II KRONIEKE 15

Asa skaf die afgodery af.

1 TOEhet die Gees van God op Asárja, die seun van Oded, gekom;

2 en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! DieHereis met julle as julle met Hom is, enas julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maaras julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

3 Endaar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder’n lerende priester en sonder wet.

4 Maar as hulle in die nood hul tot dieHere, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

5 En in dié tye was daar geen vrede vir wie uit- of ingegaan het nie, maar groot beroering oor al die inwoners van die lande;

6 en nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat God hulle deur allerhande nood in verwarring gebring het.

7 Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.

8 En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat Asárja, die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep endie verfoeisels verwyder uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stedewat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van dieHerewatvoor die voorportaal van dieHerewas, het hy herstel.

9 Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ookdie vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Símeon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat dieHeresy God met hom was.

10 En hulle het in Jerusalem byeengekom, in die derde maand van die vyftiende jaar van die regering van Asa,

11 en dieselfde dag aan dieHeregeoffer vandie buit wat hulle ingebring het, sewehonderd beeste en seweduisend stuks kleinvee.

12 En hullehet die verbond aangegaan om dieHere, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek.

13 En elkeen wat dieHere, die God van Israel, nie soek nie,sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue.

14 En hulle het vir dieHeregesweer met ’n groot stem en met gejuig en met trompette enbasuine.

15 En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en dieHerehet hulle rus verskaf rondom.

16 Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy ’n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap enstukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.

17 Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.

18 En hy het die heilige gawes van sy vader en sy eie heilige gawes in die huis van God ingebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

19 En daar was geen oorlog tot in die vyf-en-dertigste jaar van die regering van Asa nie.

II KRONIEKE 16

Asa verbind hom met Aram teen Israel. Sy dood.

1 IN die ses-en-dertigste jaar van die regering van Asa hetBaésa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.

2 Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van dieHereen van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

3 Daar is ’n verbond tussen my en u, en tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek weg van my af.

4 En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van Israel, en hulle het Ijon en Dan enAbel-Máim en al die voorraadstede van Náftali verwoes.

5 En sodra Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak.

6 Toe neem koning Asa die hele Juda, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou.

7 En in dié tyd het die sienerHanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê:Omdat uop die koning van Aram gesteun en nie op dieHereu God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.

8 Wasdie Kusiete endie Líbiërs nie ’n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En toghet Hy hulle in u hand gegee; omdat u op dieHeregesteun het;

9 want dieHere—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.

10 Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in diegevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.

11 En kyk,die geskiedenis van Asa die vroeëre en die latere, dit is beskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel.

12 En in die negen-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy dieHerenie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.

13 En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een-en-veertigste jaar van sy regering.

14 Enhulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê watvol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van ’n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom’n buitengewoon grootwierookbrand aangesteek.

II KRONIEKE 17

Voorspoed en mag van Jósafat.

1 EN sy seunJósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.

2 En hy het ’n leërmag in aldie versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraimwat sy vader Asa ingeneem het.

3 En dieHerewas met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,

4 maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en niegedoen soos Israel nie.

5 Daarom het dieHeredie koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafatgeskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.

6 En sy hart het moedig geword in die weë van dieHere, en verder het hydie hoogtes en dieheilige boomstamme uit Juda verwyder.

7 En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuurom in die stede van Juda onderrig te gee;

8 en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Ásahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram.

9 En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van dieHereby hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.

10 En’n skrik vir dieHerehet gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.

11 En van dieFilistynehet vir Jósafat geskenke en ’n vrag silwer gebring; selfs dieArabiere het vir hom kleinvee gebring: seweduisend-sewehonderd ramme en seweduisend-sewehonderd bokke.

12 So het Jósafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte envoorraadstede gebou.

13 En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.

14 En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom driehonderdduisend dapper helde;

15 en naas hom was die owerste Jóhanan en saam met hom tweehonderd-en-tagtigduisend;

16 en naas hom was Amásia, die seun van Sigri,wat hom gewillig getoon het vir dieHere, en saam met hom tweehonderdduisend dapper helde;

17 en uit Benjamin was Éljada, ’n dapper held, en saam met hom tweehonderdduisend, gewapen met boog en skild;

18 en naas hom was Jósabad en saam met hom honderd-en-tagtigduisend, vir kommando gewapen.

