ESÉGIËL 22

Die sondes van Jerusalem.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 En jy, mensekind,wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend

3 en sê: So spreek die HereHere:Stad wat daarbinne bloed vergiet,dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!

4 Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak Ek jou tot’n smaad vir die nasies en ’n spot vir al die lande.

5 Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!

6 Kyk,die vorste van Israel was in jou, elkeen na sy krag, om bloed te vergiet.

7 Hulle het vader en moeder in jou verag,die vreemdeling in jou met geweld behandel,wees en weduwee in jou verdruk.

8 My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.

9 Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jouhet hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.

10 Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot;haar wat onrein was deurmaandelikseonreinheid, het hulle in jou onteer.

11 Die een het ’n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ’n skandelike daad, en ’n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.

12 Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet;rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die HereHere.

13 Kyk,so slaan Ek dan in my hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is.

14 Sal jou hart standhou of jou hande sterk wees in die dae as Ek met jou handel? Ek, dieHere, het dit gespreek en sal dit doen.

15 EnEk sal jou verstrooi onder die nasies en jou versprei in die lande, en Eksal jou onreinheid uit jou wegruim.

16 En jy sal deur jouself ontheilig wees voor die oë van die nasies;en jy sal weet dat Ek dieHereis.

17 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

18 Mensekind, die huis van Israel het vir Myskuim geword; hulle is almal koper en tin en yster en lood binne die smeltoond;silwerskuim het hulle geword.

19 Daarom, so sê die HereHere: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak.

20 Soos silwer en koper en yster en lood en tin binne-in ’n smeltoond bymekaargemaak word om daarteen ’n vuur aan te blaas en dit te smelt, so sal Ekjullebymekaarmaak in my toorn en in my grimmigheid en julle ingooi en smelt.

21 Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle dáárin gesmelt kan word.

22 Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, dieHere, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.

23 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

24 Mensekind, sê vir hom: Jy is ’n land wat nie gereinig is nie,wat nie reën gekry het in die dag van grimmigheid nie.

25 ’n Sameswering van sy profete is in hom, soos ’n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte enkosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.

26 Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarbymaak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.

27 Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergietensiele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak.

28 Ensy profete pleister vir hulle met los kalkdeur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die HereHere— terwyl dieHerenie gespreek het nie.

29 Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.

30 EnEk het onder hulle ’n man gesoekwat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.

31 Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van my grimmigheid het Ek hulle verteer;hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 23

Ohóla en Ohóliba.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, daar wastwee vroue, dogters van een moeder.

3 Enhulle hetin Egipte gehoereer; in hul jeug het hulle gehoereer; daar is hul borste betas, en daar is hul maagdelike boesem gedruk.

4 En hulle name was: Ohóla, die grootste, en Ohóliba, haar suster; enhulle het myne geword en seuns en dogters gebaar. En wat hulle name betref: Samaría is Ohóla en Jerusalem Ohóliba.

5 En Ohóla het gehoereer terwyl sy my vrou was, en het gesmag na haar minnaars, nadie Assiriërs, krygshaftige mense

6 wat pers aangetrek was, goewerneurs en owerstes, almal begeerlike jongmanne, ruiters te perd.

7 En sy het haar hoererye aan hulle weggegee, hulle almal, die beste uit die kinders van Assur; en met almal na wie sy gesmag het — met al hulle drekgode het sy haar verontreinig.

8 So het sy dan haar hoererye, uit Egipte afkomstig, nie laat staan nie; want hulle het in haar jeug met haar gemeenskap gehad en hulle het haar maagdelike boesem gedruk en hul hoerery oor haar uitgestort.

9 Daarom het Ek haar oorgegee in die hand van haar minnaars, in die hand van die kinders van Assur na wie sy gesmag het.

10 Hulle het haar skaamte ontbloot, haar seuns en haar dogters weggeneem; maar haar het hulle met die swaard gedood, sodat sy ’n waarskuwende voorbeeld onder die vroue geword het, en hulle het strafgerigte aan haar voltrek.

