II KONINGS 17

Hoséa die laaste koning van Israel. Salmanéser neem Samaría in en voer die tien stamme in ballingskap weg.

1 IN die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hoséa, die seun van Ela, in Samaría oor Israel koning geword — nege jaar lank.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.

3 Teen hom hetSalmanéser, die koning van Assirië, opgetrek, en Hoséa het sy dienaar geword en aan hom belasting betaal.

4 Maar die koning van Assirië het by Hoséa ’n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.

5 En diekoning van Assirië het opgetrek deur die hele land en opgetrek na Samaría en dit drie jaar lank beleër.

6 In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem enIsrael in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woonin Halag en aan die Habor, die rivier vanGosan, en in die stede vanMedië.

7 Want die kinders van Israel het gesondig teen dieHerehulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees

8 en gewandel volgens die insettinge van die nasieswat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het.

9 En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor dieHerehulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede,van wagtoring af tot versterkte stad.

10 En hulle het vir hul klippilare enheilige boomstamme opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.

11 En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat dieHerevoor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om dieHerete terg.

12 En hulle het die drekgode gedienwaarvan dieHerevir hulle gesê het:Julle mag dit nie doen nie.

13 En dieHerehet Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elkesiener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.

14 Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op dieHerehulle God vertrou het nie.

15 En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agternietige afgode aan geloop enself nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie dieHerehulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.

16 En hulle het al die gebooie van dieHerehulle God verlaat en vir hulle gegote beelde,twee kalwers, gemaak, ja,’n heilige boomstam gemaak en gebuig voordie hele leër van die hemel enBaäl gedien.

17 Enhulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan enmet waarsêery omgegaan envoortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van dieHere, om Hom te terg.

18 So het dieHeredan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Judaalleen.

19 Selfs Juda het die gebooie van dieHerehulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.

20 Daarom het dieHeredie hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.

21 WantHy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, enhulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jeróbeam het Israel agter dieHereweggetrek enhulle ’n groot sonde laat doen.

22 En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie;

23 totdat dieHereIsrael van sy aangesig verwyder hetsoos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; enIsrael is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.

Die gebied van Israel word met afgodsdienaars bevolk.

24 ENdie koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uitHamat enSefarváimmenseingevoer en laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samaría in besit geneem en in sy stede gaan woon.

25 En in die begin van hulle vestiging daar het hulle dieHerenie gevrees nie. Toe stuur dieHereleeus onder hulle, en dié het onder hullesommigegedood.

26 Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samaría laat woon het, ken nie die verpligting teenoor die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, dié maak hulle dood, omdat hulle die verpligting teenoor die God van die land nie ken nie.

27 Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.

28 En een van die priesters wat uit Samaría weggevoer is, het gekom en hom inBet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle dieHeremoet vrees.

29 Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en indie tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:

30 die manne vanBabel het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het Asíma gemaak,

31 en die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. En die Sefarviete het hulle seuns virAdramméleg en Anamméleg, die gode van Sefarváim, in die vuur verbrand.

32 Hulle het dieHereook gevrees envir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.

33 Hulle het dieHeregevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.

34 Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees dieHerenie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat dieHeredie kinders van Jakob beveel het,aan wie Hy die naam Israel gegee het.

35 Tog het dieHeremet hulle ’n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê:Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.

36 Maar dieHerewat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met ’n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.

37 En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.

38 En die verbond wat Ek met julle gesluit het,mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.

39 Maar dieHerejulle God moet julle vrees, en Hý sal julle verlos uit die hand van al julle vyande.

40 Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeër gebruik gehandel.

41 So het hierdie nasies dan dieHeregevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − 15 =