JESAJA 27

Verlossing van Israel uit die wêreldmag.

1 IN dié dag sal dieHeremet sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oordie Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; enHy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.

2 In dié dag sal daar wees’n wingerd van skuimende wyn —sing daarvan!

3 Ek, dieHere, bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; Ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie.

4 Geen grimmigheid is by My nie.Kry Ek doringofdistel, in oorlog sou Ek daarop aanval, dit alles saam verbrand.

5 Of hulle moetmy beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak.

6 In die dae wat kom, sal Jakobwortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.

7 Het Hy hom geslaan met die slag wat sy teëstander getref het? Of is hy gedood met ’n slagting soos die wat deur Hom gedood is?

8 Met mate het U met hom afgereken toe U hom verstoot het; Hy het hom verdrywe met sy geweldige wind op die dag van die oostewind.

9 Daarom sal hiermee die skuld van Jakob versoen word, en dit is die volle vrug van die wegneming van sy sonde: as hy al die altaarklippe maak soos verbryselde kalkklippe,die heilige boomstamme en die sonpilare nie meer oprys nie.

10 Want die versterkte stad is eensaam, ’n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn;daar wei kalwers en daar lê hulle, en hulle eet sy takke af.

11 As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is ’nvolk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulleFormeerder aan hulle geen genade bewys nie.

12 En indié dag sal dieHerevrugteafslaan, vandie stroom van die Eufraat af tot bydie spruit van Egipte, en júlle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel!

13 Enin dié dag sal daarmet ’n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur endie wat verdryf is in Egipteland, enhulle sal dieHereaanbid op die heilige berg in Jerusalem.

JESAJA 28

Die kosbare Hoeksteen.

1 WEEdie trotse kroon van die dronkaards van Efraim, enweedie blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is.

2 Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is,soos ’n haelstorm, ’n storm vol verwoesting, soos ’n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.

3 Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim;

4 en die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos ’n voorvy voor die vrugte-oes: iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg.

5 Indié dag sal dieHerevan die leërskare wees tot ’n sierlike kroon en ’n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,

6 en tot ’n gees van strafgerig vir hom wat sit oor die gereg, en tot ’n sterkte vir hulle wat die geveg terugdringna die poort toe.

7 En ook diemannehierwankel deur die wyn enwaggel deur sterk drank;priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.

8 Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie.

9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?

10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie.

11 Ja, Hy sal deurlippe wat hakkel, en deur ’n vreemde tong met hierdie volk spreek,

12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.

13 Daarom sal die woord van dieHerevir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

14 Daarom, hoor die woord van dieHere,julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!

15 Omdat julle sê: Ons het ’n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons ’n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek —

16 daarom, so sê die HereHere:Kyk, Ek lê in Sion’n grondsteen,’n beproefde steen, ’n kosbare hoeksteenwat vas gegrondves is;hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

17 En Ek sal die reg tot ’nriglyn maak, en die geregtigheid tot ’n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.

18 En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende gésel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.

19 So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so ’n openbaring te verneem.

20 Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai.

21 Want dieHeresal Hom gereed maak soos bydie berg Pérasim; Hy sal aanstorm soos indie dal by Gíbeon om sy werk te doen — vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig — ongehoord is sy daad!

22 Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die HereHerevan die leërskare gehoor’n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.

23 Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord!

24 Ploeg die ploeër die hele dag om te saai?Skeur hy sy akker oop, en eg hydie hele dag?

25 Is dit nie só nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant.

26 En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.

27 Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met ’n stok en komyn met ’n hout.

28 Word broodkoring fyngestamp? Nee, nie altyddeur dors hulle dit nie; en al dryf hulle die wawiel en die perde daaroor — hulle stamp dit nie fyn nie.

29 Ook dit kom van dieHerevan die leërskare:Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.

JESAJA 29

Die wonderbare weë van God met Jerusalem.

1 WEEÁriël, Áriël, stadwaar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring —

2 dan sal Ek Áriël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Áriël wees.

3 En Ek sal in ’n kring teen jou laer opslaan en jou met wagposte beleër en skanse teen jou oprig.

4 Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soosdié van die gees van ’n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.

5 Maar die menigtevan jou vyande sal word soos dun stof, en die menigte van die tiranne sooskaf wat wegwaai; en dit salheeltemal onverwags gebeur.

6 Vanweë dieHerevan die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van ’n verterende vuur.

7 En soos ’n droom, ’n naggesig, saldie menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Áriël, ja, almal wat teen hom oorlog toe treken teen sy bergvesting en hom benoud maak.

8 En soos ’n hongerigedroom dat hy eet, maar hy word wakker en — sy siel is leeg; en soos ’n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en — hy is moeg en sy siel versmag: só sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion.