11 Alhoewel haar suster Ohóliba dit gesien het, het sy dit tog met haar verliefdheid erger gemaak as sy, en met haar hoererye nog erger as haar suster.

12 Sy het gesmag na die seuns van Assur, goewerneurs en owerstes, krygshaftige mense, pragtig aangetrek, ruiters te perd, almal begeerlike jongmanne.

13 Toe het Ek gesien dat sy verontreinig was: altwee het dieselfde weg bewandel.

14 Ja, sy het nog meer gehoereer; toe sy manne sien wat op die muur afgeteken was, afbeeldinge van die Chaldeërs, geteken met rooiminie;

15 omgord met ’n gordel aan hulle heupe, met oorhangende tulbande op hulle hoofde, in hulle voorkoms almal offisiere, in die gestalte van die seuns van Babel wie se geboorteland Chaldéa is —

16 net toe sy hulle sien, het sy na hulle gesmag enboodskappers na hulle gestuur, na Chaldéa toe.

17 Daarop kom die kinders van Babel by haar, na die bed van liefde, en verontreinig haar met hulle hoerery, en sy het onrein geword deur hulle; daarna het haar siel van hulle vervreemd geraak.

18 En toe sy haar hoererye geopenbaar en haar skaamte ontbloot het, het my siel van haar vervreemd geraak, soos my siel vervreemd geraak het van haar suster.

19 Ja,sy het haar hoererye baie gemaak deur te dink aan die dae van haar jeug toe sy ’n hoer was in Egipteland.

20 En sy het gesmag na hulle wellustelinge, wat sinlik soos esels en onstuimig van drif was soos perde.

21 En jy het na die skandelike daad van jou jeug verlang, toe dié van Egipte jou boesem gedruk het om jou jeugdige borste ontwil.

22 Daarom, o Ohóliba, so sê die HereHere: Kyk, Ek verwek jou minnaars, van wie jou siel vervreemd geraak het, teen jou, enEk sal hulle van alle kante teen jou aanbring:

23 die kinders van Babel en al die Chaldeërs,Pekod en Soa en Koa, al die kinders van Assur saam met hulle, begeerlike jongmanne wat almal goewerneurs en owerstes is, offisiere en aansienlike mense wat almal te perd ry.

24 En hulle sal teen jou kom met ’n hoop strydwaens en wiele en met ’n menigte van volke; groot skild en klein skild en helm sal hulle rondom teen jou rig; en Ek sal die strafgerig aan hulle oorgee, enhulle sal jou vonnis volgens hulle reg.

25 En Ek sal my ywer teen jou rig, dat hulle in grimmigheid met jou handel: hulle sal jou neus en jou ore afsny, en die wat van jou oorbly, sal deur die swaard val; hulle sal jou seuns en jou dogters wegneem, en wat van jou oorbly, sal deur vuur verteer word.

26 Hulle sal jou ook jou klere uittrek en jou versiersels wegneem.

27 So sal Ek dan by jou ’n einde maak aan jou skandelike dade en jou hoerery, uit Egipteland afkomstig; en jy sal jou oë nie na hulle opslaan en aan Egipte nie meer dink nie.

28 Want so sê die HereHere: Kyk, Ek sal jou oorgee in die hand van hullewat jy haat, in die hand van hulle van wie jou siel vervreemd geraak het.

29 En hulle sal jou as vyand behandel en al jou goed wegneem en jou naak en bloot laat staan, sodat jou ontugtige skaamte ontbloot kan word. Ja, jou skandelike dade en jou hoererye

30 het jou dit aangedoen deurdatjy agter nasies aan gehoereer hetenomdat jy met hulle drekgode verontreinig is.

31 In die weg van jou suster het jy gewandel; daarom sal Ekhaar beker in jou hand gee.

32 So sê die HereHere: Jy sal die beker van jou suster drink wat diep en wyd is — jy sal tot ’n belagging en ’n spot word —die bekerwat so baie bevat.

