II KRONIEKE 16

Asa verbind hom met Aram teen Israel. Sy dood.

1 IN die ses-en-dertigste jaar van die regering van Asa hetBaésa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.

2 Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van dieHereen van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

3 Daar is ’n verbond tussen my en u, en tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek weg van my af.

4 En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van Israel, en hulle het Ijon en Dan enAbel-Máim en al die voorraadstede van Náftali verwoes.

5 En sodra Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak.

6 Toe neem koning Asa die hele Juda, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou.

7 En in dié tyd het die sienerHanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê:Omdat uop die koning van Aram gesteun en nie op dieHereu God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.

8 Wasdie Kusiete endie Líbiërs nie ’n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En toghet Hy hulle in u hand gegee; omdat u op dieHeregesteun het;

9 want dieHere—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.

10 Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in diegevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.

11 En kyk,die geskiedenis van Asa die vroeëre en die latere, dit is beskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel.

12 En in die negen-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy dieHerenie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.

13 En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een-en-veertigste jaar van sy regering.

14 Enhulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê watvol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van ’n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom’n buitengewoon grootwierookbrand aangesteek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × two =