat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U,Here, alleen God is.

20 Toe laat Jesaja, die seun van Amos, Hiskía weet: So spreek dieHere, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het insake Sánherib, die koning van Assirië,het Ek gehoor.

21 Dit is die woord wat dieHereoor hom gespreek het:Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.

22 Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teendie Heilige van Israel!

23 Deur jou boodskappers het jy dieHeregesmaad en gesê: Met die menigte van my waens het ék die hoogte van die berge opgeklim, die uithoeke van die Líbanon, en ek het sy statige seders, die keur van sy sipresse, omgekap en deurgedring tot in sy diepste skuilhoeke, sy bos wat is soos ’n tuin.

24 Ék het gegrawe en vreemde waters gedrink, en met my voetsole laat ek al die Nylstrome van Egipte opdroog.

25 Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit gereedgemaak, van die dae van die voortyd af beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede kon verwoes tot puinhope.

26 En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soosgras op die dakke en brandkoring voordat dit are skiet.

27 Maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas.

28 Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ekmy haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.

29 En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaarwat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar — saai en oes en plant wingerde en eet die vrugte daarvan.

30 Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe.

31 Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion.Die ywer van dieHerevan die leërskare sal dit doen.

32 Daarom, so sê dieHereaangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daargeen wal teen opgooi nie.

33 Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek dieHere.

34 EnEk sal hierdie stad beskut, om dit te verlos, ter wille van My enmy kneg Dawid.

35 Enin dieselfde nag hetdie engel van dieHereuitgetrek enin die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak — was dit almal dooie liggame!

36 En Sánherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninevé gebly.

37 En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, hetsy seunsAdramméleg en Saréser hom met die swaard neergeslaan; maar hulle het ontvlug na die land Árarat; en sy seun Esar-Haddon het in sy plek koning geword.