33 Van dronkenskap en kommer sal jy vol word; die beker vanjou suster Samaría is ’n beker van huiwering en ontsetting.

34 En jy sal dit drink en uitsuig enaan sy skerwe knaag en jou borste oopskeur; want Ek het dit gespreek, spreek die HereHere.

35 Daarom, so sê die HereHere: Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, so dra jy dan ook nou jou skandelike dade en jou hoererye.

36 En dieHerehet vir my gesê: Mensekind,wil jy Ohóla en Ohóliba oordeel? Maak hulle dan hul gruwels bekend.

37 Want hulle het owerspel begaan, endaar is bloed aan hulle hande: met hul drekgode het hulle owerspel begaan en ook hul seuns wat hulle vir My gebaar het, as spysvir hulledeur die vuurlaat deurgaan.

38 Verder het hulle My dít aangedoen:hulle het my heiligdom op dieselfde dag verontreinig enmy sabbatte ontheilig —

39 ashulle hul kinders vir hulle drekgode slag, kom hulle op dieselfde dagna my heiligdom om dit te ontheilig; en kyk,so het hulle gedoen binne-in my huis.

40 Ja, hulle het selfs na manne gestuur wat van ver gekom het — aan wie ’n boodskapper gestuur is, en kyk, hulle het gekom! — vir wie jy jou gewas, jou oë geverf en sierade aangesit het.

41 En jy het gesit op ’n pragtige bed waarvoor ’n tafel reggemaak is en waarjy my reukwerk en my olie op neergesit het;

42 en daarbinne was die stem van ’n sorgelose menigte. En by manne uit die menigte van mense is daar wynsuipers aangebring uit die woestyn; dié het armbande aan hulle hande gesit en ’n pragtige kroon op hulle hoofde.

43 Toe sê Ek: Bedryf die verwelkte nog owerspel? Nou sal haar hoererye self hoerery gaan bedrywe.

44 En hulle het by haar ingegaan soos ’n mens ingaan by ’n hoer; só het hulle ingegaan by Ohóla en Ohóliba, die ontugtige vroue.

45 En regverdige manne,dié sal hulle vonnis volgens die reg van owerspeelsters en volgens die reg van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspeelsters, en bloed is aan hulle hande.

46 Want so sê die HereHere:Laat hulle teen hulle ’n vergadering oproep en hulle tot ’n skrikbeeld maak en ’n plundering.

47 En die vergadering moet hulle stenig en hulle met hul swaarde stukkend kap; hulle seuns en dogters moet hulle doodmaak en hulle huise met vuur verbrand.

48 So sal Ek dan die skandelike dade uit die land laat ophou, dat al die vroue hulle kan laat waarsku om geen skandelikheid te begaan soos julle nie.

49 En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, enjulle sal die sondes van julle drekgode dra;en julle sal weet dat Ek die HereHereis.

ESÉGIËL 24

Laaste woorde teen Jerusalem.

1 ENin die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het die woord vanHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, skrywe vir jou die naam van die dag, van hierdie selfde dag, op. Die koning van Babel het hom hierdie selfde dag op Jerusalem gewerp.

3 Endra aan die wederstrewige huis ’n gelykenis voor en sê vir hulle: So spreek die HereHere:Sit die pot op, sit dit op, en gooi ook water daarin.

4 Sit sy stukke almal daarin, al die goeie stukke, die boud en die blad; maak dit vol met die beste bene.

5 Neem die beste van die kleinvee, en ook ’n stapel hout daaronder; laat dit sterk opborrel; ook moet die bene daarin kook.

6 Daarom, so sê die HereHere: Weedie bloedstad, die pot waar roes in is en waarvan die roes nie afgegaan het nie. Haal stuk vir stuk daaruit;geen lot is daaroor gewerp nie.

7 Wantdie stadse bloed is binne-in hom; op ’n kaal rots het hy dit neergesit; hyhet dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie.

