JOB 20

Job se woorde maak Sofar haastig om te antwoord.

1 TOE hetSofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.

3 ’n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.

Die voorspoed van goddelose mense is kort van duur.

4 WEET jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:

5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir ’n oomblik?

6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke —

7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?

8 Soos ’n droom vlieg hy weg, sodat ’n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos ’n naggesig.

9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.

10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.

11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maarmet hom saam lê dit in die stof.

Al dié geroofde goed sal die goddelose geen genot verskaf nie.

12 AL smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,

13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte —

14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.

15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.

16 Die gif van adders suig hy in, dietong van ’n slang maak hom dood.

17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.

18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.

19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; ’n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.

20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap metsy kosbare goed nie.

21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.

22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.

Die oordele van God verskrik hom, en hy gaan tot niet.

23 OM sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuursy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.

24 Hy sal vlug vir die ysterwapens — ’n koperboog sal hom deurboor.

25 Hy trek — daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal;verskrikkinge is op hom!

26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte;’n vuur wat niedeur menseaangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.

27 Diehemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.

28 Weggevoer word die opbrings van sy huis — goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.

29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.

JOB 21

Job versoek sy vriende om stil te wees as hy spreek oor die verborgenheid wat hom kwel.

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.

3 Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het,kan jy spot.

4 Wat my aangaan, geld my geklaag dan ’n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?

5 Kyk my aan, en wees verskrik; enlê die hand op die mond.

Goddelose mense het dit nie swaar, soos sy vriende sê nie, maar is voorspoedig.

6 JA, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.

7 Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?

8 Hulle nakomelingebestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.

9 Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.

10 Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.

11 Hulle laat hul jong seuns loop soos ’n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.

12 Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van diefluit.

13 In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ’n oomblik sink hulle in die doderyk af.

14 Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.

15 Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En watbaat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?

16 (Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie:die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

17 Hoe seldegaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,

18 word hulle soos strooi voor die wind, en sooskaf wat die stormwind wegvoer?

As sy vriende teëwerp dat God onheil opspaar vir die kinders van die goddelose, dan sê Job dat die man se éie oë sy ongeluk moet aanskou!

19 JULLE sê:God spaar sy onheilvir sy kinders op.Ek sê:Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!

20 Sy eie oë moes sy ongeluk sien, ensélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.

21 Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?

Die beginsels van sy vriende is nie in ooreenstemming met die werklike wêreldbestuur van God nie.

22 WIL iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?

23 Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.

24 Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.

25 Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.

26 Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.

27 Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.

28 As julle sê:Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose —

29 het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):

30 dat die kwaaddoenersgespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?

31 Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel — wie sal hom dit vergeld?

32 Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.

33 Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.

34 Hoe troos julle my dan op so ’n nietige manier? En julle antwoorde — net troubreuk bly oor!

JOB 22

Élifas beweer nou dat God geen belang het by die smarte van Job nie; dat Hy hom ook nie kan bestraf oor sy godsvrug nie; dus is Job se sonde die oorsaak van sy ellende.

1 TOE het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

2 Kan ’n man aan God ’n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige ’n diens.

3 Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeelvir Homdat jy onberispelik wandel?

4 Is dit oor jouGodsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?

5 Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?

Job se eerste sonde is hardheid teenoor sy naaste.

6 WANT jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.

7 Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, enaan die hongerige het jy die brood onthou.

8 Maar aan die man van geweld — aan hom behoort die land; en die aansienlike — hy moet daarin woon!

9 Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.

10 Daarom is daarvangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.

11 Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed vanwaters wat jou bedek?

Verder het Job gesondig deurdat hy dit voorstel asof God geen kennis neem van die dinge op aarde nie.

12 IS God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.

13 Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?

14 Wolke is ’n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor diehemelgewelf wandel Hy.

15 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,

16 wat gegryp isvoor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos ’n stroom,

17 wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?

18 En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is.(Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

19 Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulleen sê:

20 Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.

Laat Job vriendskap soek by God; dan sal hy weer voorspoed en geluk sien.

21 SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

22 Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

23 As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.

24 En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

25 Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.

26 Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.

27 Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.

28 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ’n lig.

29 As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

30 Hy redselfshom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.

JOB 23

As Job maar geweet het waar om God te vind, sou hy wel voor Hom sy onskuld kon bewys.

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.

3 Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!

4 Dan sou ekdie regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;

5 ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.

6 Sou Hymet oormag teen my stry? Nee, maar Hý sou ag op my gee.

7 Dan sou daar ’n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.

Maar God trek Hom van sy kneg terug.

8 KYK, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.

9 As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.

10 Want Hyweet hoe my wandel is; asHy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.

11 Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.

12 Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.

Ook wil God sy onbegryplike besluit aangaande Job nie verander nie.

13 MAAR Hy blyonveranderlikEen — wie sal Hom dan teëhou? En wat sysiel begeer, dit doen Hy.

14 Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.

15 Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.

16 En God hetmy hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.

17 Want ek vergaan nievanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.

JOB 24

Waarom is daar geen dag van afrekening vir die goddelose mense nie? Voorbeelde van hulle handelwyse.

1 WAAROM het die Almagtige vir Hom geengeregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sygeregsdae nie?

2 Grenslyne verlê hulle; ’n trop vee roof hulle en laat dit wei.

3 Die esel van die wese dryf hulle weg,die bees van die weduwee neem hulle as pand.

4 Hullestoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die landkruip almal saam weg.

5 Kyk,sooswilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernislewerbrood vir hulle, vir die kinders.

6 Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.

7 Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.

8 Van die stortbui van die berge word hulle nat; enby gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.

9 Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.

