JOB 24

Waarom is daar geen dag van afrekening vir die goddelose mense nie? Voorbeelde van hulle handelwyse.

1 WAAROM het die Almagtige vir Hom geengeregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sygeregsdae nie?

2 Grenslyne verlê hulle; ’n trop vee roof hulle en laat dit wei.

3 Die esel van die wese dryf hulle weg,die bees van die weduwee neem hulle as pand.

4 Hullestoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die landkruip almal saam weg.

5 Kyk,sooswilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernislewerbrood vir hulle, vir die kinders.

6 Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.

7 Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.

8 Van die stortbui van die berge word hulle nat; enby gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.

9 Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.

10 Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.

11 Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.

12 Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheiddaarvannie.

Nog meer voorbeelde van hulle handelwyse.

13 SULKE mense behoort bydie vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.

14 Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.

15 En die oog van die owerspeler neemdie skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit ’n sluier voor sy gesig.

16 In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.

17 Want vir hulle saam isdie stikdonker ’n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.

18 Gou dryf hul voortop die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.

19 Droogte, ook hitte, roof diesneeuwater weg — so die doderyk die wat gesondig het.

20 Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos ’n stuk hout —

21 hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.

22 Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.

23 Godgee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.

24 Hulle het hul verhef —’n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van ’n halm word hulle afgesny.

25 En is dit nou nie so nie, wie sal my van ’n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 4 =