8 Om grimmigheid te verwek, om wraak te neem, het Ek sy bloed op ’n kaal rots neergesit, dat dit nie toegemaak sou word nie.

9 Daarom, so sê die HereHere: Wee die bloedstad! Ék sal ook die houtstapel groot maak.

10 Dra baie hout aan, steek die vuur aan, maak gaar die vleis en roer die sous en laat die bene braai.

11 En laat dit leeg op sy kole staan, dat dit warm kan word en sy koper kan gloei ensy onreinheid kan smelt in hom — sy roes verteer kan word.

12 Dit hetMymet moeite oorlaai, en sy baie roes gaan nie van hom af nie. Sy roesmoetdie vuur in!

13 Oor jou skandelike onreinheid, omdat Ek jou gereinig het en jy nie rein geword het van jou onreinheid nie, sal jy nie meer rein word totdatEk my grimmigheid teen jou tot rus gebring het nie.

14 Ek, dieHere, het dit gespreek; dit kom, en Ek sal dit doen; Ek sal nie ophou nie en sal nie verskoon of berou hê nie; volgens jou wandel en jou handelinge sal hulle jou oordeel, spreek die HereHere.

15 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

16 Mensekind, kyk, Ek neemdie lus van jou oë van jou af weg deur ’n sware slag; nogtans mag jy nie rouklaag of ween nie, en jou trane mag nie kom nie.

17 Sug in stilte;oor die dooies mag jy geen rou bedryf nie;bind jou hoofdoek vir jou om entrek jou skoene aan jou voete;jy mag ook die baard nie bedek nie en die brood wat die mense bring, nie eet nie.

18 Toe het ek die môre met die mense gespreek, en die aand het my vrou gesterwe; en ek het dievolgendemôre gedoen soos dit my beveel was.

19 En die mense het vir my gesê:Sal u ons nie te kenne gee wat dit vir ons beteken dat usomaak nie?

20 Toe het ek hulle geantwoord: Die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

21 Sê aan die huis van Israel: So spreek die HereHere: Kyk,Ek sal my heiligdom ontheilig,die glorie van julle sterkte, die lus van julle oë, die medelyde van julle siel; enjulle seuns en julle dogters wat julle laat agterbly het, sal deur die swaard val.

22 Dan sal julle doen soos ek gedoen het: die baard sal julle nie bedek nie en die brood wat die mense bring, nie eet nie.

23 En jul hoofdoek sal op julle hoofde wees en jul skoene aan julle voete; julle sal nie rouklaag of ween nie, maarwegteer in julle ongeregtighede en sug, die een teen die ander.

24 En Eségiël sal vir julle’n sinnebeeld wees;net soos hy gedoen het, sal julle doen; as dit kom,sal julle weet dat Ek die HereHereis.

25 En wat jou aangaan, mensekind, sekerlik, die dag as Ek hulle vesting van hulle af wegneem, hulle heerlike vreugde, die lus van hulle oë en die verlange van hulle siel, hulle seuns en hulle dogters,

26 op dié dag sal ’n vlugteling na jou toe kom om jou dit te verkondig.

27 Op dié dagsal jou mond geopen word tegelyk met dié van die vlugteling, en jy sal spreek ennie meer stom wees nie. So sal jy dan vir hulle ’n sinnebeeld wees, en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 25

Teen die Ammoniete.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, rig jou aangesigteen die kinders van Ammon, en profeteer teen hulle.

3 En sê aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die HereHere. So spreek die HereHere: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdatdit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het —

4 daarom, kyk, Ek gee jou oor aandie kinders van die Ooste as ’n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.

5 En Ek salRabba ’n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon ’n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek dieHereis.

6 Want so sê die HereHere: Omdat jy in die hand geklap en met die voet gestamp het en bly was met volle veragting in die siel oor die land van Israel —

7 daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jouas buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek dieHereis.

Teen die Moabiete.