9 Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind!Hulle is dronk,maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie.

10 WantdieHerehet oor julle uitgegiet ’n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë —die profete —toegesluit en julle hoofde — die sieners — toegebind.

11 So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ’nverseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.

12 Of hulle gee die boek aan iemand wat nie kan lees nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie lees nie.

13 En die Here het gesê:Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ’naangeleerde mensegebod is,

14 daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; endie wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.

15 Weehulle wat planne diep verberg vir dieHere, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?

16 oJulle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei,dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?

17 Sal dit nie nog ’n baie kort rukkie duur datdie Líbanon in ’n vrugteboord verander word, endie vrugteboord vir ’n bos gereken word nie?

18 Enin dié dagsal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.

19 En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in dieHere,en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.

20 Wantgedaan is dit met die tiran,en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is —

21 hulle wat ’n mens as sondaar brandmerk ter wille van ’n woord, en strikke spanvir hom wat vir die reg opkom in die poort,en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot.

22 Daarom, so sê dieHeretot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie;

23 want as hy, as sy kindersdie werk van my hande in sy midde sien,sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en virdie God van Israel met ontsag vervul wees;

24 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.

JESAJA 30

Profesie teen die Egiptiese bondgenootskap.

1 WEE die opstandige kinders, spreek dieHere,wat ’n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie;wat ’n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie,om sonde op sonde te stapel;

2 wat gaanom na Egipte af te trek, enhulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.

3 Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, endie skuiling in die skaduwee van Egipte tot smaadheid.

4 Want hulle vorste is in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom;

5 almal staan beskaamd vanweë die volk wat hulle geen voordeel aanbring nie, geen hulp en geen voordeel nie, maar skande en smaadheid daarby.

6 Godspraak oordie diere van die Suidland. In ’n land van benoudheid en angs,waar leeuin en leeu uitkom, adder en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na ’n volk wat geen voordeel bring nie.

7 EnEgipte — nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.

8 Gaan nou in,skryf dit op ’n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in ’n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid.

9 Wantdit is ’n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van dieHerenie wil hoor nie;

10 wat aandie sieners sê: Sien nie! en aan die profete:Profeteer vir ons nie wat reg is nie;spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;

11 wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!

12 Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun,

13 daarom sal hierdie skuld vir julle weessoos ’n los stuk wat wil val, wat oorhang in ’n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.

14 Ja,Hy sal dit verbreek soos die kruik van ’n pottebakker verbreek word, wat sonder verskoning stukkend geslaan word, sodat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te gaan haal of om water uit die kuil te skep nie.

15 Want so sê die HereHere, die Heilige van Israel: In terugkeeren rus lê julle heil,in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie

16 en het gesê: Nee,maar op perde sal ons vlieg — daarom sal julle moet vlug! en: Op renperde sal ons ry — daarom sal julle vervolgers laat jaag!

17 Eenduisendvan jullesal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf, totdat julle oorbly soos ’n vlagpaal op ’n bergtop ensoos ’n banier op ’n heuwel.

18 Endaarom sal dieHeremet ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daaromsal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want dieHereis ’n God van die gerig.Welgeluksalig almal wat op Hom wag!

19 Want’n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.

20 Die Here gee julle welbrood van benoudheid en water van bedruktheid, maarjou leraars sal hulle nie langer verberg nie — maar jou oë sal jou leraars sien;

21 en jou ore sal ’n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

22 En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel is.Weg daarmee! sal jy daarvan sê.

23 Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in dié dag wei op ’n uitgestrekte weiveld;

24 en die osse en die esels wat die grond bewerk, sal voer met sout eet, wat uitgewan is met skop en gaffel;

25 enop elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees, waterlope, op die dag van die groot slagting as die torings val.

26 Endie lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as dieHeredie breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.

Die ondergang van Assur.

27 KYK, die Naam van dieHerekom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos ’n verterende vuur,

28 en sy asem soos ’n oorlopende stroomwat tot by die nek kom —om nasies te sif met ’n sif van vernietiging;en ’n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.

29 Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die watmet die fluite loop, om te kom opdie berg van dieHere, na die Steenrots van Israel.

30 En dieHeresal sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van ’n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.

31 Want virdie stem van dieHeresal Assur verskrik wees;met die stok sal Hy slaan,

32 en elke swaai van die roede watvir hombeskik is, wat dieHereop hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, enmet ’n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg.

33 Want ’nTofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diepenwyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van dieHereis soos ’n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.

JESAJA 31

Nie na Egipte nie, maar na die Here!

1 WEEhulle wat na Egipte aftrek om hulp enhulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie dieHerenie.

2 Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom entrek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.