19 Hulle was in die diens van die koning, behalwe die watdie koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.

II KRONIEKE 18

Verbond van Jósafat met Agab teen die Arameërs. Voorspelling van Miga. Dood van Agab en vlug van Israel.

1 EN toe Jósafatrykdom en eer in oorvloed gehad het,het hy hom verswaer met Agab.

2 En ná verloop van enkele jarehet hy afgetrek na Agab, naSamaría, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag enhom aangehits om teenRamot in Gílead op te trek.

3 Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Jósafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in Gílead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees.

4 Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van dieHere.

5 Toe laat die koning van Israel die profete, vierhonderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.

6 Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ’n profeet van dieHere, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?

7 En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om dieHeredeur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!

8 Daarop roep die koning van Israel ’n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla.

9 Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee metkoninklikeklere, en hulle op ’n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer,

10 het Sedekía, die seun van Kenáäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek dieHere: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.

11 En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en dieHeresal dit in die hand van die koning gee.

12 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge.

13 Maar Miga sê: So waar as dieHereleef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!

14 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word.

15 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van dieHeretot my moet spreek nie?

16 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En dieHerehet gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.

17 Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?

18 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van dieHere: Ek het dieHeresien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter- en sy linkerhand staan.

19 En dieHerehet gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel,oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.

20 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van dieHerestaan en sê: Ek sal hom oorhaal. En dieHerevra hom: Waarmee?

21 En hy sê: Ek sal uitgaan en ’n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.

22 En nou, kyk, dieHerehet ’n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl dieHeretog onheil oor u gespreek het.

23 Daarop kom Sedekía, die seun van Kenáäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van dieHerevan my af weggegaan om met jou te spreek?

24 En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.

25 Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.

26 En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.

27 Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het dieHerenie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!

28 En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in Gílead.

29 En die koning van Israel het aan Jósafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan.

30 En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.

31 En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hullehet hom omsingel om te veg; maar Jósafat het geskreeu, en dieHerehet hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok.

32 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.

33 Toe het ’n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.

34 En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe.

II KRONIEKE 19

1 MAAR toe Jósafat, die koning van Juda, behoue na sy huis in Jerusalem terugkom,

2 het die sienerJehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ’n mens die goddelose help, enhet u lief die wat dieHerehaat? Daarom kom daar nou ’n toorn op u van dieHere.

3 Tog is daargoeie dinge by u gevind, want u hetdie heilige boomstamme uit die land uitgeroei en u hart daarop gerig om God te soek.

4 En Jósafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Berséba af tot bydie gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot dieHere, die God van hulle vaders.

5 En hy hetregters aangestel in die land, in aldie versterkte stede van Juda, in elke stad.

6 En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, wantjulle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir dieHere; enHy isby julle in die regspraak.

7 Mag die skrik vir dieHeredan nou op julle wees; handel nougeset, want by dieHereonse God isgeen onreg ofpartydigheid of aanneming van geskenke nie.

8 En ook in Jerusalem het Jósafatsommige van die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde uit Israel aangestel vir die gereg van dieHereen vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom.

9 En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handelin die vrees van dieHere, met getrouheid en met ’n volkome hart.

10 Enby al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor wette en gebooie en insettinge en verordeninge, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen dieHereen ’n toorn oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie.

11 En kyk,Amárja, die hoofpriester, is oor jullevir enige saak van dieHere, en Sebádja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag dieHeremet die goeies wees!

II KRONIEKE 20

Oorwinning van Jósafat oor die Moabiete en Ammoniete. Einde van sy regering.

1 EN daarna het die kinders vanMoab en die kinders vanAmmon, en saam met hulle ’n deel van die Meüniete teen Jósafat gekom om te veg.