8 SO spreek die HereHere: OmdatMoab enSeïr sê: Kyk, die huis van Juda is soos al die nasies —

9 daarom, kyk, Ek maak die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, sonder sy stede in sy hele gebied, die sieraad van die land:Bet-Jésimot,Baäl-Méon en totKirjatáim toe;

10 aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.

11 Ek sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

Teen die Edomiete.

12 SO sê die HereHere:Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het —

13 daarom, so sê die HereHere: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak vanTeman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.

14 EnEk sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die HereHere.

Teen die Filistyne.

15 SO sê die HereHere: Omdatdie Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap —

16 daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en saldie Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.

17 En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek dieHereis as Ek my wraak oor hulle bring.

ESÉGIËL 26

Teen Tirus.

1 EN in die elfde jaar, op die eerste van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind,omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai; ék sal vol word, dit is verwoes —

3 daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laatbaie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek.

4 Húlle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom’n kaal rots maak.

5 Hy salbinne-in die see’n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die HereHere; en hy sal ’n buit vir die nasies wees.

6 Ensy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

7 Want so sê die HereHere:Kyk, Ek laat Nebukadrésar, die koning van Babel,die koning van die konings,van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en ’n menigte en baie mense.

8 Hy saljou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en ’n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig.

9 En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek.

10 Vanweë die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou oordek; jou mure sal bewe vanweë die gedruis van ruiters en wiele en strydwaens as hy deur jou poorte intrek, soos ’n mens indring in ’n stad wat oopgebreek is.

11 Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val.

12 En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger.

13 En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie.

14 Ja, Ek sal jou ’n kaal rots maak, ’n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, dieHere, het dit gesê, spreek die HereHere.

15 So sê die HereHereaan Tirus: Sal die kuslande niebewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle ’n moord in jou aanrig nie?

16 Dansal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees.

17 En hulle sal ’n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seë, hoog geroemde stad;wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners,wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners.

18 Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde.

19 Want so sê die HereHere: As Ek jou ’n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie;as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;

20 dansal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.

21 Maarjou sal Ek tot ’n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 27

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Maar jy, mensekind, hef ’n klaaglied oor Tirus aan,

3 en sê aan Tirus, wat woon by die ingange van die see, wat handel drywe met die volke na baie kuslande toe: So spreek die HereHere:oTirus, jy sê:Ek is volmaak in skoonheid.

4 In die hart van die seë is jou gebied; jou boumeesters het jou skoonheid volkome gemaak.

5 Van sipresse uitSenir het hulle vir jou al die plankwerk gebou; ’n seder uit Líbanon het hulle geneem om op jou ’n mas te maak.

6 Van eikebome uit Basan het hulle jou roeispane gemaak; jou dek het hulle gemaak uit ivoor,ingelêin dennehout uitdie kuslande van die Kittiërs.

7 Veelkleurige fyn linne uit Egipte wasjou seil, om vir jou as vlag te dien; pers en purper stowwe uit die kuslande vanElísa was jou hutbedekking.

8 Die inwoners van Sidon en Arwad was jou roeiers; jou wyse manne was in jou, o Tirus, hulle was jou stuurmanne.

9 Die oudstes vanGebal en sy wyse manne was in jou om jou lekplekke reg te maak; al die skepe van die see en hulle seevaarders was in jou om jou koopware te verhandel.

10 Perse enLudiete en Putéërs was in jou leër, jou krygsmanne; skild en helm het hulle in jou opgehang; hulle het aan jou glans gegee.

11 Die kinders van Arwad en jou leër was op jou mure rondom, en die Gammadiete was op jou torings; hul skilde het hulle aan jou mure rondom gehang; hulle het jou skoonheid volkome gemaak.

12 Tarsis het handel gedrywe met jou weens die menigte van allerhande goed: silwer, yster, tin en lood het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.

13 Jawan, Tubal en Meseg, hulle was jou koopmans; slawe en kopergoed het hulle as koopware aan jou gelewer.

14 Uit die huis vanTogárma het hulle perde en ryperde en muilesels as handelsware aan jou gelewer.

15 Die kinders vanDedan was jou koopmans, baie kuslande die handelsgebied wat tot jou beskikking gestaan het; olifantstande en ebbehout het hulle aan jou as betaling gebring.