3 Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as dieHeresy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.

4 Want so het dieHerevir my gesê:Soos ’n leeu en ’n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas —só sal dieHerevan die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.

5 Soos voëls wat fladder, so sal dieHerevan die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.

6 Bekeer julle tot Hom van wie die kinders van Israel diep afgeval het.

7 Want in dié dagsal hulle elkeen sy silwerafgode en sy goue afgode verwerp, wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.

8 EnAssur sal val deur die swaard, nie van ’n man nie; en die swaard, nie van ’n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;

9 en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrikdie banier verlaat, spreek dieHere,wat ’n vuur het op Sion en ’n oond in Jerusalem.

JESAJA 32

Die Messiaanse heilstaat.

1 KYK, ’n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.

2 En elkeen sal wees soos ’n toevlug teen die wind en ’nskuiling teen die stortreën, soos waterstromein ’n dor streek, soosdie skaduwee van ’n swaar rots in ’n land wat versmag.

3 Dan sal niemeerverblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;

4 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong vandie hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;

5 die dwaas sal nie meer ’n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.

6 Want ’n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor dieHere, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.

7 En die skelm — sy middele is sleg, hý beraam skandelike dade om die ellendiges te ruïneer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.

8 Maar die edele beraam edele dade, en hý hou stand in wat edel is.

Valse en ware gerustheid.

9 STAAN op,geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!

10 ’n Jaar en ’n paar dae — en julle sal sidder, sorgelosedogters!Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.

11 Bewe, gerustevroue!Sidder, sorgelosedogters!Trek julle uit, ontbloot julle en gordrougewadeom julle lendene.

12 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;

13 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.

14 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, ’n vreugde vir die wilde-esels, ’n weiveld vir die troppe vee —

15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan worddie woestyn ’n vrugteboord, endie vrugteboord self word vir ’n bos gereken.

16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.

17 Endie werking van die geregtigheid salvrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.

18 En my volk sal woon in ’n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.

19 Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.

20 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai,wat die voet van os en esel vry laat loop!

JESAJA 33

Assur word gevonnis.

1 WEE jou,verwoester, wat self nie verwoes is nie, entroubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie!As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.

2 Here, wees ons genadig,op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid!

3 Vir die dawergeluid vlug die volke; vanweëu verheffing word die nasies verstrooi.

4 Dan word julle buit weggeskraap soos sprinkane wegskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los.

5 DieHereis verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.

6 En daar sal bestendigheid van jou tye wees, ’n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van dieHeresal sy skat wees.

7 Kyk, die helde skreeu daarbuite,die boodskappers van vrede ween bitterlik.

8 Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg.Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie.

9 Die land treur, dit verwelk; die Líbanon staan beskaamd, dit verkwyn;Saron het geword soos ’n woestynvlakte,Basan en Karmel staan sonder blare.

10 Nou sal Ek opstaan, sê dieHere; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig.

11 Julle gaan swanger van strooi, julle sal stoppels baar; julle geblaas is ’n vuur wat julle sal verteer.

12 Dan word die volke ’n kalkbrandery,afgekapte doringbosse wat met vuur verbrand word.

13 Hoor, julle wat ver is, wat Ek gedoen het; en julle wat naby is, erken my mag!

14 Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp.Hulle sê:Wie van ons kan woon by ’n verterendevuur, wie van ons kan woon by ’n ewige gloed?

15 Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie —

16 hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee,sy water is gewis.

17 Jou oë saldie Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal ’n wyd uitgestrekte land sien.

18 Jou hart sal diedeurgestaneverskrikking oordinken sê:Waar is hy wat getel het? Waar is hy wat geweeg het? Waar is hy wat die torings opgeskryf het?

19 Jy sal die onbeskaamde volk nie meer sien nie,die volk met duister, onverstaanbare spraak, met onbegryplike hakkeltong.

20 Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms!Jou oë sal Jerusalem sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie, waarvan die penne nooit meer uitgeruk word nieen geeneen vansy toue ooit losgeskeur word nie.

21 Maar daar sal dieHerevir ons heerlik wees; dit sal ’n plek van riviere wees, van breë strome; geen vloot van roeiskepe sal daarop vaar nie, en geen trotse skip sal daaroor gaan nie.

22 Want dieHereis ons Regter, dieHereis ons Aanvoerder,dieHereis ons Koning: Hý sal ons verlos.

23 Jou toue hang slap, hulle hou die voetstuk van hulle mas nie styf nie, hulle ontplooi nie die banier nie; dan word roofbuit verdeel in menigte,selfsdie lammes maak buit.