2 Toe hulle kom en aan Jósafat berig bring en sê: Daar kom ’n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in Háseson-Tamar — dit isÉngedi —

3 het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig omdieHerete soek, en hy het oor die hele Juda’n vasdag uitgeroep.

4 En Juda het byeengekom om van dieHerehulpte soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om dieHerete soek.

5 Toe gaan Jósafat in die vergadering van Juda en Jerusalem staan, in die huis van dieHere, voor die nuwe voorhof;

6 en hy sê:Here, God van ons vaders, is Ú nieGod in die hemel nie, enis Ú nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.

7 Het Ú,onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, uvriend, gegee nie?

8 En hulle het daarin gaan woon en daarin vir U ’n heiligdom tot eer van u Naam gebou, met die gedagte:

9 As daar oor ons onheil kom — swaard, straf of pes of hongersnood — sal onsvoor hierdie huis en voor u aangesig gaan staan; wantu Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos.

10 En hier is nou die kinders vanAmmon en Moab endie mense vandie gebergte Seïr, onder wie U Israelnie toegestaan het om te trek by hulle koms uit Egipteland nie; wanthulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie.

11 Ja, kyk, hulle vergeld ons dit deur te komom ons uit u besitting te verdrywe wat U aan ons as ’n eiendom gegee het.

12 Onse God, sal U nie teen hulle strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maarons oë is op U.

13 En die hele Juda het voor dieHeregestaan, ook hulle kinders, hulle vroue en hulle seuns.

14 Toekom die Gees van dieHerein die midde van die vergadering op Jahásiël, die seun van Sagaría, die seun van Benája, die seun van Jeï-el, die seun van Mattánja, die Leviet uit die kinders van Asaf;

15 en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê dieHereaan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, wantdie stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.

16 Trek môre af teen hulle: kyk, hulle kom op met die hoogte Hassis, en julle sal hulle aantref aan die kant van die dal voor die woestyn Jerúel.

17 Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van dieHereby julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit,en dieHeresal met julle wees.

18 Toebuig Jósafat hom met die aangesig na die aarde toe, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van dieHereneergeval om dieHerete aanbid.

19 En die Leviete uit die kinders van dieKehatiete en uit die kinders van dieKoragiete het opgestaan om dieHere, die God van Israel, met ’n baie groot stem te prys.

20 Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek nadie woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem!Glo in dieHerejulle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.

21 En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van dieHeresangers opgestel wat,in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê:Loof dieHere, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

22 En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het dieHere’n hinderlaag opgestel teen die kinders vanAmmon, Moab endie mense vandie gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.

23 Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.

24 En toe Juda op die wagkop by die woestyn kom en hulle na die menigte kyk, lê hulle daar dood op die grond; en niemand het vrygeraak nie.

25 Daarop het Jósafat en sy manskappe gekom om die buit in te samel en hulle het by hulle ’n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry, en hetsoveelvir hulle gebuit dat hulle dit nie kon wegdra nie; en hulle was drie dae lank besig om die buit in te samel, want dit was groot.

26 En op die vierde dag het hulle in die Lofdal byeengekom, want daar het hulle dieHeregeloof; daarom het hulle dié plek Lofdal genoem tot vandag toe.

27 Toe draai al die manne van Juda en Jerusalem om, met Jósafat aan hulle hoof, om met vreugde na Jerusalem terug te gaan;want dieHerehet aan hulle vreugde verskaf oor hul vyande.

28 En hulle het Jerusalem ingetrek metharpe en siters en trompette, na die huis van dieHere.

29 Endie skrik vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat dieHereteen die vyande van Israel gestry het.

30 Verder het die koninkryk van Jósafat gerus, en syGod het hom rondom rus verskaf.

31 En Jósafat het oor Juda geregeer; hy was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en vyf-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asúba, die dogter van Silhi.

32 En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van dieHere.

33 Netdie hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog niehulle hart op die God van hulle vaders gerig nie.

34 En die verdere geskiedenis van Jósafat, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Jehu, die seun van Hanáni,wat opgeneem is in die Boek van die konings van Israel.

35 Maar daarnahet Jósafat, die koning van Juda, ’n bondgenootskap aangegaan met Ahásia, die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het.

