II KONINGS 11

Atália roei die koninklike geslag uit en regeer oor Juda. Joas bly gespaar. Dood van Atália.

1 TOEAtália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.

2 Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word,enhom en sy pleegmoeder in die beddekamergebring.So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.

3 En hy was saam met haar in die huis van dieHereverborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.

4 Maar in die sewende jaar hetJójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van diehardlopers laat haal en by hom in die huis van dieHerelaat kom en met hulle ’n verbond gesluit onder eedswering in die huis van dieHere, en vir hulle die koning se seun gewys.

5 Daarna gee hy hulle bevel en sê: Dit moet julle doen: ’n derde deel van jullewat op die sabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,

6 en ’n derde deel by die poortSur, en ’n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om dit te verdedig.

7 En die tweeanderafdelings van julle, almal wat op die sabbat uitgaan, moet die wag by die huis van dieHereby die koning hou;

8 en julle moetrondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat indie rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit- en ingaan.

9 Die owerstes oor honderd het toe gedoen net soos die priester Jójada beveel het en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan, en na die priester Jójada gekom.

10 En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese endie skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van dieHerewas.

11 En die hardlopers het gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis na die altaar en na die huis toe, rondom by die koning.

12 Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan homdie kroon endie Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!

13 Toe Atália die stem van die hardlopersenvan die volk hoor, het sy na die volk in die huis van dieHeregekom;

14 en toe sy die koning sien staan opdie verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is enop die trompette blaas, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

15 Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd,die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom — want die priester het gesê: Sy moet nie in die huis van dieHeregedood word nie.

16 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het deur dieingang vir die perde in die huis van die koning gekom en is daar gedood.

17 EnJójada het die verbond gesluit tussen dieHereen die koning en die volk, dat hulle ’n volk van dieHeresou wees;ook tussen die koning en die volk.

18 Daarna het die hele volk van die land indie tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek;sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die huis van dieHere.

19 Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van dieHereen deurdie poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.

20 En die hele volk van die land was bly, en die stad rustig. Maar hulle het Atália met die swaard in die huis van die koning gedood.

21 Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

15 − ten =