24 Engeen inwoner sal sê: Ek is siek nie;aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.

JESAJA 34

Die Godsgerig oor Edom.

1 KOM nader, o volke, om te hoor; en nasies, luister!Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.

2 Want die toorn van dieHereis oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.

3 En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, endie stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed.

4 En aldie leërskare van die hemel vergaan,en die hemel word inmekaar gerol soos ’n boek enal sy leërskare val af soos ’n blad van die wingerdstok afval en soosvyeafval van die vyeboom.

5 Wantmy swaard het dronk geword in die hemel; kyk,dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.

6 Die swaard van dieHereis vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; wantdieHerehet ’n slagoffer in Bosra en ’n groot slagting in die land Edom.

7 Dan val die buffels saam met hulle, en die jong stiere saam met die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet.

8 WantdieHerehou ’n dag van wraak, ’n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.

9 Ensy strome sal in pik verander word en sy stof in swawel, en sy land sal brandende pik word.

10 Dit sal snags of oordag nie uitgeblus word nie;vir ewig gaan sy rook op; van geslag tot geslag lê dit woes, vir altyd en ewig trek niemand daardeur nie.

11 Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. EnHy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid.

12 Sy edeles — daar sal hulle geen koninkryk meer uitroep nie, en met al sy vorste is dit gedaan.

13 Ensy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal ’n lêplek van jakkalse,’n verblyf vir die volstruise wees.

14 En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar in vrede en vind ’n rusplek vir hom.

15 Daar maak die pylslang sy nes en lê eiers en broei dit uit en koesterhaar kleintjiesdaar in die skaduwee; ook sal die kuikendiewe daar bymekaarkom, die een by die ander.

16 Soek in die boek van dieHereen lees! Nie een van hierdie wesensontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond — dié het dit beveel, en sy Gees — dié het hulle bymekaargebring.

17 En Hý het vir hulle die lot gewerp, en sy hand het dielandaan hulle met die meetsnoer uitgedeel; tot in ewigheid sal hulle dit besit, van geslag tot geslag daarin woon.

JESAJA 35

Grootheid en heerlikheid van die regering van die Messías.

1 DIE woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ’n narsing;

2 dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van dieHere, die sieraad van onse God.

3 Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas.

4 Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.

5 Dansal die oë van die blindes geopen endie ore van die dowes ontsluit word.

6 Dansal die lamme spring soos ’n takbok, endie tong van die stomme sal jubel;want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.

7 En die gloeiende grond sal ’n waterplas word, en die dorsland fonteine van water;in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.

8 En dáár sal ’n grootpad wees en ’n weg wat die heilige weg genoem sal word;geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel — selfs die dwase sal nie dwaal nie.

9 Dáár sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;

10 en die losgekooptes van dieHeresal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry,maar kommer en gesug vlug weg.

JESAJA 36

Jerusalem word opgeëis deur Sánherib.

1 ENin die veertiende jaar van koning Hiskía het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.

2 Toe stuur die koning van Assirië die rábsake uit Lagis na Jerusalem, na koning Hiskía met ’n swaar leër; en hy het gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld.

3 Daarop gaan Éljakim, die seun van Hilkía,wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, na hom toe uit.

4 En die rábsake sê vir hulle: Sê tog aan Hiskía: So spreek die groot koning, die koning van Assirië: Wat is dit vir ’n vertroue wat jy koester?

5 Jy dink: Net ’n woord van die lippe is raad en dapperheid vir die oorlog. Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom?

6 Kyk, jy vertrou op dié geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor;so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.

7 Maar as jy vir my sê: Ons vertrou op dieHereonse God — is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hiskía verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar moet julle buig?

8 Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou tweeduisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.

9 Hoe sal jy dan die aanval van ’n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars kan afslaan? Maarjy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters!

10 Het ek dan nou sonder dieHereteen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? DieHerehet vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.

11 Toe sê Éljakim en Sebna en Joa vir die rábsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.

12 Maar die rábsake het gesê: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?

13 Toe gaan die rábsake staan en roep hardop in die Joodse taal en sê: Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Assirië!

14 So sê die koning: Laat Hiskía julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie.

15 En Hiskía moet julle nie op dieHerelaat vertrou nie deur te sê: DieHeresal ons sekerlik red; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

16 Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,

17 totdat ek kom en julle meeneem na ’n land soos julle land, ’n land van koring en mos, ’n land van brood en wingerde.

18 Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: DieHeresal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?

19 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar die gode van Sefarváim? En het hulle miskienSamaría gered uit my hand?

20 Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat dieHereJerusalem uit my hand sou red?

21 Maar hulle het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.

22 Toe het Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hiskía gekom en hom die woorde van die rábsake te kenne gegee.