36 En hy het hom as bondgenoot geneem om skepe te bou om na Tarsis te vaar; en hulle het skepe gebou in Éseon-Geber.

37 Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uitMarésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê:Omdat u ’n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek dieHereu werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.

II KRONIEKE 21

Die goddelose Joram koning van Juda.

1 EN Jósafat het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Joram het in sy plek koning geword.

2 En hy het broers gehad, seuns van Jósafat: Asárja en Jéhiël en Sagaría en Asarjáhu en Mígael en Sefátja; hulle was almal seuns van Jósafat, die koning van Israel.

3 En hulle vader het hulle baie geskenke gegee in silwer en goud en in kosbaarhede saam metversterkte stede in Juda; maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want hy was die eersgeborene.

4 Maar toe Joram die koningskap van sy vader aanvaar het en homself versterk het, het hy al sy broers met die swaard vermoor en ook sommige van die owerstes van Israel.

5 Twee-en-dertig jaar was Joram oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.

6 En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel soos die huis van Agab gedoen het, want hy hetdie dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere.

7 Maar dieHerewou die huis van Dawid nie vernietig nie ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het, en volgens sy belofte om vir hom en sy seuns altyd ’n lamp te gee.

8 In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en ’n koning oor hulle aangestel.

9 Daarom het Joram oorgetreksaam met sy owerstes en al sy strydwaens; en toe hy hom in die nag klaargemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat rondom hom was, en om die owerstes van die waens.

10 So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword, tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword onder sy mag uit, want hy het dieHere, die God van sy vaders, verlaat.

11 Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei.

12 Toe kom daar ’n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek dieHere, die God van u vader Dawid: Omdat u indie weë van u vader Jósafat en indie weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie,

13 maar gewandel het indie weg van die konings van Israel en Juda, en die inwoners van Jerusalem laat hoereer het volgens diehoererye van die huis van Agab, en selfs u broers, die huis van u vader,vermoor het, wat beter was as u —

14 kyk, dieHeresal ’n groot plaag stuur onder u volk en onder u seuns en onder u vroue en onder al u goed,

15 en u self sal aan baie siektes ly, aan ’n siekte van u ingewande, totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom, jare lank.

16 Toe verwek dieHereteen Joram die gees van dieFilistyne en van die Arabiere wat langsaan dieKusiete is —

17 hulle het teen Juda opgetrek en dit verower en al die goed weggevoer wat in die huis van die koning te vinde was, selfs ook sy seuns en sy vroue, sodat daar vir hom geen seun oorgebly het nie, behalwe Jóahas, die jongste van sy seuns.

18 En ná dit alles het dieHerehom in sy ingewande aangetas met ’n siekte waar geen genesing voor was nie.

19 En ná enige tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geenwierookbrand gemaak soosdie brand vir sy vaders nie.

20 Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het en het agt jaar in Jerusalem geregeer; en hy het heengegaan sonder dat hulle hom terug verlang het; en hy is begrawe in die stad van Dawid,maar nie in die grafte van die konings nie.

II KRONIEKE 22

Ahásia, koning van Juda, word deur Jehu omgebring.

1 TOE maak die inwoners van Jerusalem Ahásia, syjongste seun, koning in sy plek; want die bende wat metdie Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood.En Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het koning geword.

2 Twee-en-twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália,die dogter van Omri.

3 Hy het ook gewandel in die weë van die huis van Agab, want sy moeder was sy raadgeefster om goddeloos te handel.

4 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHeresoos die huis van Agab, want húlle was sy raadgewers ná die dood van sy vader, hom tot ’n verderf.

5 Hy het ook volgens hulle raad gewandel en met Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, saamgetrek in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram, by Ramot in Gílead; maar die Arameërs het Joram gewond.

6 En hy het teruggekom om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat hom toegebring is by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.

7 Maar die ondergang van Ahásia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom,het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi,wat dieHeregesalf het om die huis van Agab uit te roei.

8 En toeJehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, die dienaars van Ahásia, aangetref en hulle gedood.

9 Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood enhom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat,wat dieHeremet sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.

