PSALMS 150

Halleluja!

1 HALLELUJA! Loof Godin sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!

2 Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!

3 Loof Hom met basuingeklank, loof Hom metharp en siter;

4 loof Hom mettamboeryn en koordans, loof Hom metsnarespel enfluit;

5 loof Hom met heldersimbale, loof Hom met klinkende simbale!

6 Laat alles wat asem het, dieHereloof! Halleluja!

JOB 1

Job bly in teëspoed aan God getrou.

1 DAAR was ’n man in die landUs wie se naam wasJob; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een watafgewyk het van die kwaad.

2 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore.

3 Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee en drieduisend kamele en vyfhonderd paar beeste en vyfhonderd eselinne en ’n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.

4 En sy seuns was gewoond om ’n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink.

5 En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar enbring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig enGod in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen.

6 Enop ’n dag toedie seuns van God kom om hulle voor dieHerete stel, het die Satan ook onder hulle gekom.

7 Toe vra dieHerevir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord dieHereen sê:Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

8 En dieHerevra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie:’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.

9 En die Satan antwoord dieHereen sê: Is dit verniet dat Job God vrees?

10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.

11 Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het — waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

12 Daarop sê dieHereaan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van dieHere.

13 En op ’n dag,terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer,

14 kom ’n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle,

15 hetdie Sabeërs ’n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

16 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ’n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

17 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ’n ander een en sê:Die Chaldeërs hetdrie leërafdelings opgestel en ’n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

18 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ’n ander een en sê:U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,

19 toe daar meteens ’n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

20 Toe staan Job op enskeur sy mantel, en hy hetsy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval

21 en gesê:Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. DieHerehet gegee, en dieHerehet geneem: die Naam van dieHeresy geloofd!

22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.

JOB 2

1 ENop ’n dag toe die seuns van God kom om hulle voor dieHerete stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor dieHerete stel.

2 Toe vra dieHerevir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord dieHereen sê: Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

3 En dieHerevra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietigsonder oorsaak.

4 Toe het die Satan dieHeregeantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;

5 maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan — waarlik, hy sal U in u aangesigseën!

6 En dieHeresê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

7 En die Satan het weggegaan van die aangesig van dieHere, en hy het Job met boseswere getref, van sy voetsool tot sy skedel.

8 En hy het vir hom ’n potskerf geneem om hom daarmee te krap,terwyl hy in die as sit.

9 Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!

10 Maar hy antwoord haar: Soos ’n dwaas praat, praat jy!Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie?By dit alles het Job niegesondig met sy lippe nie.

Job se vriende kom by hom.

11 EN toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, dieTemaniet, en Bildad, dieSuhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.

12 En toe hulle op ’n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur enstof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.

13 En hulle het by hom op die grond gaan sit,sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand ’n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.

JOB 3

Job vervloek sy geboortedag.

1 DAARNA het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.

2 En Job het begin en gesê:

3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: ’n Seun is ontvang.

4 Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.

5 Mag duisternis endoodskaduwee hom opeis, ’n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.

6 Daardie nag — mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.

7 Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.

8 Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.

9 Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.

10 Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.

11 Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?

12 Waarom hetknieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?

13 Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,

14 saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;

15 of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.

16 Of ek sou, soos ’n weggestoptemisgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.

17 Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.

18 Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.

19 Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.

Waarom verleng God die lewe van die wat na die dood verlang?

20 WAAROM gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die watverbitterd is van siel;

21 wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;

22 wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?

23 Waarom gee Hy ligaan ’n man wie se weg verborge is, ’n manwat deur God aan alle kante ingesluit is?

24 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.

25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.

26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!

JOB 4

Élifas is verwonderd dat Job, wat ander mense kon troos, nou self so moedeloos is.

1 TOE antwoordÉlifas, die Temaniet, en sê:

2 As ’n mens dit met ’n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou — wie kan dit?

3 Kyk, jy het baie mense tereggewys enslap hande versterk.

4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.

5 Maar nou dat dit jóú oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóú tref, is jy verslae!

Laat Job op sy vroomheid vertrou, dan kom alles reg. Net groot sondaars kom gewelddadig om.