16 Aram het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke: karbonkel, purper en veelkleurige stowwe en fyn linne en korale en robyne het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.

17 Juda en die land Israel, hulle was jou koopmans; koring vanMinnit en meel en heuning en olie en balsem het hulle as koopware aan jou gelewer.

18 Damaskus het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke, weens die menigte van allerhande goed: wyn van Helbon en wit wol.

19 Wedan en Jawan het uit Usal aan jou smee-yster as handelsartikel gelewer;kassie en kalmoes was onder jou koopware.

20 Dedan het met jou handel gedrywe in saalkleedjies om op te ry.

21 Arabië en al die vorste van Kedar, hulle was die koopmans wat tot jou beskikking gestaan het; lammers en ramme en bokke — daarin het hulle met jou handel gedrywe.

22 Die koopmans van Skeba en Raëma, hulle was jou koopmans; die fynste van allerhande speserye en allerhande edelgesteentes en goud het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.

23 Haran en Kanne en Eden, die koopmans van Skeba, AssurenKilmad het met jou handel gedrywe.

24 Hulle was jou koopmans in pragtige klerasie, in mantels van pers stof en veelkleurige goed en in bont geweefde tapyte, in gevlegte en gedraaide toue, op jou mark.

25 Die skepe van Tarsis het jou koopware vir jou aangevoer, sodat jy vol en baie heerlik geword het in die hart van die seë.

26 Die wat jou geroei het, het jou op groot waters gebring; die Oostewind het jou verbreek in die hart van die seë.

27 Jou goed en jou handelsartikels, jou koopware, jou seevaarders en jou stuurmanne, die wat jou lekplekke reggemaak het en die wat jou koopware verhandel het, en al jou krygsmanne wat in jou is, saam met jou hele menigte wat in jou is — hulle sal val in die hart van die seë op die dag van jou val.

28 Van die harde geskreeu van jou stuurmanne sal die oop velde bewe.

29 En almal wat die roeispaan hanteer, sal van hulle skepe afklim; die seevaarders, al die stuurmanne van die see, sal op die land gaan staan.

30 En hulle sal hul stem oor jou laat hoor en bitterlik skreeu; en hulle sal stof op hul hoofde gooi, hulle wentel in die as.

31 En hulle salom jou ontwil ’n kaal plek skeer en rouklere aangord en oor jou ween met bitterheid van siel, in ’n bitter rouklag.

32 En hulle sal in hul weeklag oor jou ’n klaaglied aanhef en oor jou sing: Wie was soos Tirus, die doodstille daar in die see?

33 Toe jou handelsware uit die see voortgekom het, het jy baie volke versadig; met die menigte van jou goed en jou koopware het jy die konings van die aarde ryk gemaak.

34 Nou isjy verbreek van die see af in die dieptes van die waters; jou koopware en jou hele menigte het saam met jou weggesink.

35 Al die inwoners van die kuslande staan verbaas oor jou, en hulle konings huiwer van skrik, met donker aangesigte.

36 Die handelaars onder die volke spot oor jou; jy het ’n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

ESÉGIËL 28

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die HereHere: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ’n god, ek bewoon ’n godewoningin die hart van die seë —terwyl jy tog ’n mens is en geen god nie — en jou hart gemaak het soos die hart van ’n god;

3 kyk,jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!

4 Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;

5 deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;

6 daarom, so sê die HereHere: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ’n god,

7 daarom, kyk, Ek bringvreemdes oor jou,die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.

8 In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.

9 Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ’n god! — terwyl jy tog ’n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?

10 Jy sal die dood vanonbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die HereHere.

11 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

12 Mensekind,hef ’n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die HereHere: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid envolmaak in skoonheid.

13 Jy was inEden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.

14 Jy was’n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op’n heilige berg; ’n god was jy; jy het gewandel tussenvurige gesteentes.

