II KONINGS 15

Asárja koning van Juda.

1 IN die sewen-en-twintigste jaar van Jeróbeam, die koning van Israel,het Asárja, die seun van Amásia, die koning van Juda, koning geword.

2 Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het, en twee-en-vyftig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.

3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHere, net soos sy vader Amásia gedoen het.

4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.

5 En dieHerehet die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; enhy het in ’n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.

6 En die verdere geskiedenis van Asárja en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

7 En Asárja het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Jotam het in sy plek koning geword.

Ander konings van Israel tot op die inval van die Assiriërs.

8 IN die agt-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Sagaría, die seun van Jeróbeam, oor Israel koning geword in Samaría — ses maande lank.

9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHeresoos sy vaders gedoen het; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat,wat Israel laat sondig het nie.

10 En Sallum, die seun van Jabes, het ’n sameswering teen hom gesmee enhom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.

11 En die verdere geskiedenis van Sagaría, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

12 Dit wasdie woord van dieHerewat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.

13 Sallum, die seun van Jabes, het in die negen-en-dertigste jaar van Ussía, die koning van Juda, koning geword en ’n maand lank in Samaría geregeer.

14 Daarna het Menáhem, die seun van Gadi, vanTirsa opgetrek en in Samaría gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samaría verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.

15 En die verdere geskiedenis van Sallum en sy sameswering wat hy gesmee het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

16 Toe het Menáhem Tifsag verslaan met almal wat daarin was, en die grondgebied daarvan, van Tirsa af; omdat hulle nievir homoopgemaak het nie; hy het dit verslaanenal die swanger vroue daarvan laat oopsny.

17 In die negen-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Menáhem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samaría — tien jaar lank.

18 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere; hy het al sy dae nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

19 Pul, die koning van Assirië, het die land oorval, en Menáhem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.

20 En Menáhem het oor Israel, al die persone van vermoë, die geld verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.

21 En die verdere geskiedenis van Menáhem en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

22 En Menáhem het ontslaap met sy vaders, en sy seun Pekáhia het in sy plek koning geword.

23 In die vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Pekáhia, die seun van Menáhem, koning oor Israel geword in Samaría — twee jaar lank.

24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

25 En Peka, die seun van Remália, syadjudant, het ’n sameswering teen hom gesmee en hom in Samaría indie vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gileadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword.

26 En die verdere geskiedenis van Pekáhia en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

27 In die twee-en-vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Remália, koning geword oor Israel in Samaría — twintig jaar lank.

28 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

29 In die dae van Peka, die koning van Israel, hetTiglat-Piléser, die koning van Assirië, gekom enIjon ingeneem enAbel-Bet-Máäga en Janóag enKedes enHasor en Gílead en Galiléa, die hele land Náftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.

30 En Hoséa, die seun van Ela, het ’n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Remália, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Ussía.

31 En die verdere geskiedenis van Peka en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

Jotam koning van Juda.

32 IN die tweede jaar van Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, hetJotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, koning geword.

33 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.

34 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHere; net soos sy vader Ussía gedoen het, het hy gedoen.

35 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat dieBoonste Poort van die huis van dieHeregebou het.

36 En die verdere geskiedenis van Jotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

37 In dié dae het dieHereResin, die koning van Aram, enPeka, die seun van Remália, teen Juda begin stuur.

38 En Jotam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four + 11 =