JOB 25

Hoe sal die mens, wat ’n wurm is, rein kan wees voor die almagtige Regeerder van die heelal?

1 TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2 Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in syhoogtes.

3 Is daar ’ngetal vir sy leërskare? En oor wierys sy lig nie op nie?

4 Hoe sou dan ’n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ’n vrou gebore is?

5 Kyk, selfs die maan — hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

6 Hoeveel minder die mens, ’n maaier; en die mensekind, ’nwurm.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four − 1 =