6 ISjouGodsvrees niejou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?

7 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?

8 Volgens ek gesien het:Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.

9 Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.

10 Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller — ja, die tande van diejong leeus word uitgebreek.

11 Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.

Laat Job onthou dat niemand regverdig is voor God nie.

12 VERDER is ’n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ’n gefluister daarvan opgevang,

13 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneerdiepe slaap op die mense val.

14 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.

15 Toe skuif daar ’n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.

16 Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie — ’n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ’n stemwat sê:

17 Sou ’n sterfling regverdig wees voor God? Of ’n man rein wees voor sy Maker?

18 Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.

19 Hoeveel meer by hulle watkleihuise bewoon, van wie die grondslag indie stof is, wat fyngedruk word soos’n mot.

20 Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.

21 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.

JOB 5

Omdat niemand regverdig is voor God nie, is dit net die dwaas wat teen God opstaan en dientengevolge ’n ongeluk oor hom bring.

1 ROEP maar — is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van dieheiliges sal jy gaan?

2 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.

3 Ek self het gesien hoe ’n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.

4 Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbryselin die poortsonder dat iemand red.

5 Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheininguit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.

6 Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.

7 Maar die mens wordvir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.

As Élifas Job was, sou hy hom tot God wend wat in sy wêreldregering net die goeie bedoel.

8 MAAR wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,

9 aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;

10 wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;

11 om nederiges op ’n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.

12 Hywat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;

13 wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.

14 Oordag stuit hulle op duisternis, ensoos in die nag tas hulle rond op die middag.

15 Soverlos Hy dan van die swaardwat komuit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.

16 So is daar dan verwagting vir die arme; enongeregtigheid hou die mond toe.

Omdat God goed is, moet Job die kastyding aanneem; die end daarvan is vermeerderde seën.

17 KYK,gelukkig is die man wat God kasty;verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.

18 Want Hý doen smart aan, maar verbind ook;Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.

19 In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.

20 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.

21 As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.

22 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.

23 Want met die klippe van die veld isjou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.

24 En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.

25 Ook sal jy uitvind datjou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.

26 Oprype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos ’n koringgerf ingebring word op sy tyd.

27 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.

JOB 6

Job antwoord dat Élifas sy bitter smart nie verstaan as hy dink dat hy sonder oorsaak klae nie.

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in ’n skaal opgehef!

3 Ja, dan sou dit swaarder wees asdie sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.

4 Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink;die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.

5 Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk ’n bees by sy voer?

6 Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van ’n eier?

7 My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.

Job wens dat hy mag sterwe: sy toestand, dink hy, is hopeloos.

8 AG, magmy bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!

9 En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!

10 Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde vandie Heilige het ek nie verloën nie.

11 Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?

12 Is my krag ’n krag van klip of my vlees van koper?

13 Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?

Sy vriende het hom in sy nood nie dié medelyde bewys waar hy op geregtig was nie.

14 VIR die moedelosemoetdaar liefdeweesvan die kantvan sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

15 My broers het troueloos gehandel soos ’n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,

16 wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg —

17 in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.

18 Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.

19 Die karavane vanTema het uitgekyk, die reisigers vanSkeba het daarop gewag.

20 Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.

21 So het julle danvir myniks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.

22 Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my ’n omkoopgeskenk uit julle vermoë?

23 Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?

„Noem my my sonde” — dit is wat Job wil hê.

24 ONDERRIG my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.

25 Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig ’n bestraffing uit, van julle afkomstig?

26 Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van ’n wanhopige is vir die wind!

27 Ja, julle sou ’n wees uitloot en julle vriendverhandel.

28 Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.

29 Keer tog terug — laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug — nóg is my geregtigheid daar.

30 Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?

JOB 7

Die lewe is swaar, dié van Job veral.

1 HET die mens nie ’n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van ’n dagloner nie?

2 Soos ’n slaaf wat hyg nadie skaduwee, en soos ’n dagloner wat wag op sy werkloon,

3 so het ek erfgenaam geword vanmaande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.