Die goddelose Atália oorweldig die troon van Juda. Jójada, die priester, herstel die geslag van Dawid.

10 TOE Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.

11 Maar Jósabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Jósabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jójada — want sy was die suster van Ahásia — het hom vir Atália weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie.

12 En hy was by hulle in die huis van God ses jaar lank verborge, terwyl Atália oor die land regeer.

II KRONIEKE 23

1 MAAR in die sewende jaar hetJójada moed geskep en saam met hom in ’n verbond geneem die owerstes oor honderd: Asárja, die seun van Jeróham, en Ismael, die seun van Jóhanan, en Asárja, die seun van Obed, en Maäséja, die seun van Adája, en Elisáfat, die seun van Sigri.

2 En hulle het in Juda rondgetrek en die Leviete vergader uit al die stede van Juda, en die familiehoofde van Israel; en hulle het na Jerusalem gekom.

3 En die hele vergadering het in die huis van God met die koning ’n verbond gesluit. Toe sê hy vir hulle: Kyk, die seun van die koning moet koning weessoos dieHereoor die seuns van Dawid gespreek het.

4 Dit moet julle doen: ’n derde deel van julle wat op die sabbat inkom — van die priesters en Leviete — moet drumpelwagters wees;

5 en ’n derde deel by die huis van die koning, en ’n derde deel bydie Fondamentpoort, en die hele volk in die voorhowe van die huis van dieHere.

6 Maar niemand mag in die huis van dieHereingaan nie, behalwe die priestersen diensdoende Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van dieHerehou.

7 En die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en hy wat in die huis ingaan, moet gedood word, en julle moet by die koning wees as hy in- en as hy uitgaan.

8 En die Leviete en die hele Juda het gedoen net soos die priester Jójada beveel het: elkeen het sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan; want die priester Jójadahet die afdelings nie ontslaan nie.

9 En die priester Jójada het aan die owerstes oor honderd die spiese en die klein skilde gegee en die skilde van koning Dawid wat in die huis van God was;

10 en hy het al die manskappe opgestel — elkeen met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis, na die altaar en na die huis toe, by die koning rondom.

11 Daarna het hulle die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak; en Jójada en sy seuns het hom gesalf en gesê: Mag die koning lewe!

12 En toe Atália die stem van die mense hoor wat toestroom en die koning toejuig, het sy na die volk in die huis van dieHeregekom;

13 en toe sy die koning sien staan op sy verhoog by die ingang en die owerstes en die trompetblasers by die koning en dat die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, en die sangers met die musiekinstrumente, terwylhulle die teken gee om lof te sing, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

14 Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, uitgebring en aan hulle gesê: Neem haar weg tussen die rye deur; en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word; want die priester het gesê: Julle mag haar nie in die huis van dieHeredoodmaak nie.

15 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het by die ingang van diePerdepoort in die huis van die koning gekom, en daar het hulle haar gedood.

16 En Jójada het ’n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en die koning, dat hulle ’n volk van dieHeresou wees.

17 Daarna het die hele volk in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek en sy altare en sy beelde stukkend geslaan, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altaregedood.

18 Verder het Jójada wagte aangestel in die huis van dieHereonder leiding vandie Levitiese priesters watDawid ingedeel het vir die huis van dieHereom die brandoffers van dieHerete bring, soos geskrywe isin die wet van Moses, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid.

19 En hy het diepoortwagters aangestel by die poorte van die huis van dieHere, sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie.

20 En hy het die owerstes oor honderd geneem en die vername manne en die wat oor die volk geheers het, en die hele volk van die land, en hy het die koning uit die huis van dieHereafgebring; en hulle het deur die Boonste Poort in die huis van die koning gekom en die koning op die koningstroon laat sit.

21 En die hele volk van die land was bly, en die stad was rustig. Maar hulle het Atália met die swaard gedood.

II KRONIEKE 24

Joas laat die tempel herstel; sy afgodery ná die dood van Jójada. Hy bring Sagaría om die lewe, omdat dié sy afgodery bestraf het.