10 Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.

11 Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.

12 Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheiddaarvannie.

Nog meer voorbeelde van hulle handelwyse.

13 SULKE mense behoort bydie vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.

14 Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.

15 En die oog van die owerspeler neemdie skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit ’n sluier voor sy gesig.

16 In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.

17 Want vir hulle saam isdie stikdonker ’n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.

18 Gou dryf hul voortop die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.

19 Droogte, ook hitte, roof diesneeuwater weg — so die doderyk die wat gesondig het.

20 Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos ’n stuk hout —

21 hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.

22 Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.

23 Godgee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.

24 Hulle het hul verhef —’n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van ’n halm word hulle afgesny.

25 En is dit nou nie so nie, wie sal my van ’n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?

JOB 25

Hoe sal die mens, wat ’n wurm is, rein kan wees voor die almagtige Regeerder van die heelal?

1 TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2 Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in syhoogtes.

3 Is daar ’ngetal vir sy leërskare? En oor wierys sy lig nie op nie?

4 Hoe sou dan ’n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ’n vrou gebore is?

5 Kyk, selfs die maan — hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

6 Hoeveel minder die mens, ’n maaier; en die mensekind, ’nwurm.

JOB 26

Job gee te kenne dat hy die grootheid van God net so goed ken as Bildad.

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!

3 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!

4 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?

5 Die skimme is beangs onder die waters enonderdie bewoners daarvan.

6 Naak lêdie doderyk voor Hom, endie plek van vertering het geen bedekking nie —

7 voor Homwat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ’n niks;

8 watdie waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;

9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.

10 Hy het’n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.

11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.

12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.

13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand hetdie vinnige slang deurboor.

14 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat ’n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?

JOB 27

Job handhaaf sy onskuld voor God.

1 EN Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

2 So waar as God leefwat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het —

3 want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus —

4 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!

5 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek myonskuld nie prysgee nie.

6 Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie;my hart veroordeel geeneen van my dae nie.

Job maak sy vriende opmerksaam hoe weinig ooreenkoms daar tussen hom en ’n goddelose is.

7 MY vyand moetdusverskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.

8 Want wat is die verwagting van die goddeloseas Hy afsny — as God sy siel wegneem?

9 Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?

10 Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?

Job erken dat die reg van God dikwels geopenbaar word in die ondergang van die goddelose mense; maar dit is nie op hom toepaslik nie, want hy is geen goddelose nie.

11 EK sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.

12 Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan ’n ydele hoop?

13 Dít is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:

14 as sy kinders baie word, is dit virdie swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.

15 Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, ensy weduwees ween nie.

16 As hysilwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder —

17 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; endie onskuldige verdeel die silwer.

18 Hy het sy huis gebou soos ’n mot en soos ’nskerm wat die oppasser maak.

19 Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en — is nie meer nie.

20 Verskrikkinge oorval hom sooswaterstrome; in die nag voer ’n stormwind hom weg.

21 Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.

22 EnGodwerp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.

23 Hulleklap oor hom in hul hande enspot hom weg uit sy plek.

JOB 28

Die mens kan verborge skatte aan die aarde ontworstel.

1 WANT vir die silwer is daar ’n plek waar dit uitkom, en ’n plek vir die goud wat hulle uitwas.

2 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.

3 ’n Einde maakdie mensaan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.

4 Hy breek ’n mynskag, wég van hom watbowoon; hulle wat vergeet is deur die voetdaarbo,hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.

5 Die aarde — daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.

6 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.

7 ’n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;

8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.

9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.

10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.

11 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.

Maar wysheid kan nêrens gevind en met geen skatte gekoop word nie.

12 MAAR die wysheid — waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?

13 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.

14 Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.

15 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.

16 Diegoud vanOfir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.

17 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil ’n mens dit nie.

18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd askorale.

19 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.

Wysheid is by God alleen bekend, terwyl Hy vir die mens, as sy wysheid, beskik het die vrees van die Here en die vrees vir die kwaad.

20 DIE wysheid dan — waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?

21 Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.

22 Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.

23 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.

24 Want Hý sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.

25 Toe Hyvir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,

26 toe Hy vir die reën ’n wet gestel het en ’n weg vir die onweerstraal,

27 toe het Hy diewysheidgesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.

28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk,die vrees van dieHereis wysheid; enom van die kwaad af te wyk, is verstand.

JOB 29

Job dink aan die dae uit die verlede toe hy voorspoedig was en almal hom geëer het.

1 EN Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

2 Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;

3 toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;

4 soos ek was in my herfsdae toedie verborgenheid van God oor my tent was;

5 toe die Almagtige nog by my was,my kinders rondom my;

6 toemy voetstappe gewas is in dikmelk endie rots by my strome van olie uitgegiet het.

7 Toe ek uitgegaan het na diepoort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,

8 het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.

9 Vorste het hulle woorde ingehou endie hand op hul mond gelê.

10 Die stem van edeles is teruggehou, en hulletong het gekleef aan hul verhemelte.

11 Want het ’n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het ’n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.

12 Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, endie wees en hom wat geen helper het nie.

13 Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.

14 Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos ’n mantel en ’n tulband.

15 Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.

16 ’n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.

17 En ek hetdie tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.

18 So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, ensoos die feniks my dae vermenigvuldig.

19 My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op mytak.

20 My eer is altyd nuut by my, en myboog bly jonk in my hand.

Job beskryf verder sy gelukkige toestand in dié dae.

21 NA my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.

22 Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hullegedrup.

23 En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaaksoosvirlentereëns.

24 Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.

25 Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos ’n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.