4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.

5 My vlees is bekleed metwurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.

6 My dae is vinniger as ’nwewerspoel en verdwyn sonder verwagting.

7 Bedink tog dat my lewewind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.

8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my — en ek is daar nie!

9 Die wolk verdwyn en gaan heen — so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.

10 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie,en sy plek sal hom nie meer ken nie.

Daarom wil hy klae en vra waarom God hom só besoek.

11 SO wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wilklaein die bitterheid van my siel.

12 Is ek ’n see, of ’n groot seedier, dat U ’n wag teen my opstel?

13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,

14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,

15 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer ashierdiegeraamte van my.

16 Ekverfoeimy lewe.Nie vir altyd sal ek lewe nie:laat my met rus, want my dae isnietigheid.

17 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?

18 En dat U homelke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?

19 Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?

20 As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my asmikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot ’n las is?

21 En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U mysoek, maar ek sal daar nie wees nie.

JOB 8

Die dood van Job se kinders, sê Bildad, was ’n regverdige straf. As Job God smeek en as hy waarlik onskuldig is, sal alles weer regkom.

1 TOE hetBildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond ’n geweldige wind wees?

3 Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?

4 Asjou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.

5 As jý na God soek en die Almagtige om genade smeek,

6 as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;

7 dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.

Die ervaring van die voorgeslagte is dat hy wat sy God verlaat, skielik omkom.

8 WANT doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;

9 (wantons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae’n skaduwee op die aarde is;)

10 sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?

11 Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?

12 Nog is dit in sy volle groei — sonder dat dit afgepluk word — dan verdor dit voor al die ander gras.

13 So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting vandie goddelose;

14 sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is ’n spinnerak.

15 Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.

16 Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.

17 Sy wortels is gevleg oor ’n hoop klippe heen, ’n kliphuis deurboor hy.

18 As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloënen sê:Ek het jou nie gesien nie.

19 Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, enuit die stof spruit daar ander uit!

20 Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.

21 Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,

22 sal jou haters met skaamtebeklee word, en die tent van die goddelose — weg is dit!

JOB 9

Hoe kan ’n mens by God regverdig wees? vra Job. Die hele natuur wys aan dat Hy onverstaanbaar is en ook geen rekenskap gee van sy dade nie.

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Waarlik, ek weet dat dit so is; enhoe kan ’n mens regverdig wees by God?

3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.

4 Hy iswys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?

5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;

6 watdie aarde laat sidder uit sy plek, sodatsy pilare dril;

7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ’n seël wegsluit;

8 wat alleendie hemel uitspan en stap op die golwe van die see;

9 wat die Beer gemaak het, dieOríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;

10 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.

11 Gaan Hy by my langs, dan sien ekHomnie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.

12 Sleep Hy weg — wie sal Hom teëhou?Wie vir Hom sê: Wat maak U?

13 God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.

Daarom sal niemand, hoe onskuldig ook, voor God vrygepleit word nie.

14 HOEVEEL minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;

15 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!

16 As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.

17 Hy wat my deur ’n stormwind sou vernietig en my wondesonder oorsaak sou vermeerder;

18 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.

19 Kom dit aan op die krag van die sterkste — hier isEk!En kom dit op reg aan — wie kan My dagvaar?

20 Al was ek regverdig,my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as ’n verkeerde reken.

21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!

Onreg het oral op aarde die oorhand, sê Job; ook in sy geval.

22 DIT is net eenders — daarom sê ek:Die vrome en die goddelose vernietig Hy.

23 As diegésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.

24 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe.Is dit nieHynie, wie dan anders?

25 Ja,my dae was gouer as’n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.

26 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos’n arend wat neerskiet op sy prooi.

27 As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, mydroewigegesig laat vaar envrolik word,

28 dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.

29 Ek saltogskuldig wees — waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?

30 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,

31 dan sou U my in ’n poel indompel, sodat my klere van my ’n afsku kry.

32 Want Hy is nie ’n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, datons saam na die gereg sou kan gaan nie.

33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.

34 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;

35 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.