1 JOAS was sewe jaar oud toe hy koning geword het, enhy het veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sibja, uit Berséba.

2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van dieHere,al die dae van die priester Jójada.

3 En Jójada het vir hom twee vroue geneem, en hy het die vader geword van seuns en dogters.

4 En daarna het Joas hom voorgeneem om die huis van dieHerete herstel.

5 Daarom het hy die priesters en die Leviete versamel en aan hulle gesê: Gaan uit na die stede van Juda en versamel geld uit die heleIsrael om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel; en júlle moet gou maak met die saak!Maar die Leviete het nie gou gemaak nie.

6 Toe roep die koning die hoofpriesterJójada en sê vir hom: Waarom het jy nie gesorg dat die Leviete uit Juda en uit Jerusalem die belasting vanMoses, die kneg van dieHere, en van die vergadering van Israel vir dietent van die Getuienis inbring nie?

7 Want die goddelose Atália — haar seuns het in die huis van God ingebreek en selfs al die heilige gawes van die huis van dieHerevir die Baäls gebruik.

8 Op bevel van die koning maak hulle toe ’n kis en sit ditbuitekant by die poort van die huis van dieHereneer.

9 En hulle het uitgeroep in Juda en in Jerusalem om aan dieHeredie belasting wat Moses, die kneg van God, op Israel in die woestyn gelê het, te bring.

10 Toe was al die owerstes en die hele volk bly, en hulle het dit ingebring en in die kis gegooi totdat hulle klaar was.

11 En elke keer as hulle die kis deur die diens van die Leviete by die wag van die koning bring en hulle sien dat die geld baie is, kom die skrywer van die koning en die opsigter van die hoofpriester en hulle maak die kis leeg en bring dit weer na sy plek terug; so het hulle van dag tot dag gedoen en geld in menigte versamel.

12 En die koning en Jójada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van dieHeregegee, en dié het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van dieHerete herstel, en ook yster- en kopersmede om die huis van dieHerete verbeter.

13 En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die huis van God herstel volgens syoorspronklikebouplan en dit reggemaak.

14 En toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Jójada gebring, enhy het daarvan gereedskap laat maak vir die huis van dieHere, diens- en offergereedskap en rookpanne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was gedurigdeur besig om brandoffers te bring in die huis van dieHereal die dae van Jójada.

15 En Jójada het oud geword en was afgeleef en het gesterwe; hy was honderd-en-dertig jaar oud toe hy gesterf het.

16 En hy is begrawe in die stad van Dawid by die konings; want hy het goed gedoen in Israel teenoor God sowel as teenoor sy huis.

17 Maar ná die dood van Jójada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister,

18 en hulle het die huis van dieHere, die God van hulle vaders, verlaat en het dieheilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar ’n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle.

19 En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na dieHereterug te bring; en diéhet hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie.

20 Toe het die Gees van God Sagaría, die seun van die priester Jójada, vervul, en dié het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van dieHereen wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle dieHereverlaat het, het Hy julle verlaat.

21 Daarop smee hulle ’n sameswering teen hom enstenig hom op bevel van die koningin die voorhof van die huis van dieHere.

22 En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jójada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe dié sterwe, het hy gesê: Mag dieHeredit sien en rekenskap vorder!

23 En by die wisseling van die jaar het’n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in Juda en Jerusalem aangekom en aldie volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur.

24 Alhoewel die leër van Arammet ’n geringe aantal manne gekom het, het dieHeretog ’n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle dieHere, die God van hulle vaders, verlaat het. Enhulle het strafgerigte geoefen teen Joas.

25 En toe hulle van hom wegtrek — want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat —smee sy dienaars ’n sameswering teen hom vanweë die bloed van dieseun van die priester Jójada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid,maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.

26 En dít is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van Símeat, die Ammonitiese, en Jósabad, die seun van Simrit, die Moabitiese.

27 En sy seuns en die baie godsprake teen hom en die grondvesting van die huis van God — kyk, dit is beskrywe in die Uitleg van die boek van die konings. En sy seun Amásia het in sy plek koning geword.