II KRONIEKE 24

Joas laat die tempel herstel; sy afgodery ná die dood van Jójada. Hy bring Sagaría om die lewe, omdat dié sy afgodery bestraf het.

1 JOAS was sewe jaar oud toe hy koning geword het, enhy het veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sibja, uit Berséba.

2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van dieHere,al die dae van die priester Jójada.

3 En Jójada het vir hom twee vroue geneem, en hy het die vader geword van seuns en dogters.

4 En daarna het Joas hom voorgeneem om die huis van dieHerete herstel.

5 Daarom het hy die priesters en die Leviete versamel en aan hulle gesê: Gaan uit na die stede van Juda en versamel geld uit die heleIsrael om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel; en júlle moet gou maak met die saak!Maar die Leviete het nie gou gemaak nie.

6 Toe roep die koning die hoofpriesterJójada en sê vir hom: Waarom het jy nie gesorg dat die Leviete uit Juda en uit Jerusalem die belasting vanMoses, die kneg van dieHere, en van die vergadering van Israel vir dietent van die Getuienis inbring nie?

7 Want die goddelose Atália — haar seuns het in die huis van God ingebreek en selfs al die heilige gawes van die huis van dieHerevir die Baäls gebruik.

8 Op bevel van die koning maak hulle toe ’n kis en sit ditbuitekant by die poort van die huis van dieHereneer.

9 En hulle het uitgeroep in Juda en in Jerusalem om aan dieHeredie belasting wat Moses, die kneg van God, op Israel in die woestyn gelê het, te bring.

10 Toe was al die owerstes en die hele volk bly, en hulle het dit ingebring en in die kis gegooi totdat hulle klaar was.

11 En elke keer as hulle die kis deur die diens van die Leviete by die wag van die koning bring en hulle sien dat die geld baie is, kom die skrywer van die koning en die opsigter van die hoofpriester en hulle maak die kis leeg en bring dit weer na sy plek terug; so het hulle van dag tot dag gedoen en geld in menigte versamel.

12 En die koning en Jójada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van dieHeregegee, en dié het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van dieHerete herstel, en ook yster- en kopersmede om die huis van dieHerete verbeter.

13 En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die huis van God herstel volgens syoorspronklikebouplan en dit reggemaak.

14 En toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Jójada gebring, enhy het daarvan gereedskap laat maak vir die huis van dieHere, diens- en offergereedskap en rookpanne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was gedurigdeur besig om brandoffers te bring in die huis van dieHereal die dae van Jójada.

15 En Jójada het oud geword en was afgeleef en het gesterwe; hy was honderd-en-dertig jaar oud toe hy gesterf het.

16 En hy is begrawe in die stad van Dawid by die konings; want hy het goed gedoen in Israel teenoor God sowel as teenoor sy huis.

17 Maar ná die dood van Jójada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister,

18 en hulle het die huis van dieHere, die God van hulle vaders, verlaat en het dieheilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar ’n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle.

19 En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na dieHereterug te bring; en diéhet hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie.

20 Toe het die Gees van God Sagaría, die seun van die priester Jójada, vervul, en dié het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van dieHereen wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle dieHereverlaat het, het Hy julle verlaat.

21 Daarop smee hulle ’n sameswering teen hom enstenig hom op bevel van die koningin die voorhof van die huis van dieHere.

22 En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jójada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe dié sterwe, het hy gesê: Mag dieHeredit sien en rekenskap vorder!

23 En by die wisseling van die jaar het’n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in Juda en Jerusalem aangekom en aldie volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur.

24 Alhoewel die leër van Arammet ’n geringe aantal manne gekom het, het dieHeretog ’n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle dieHere, die God van hulle vaders, verlaat het. Enhulle het strafgerigte geoefen teen Joas.

25 En toe hulle van hom wegtrek — want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat —smee sy dienaars ’n sameswering teen hom vanweë die bloed van dieseun van die priester Jójada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid,maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.

26 En dít is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van Símeat, die Ammonitiese, en Jósabad, die seun van Simrit, die Moabitiese.

27 En sy seuns en die baie godsprake teen hom en die grondvesting van die huis van God — kyk, dit is beskrywe in die Uitleg van die boek van die konings. En sy seun Amásia het in sy plek koning geword.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nine − eight =