15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.

16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!

17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.

18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daaromhet Ek ’n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ’n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

Teen Sidon.

20 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

21 Mensekind, rig jou aangesigteen Sidon en profeteer teen hom

22 en sê: So spreek die HereHere: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek dieHereis as Ek in hom strafgerigte voltrek en Myin hom as die Heilige laat ken.

23 En Ek saldie pes in hom stuur en bloed op sy strate, en die gewondes sal in hom val deur die swaard wat teen hom is van alle kante, en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

24 Endaar sal vir die huis van Israelgeen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die HereHereis.

25 So sê die HereHere:As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies,dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.

26 Enhulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek dieHerehulle God is.

ESÉGIËL 29

Teen Egipte.

1 IN die tiende jaar, in die tiendemaand,op die twaalfde van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, rig jou aangesig teen Farao, die koning van Egipte, en profeteer teen hom enteen die hele Egipte.

3 Spreek en sê: So spreek die HereHere: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou grootdraak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.

4 MaarEk sal hake in jou kakebene slaan en die visse van jou strome aan jou skubbe laat klewe; en Ek sal jou uit jou strome optrek, saam met al die visse van jou strome wat aan jou skubbe klewe.

5 En Ek sal jou wegwerp in die woestyn, jou en al die visse van jou strome; op die oop veld sal jy val;jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie; aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel gee Ek jou as voedsel.

6 En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek dieHereis, omdat hullevir die huis van Israel ’n rietstok is —

7 asIsraeljou met die hand aanvat, knak jy en skeur hulle hele skouer oop; en as hulle op jou leun, dan breek jy en laat al hulle lendene wankel.

8 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek bring die swaard oor jou en sal mens en dier uit jou uitroei.

9 En Egipteland sal ’n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek dieHereis. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak —

10 daarom, kyk, Ek het dit teen jou en teen jou strome; enEk sal Egipteland ’n volkome puinhoop maak, ’n wildernis van Migdol af tot by Siëne, en tot by die grens van Kus.

11 Geen mens se voet sal daar deurgaan nie, en geen dier se poot sal daar deurgaan nie, en dit sal veertig jaar lank onbewoond wees.

12 En Ek sal Egipteland’n wildernis maak tussen verwoeste lande in, en sy stede sal ’n wildernis wees tussen verwoeste stede in, veertig jaar lank;en Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.

13 Want so sê die HereHere: Aan die einde van veertig jaarsal Ek die Egiptenaars versamel uit die volke waarheen hulle verstrooi was.

14 En Ek sal die lot van die Egiptenaars verander en hulle laat teruggaan na die landPatros, na die land van hulle oorsprong; en daar sal hulle ’n koninkryk van geringe betekenis wees.

15 En dit sal geringer wees as die ander koninkryke en hom nie meer bo die nasies verhef nie; en Ek sal hulle klein maak, sodat hulle nie heers oor die nasies nie.

16 En dit sal vir die huis van Israelgeen voorwerp van vertroue meer wees, wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring asIsraelomdraai agter hulle aan nie; en hulle sal weet dat Ek die HereHereis.

17 En in die sewen-en-twintigste jaar, in die eerstemaand,op die eerste van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

18 Mensekind,Nebukadrésar, die koning van Babel,het sy leër ’n swaar diens teen Tirus laat verrig: elke hoof het kaal geword en elke skouer is seer geskaaf. Maar hy en ook sy leër het van Tirus geen loon ontvang vir die krygsdiens wat hy daarteen verrig het nie.

19 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ekgee Egipteland aan Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal die rykdom daarvan wegdra en die buit daarvan buitmaak en die roof daarvan rowe, en dit sal die loon vir sy leër wees.

20 As sy arbeidsloon waar hy voor gedien het, gee Ek hom Egipteland, omdat hulle vir My gewerk het, spreek die HereHere.

21 In dié dagsal Ek vir die huis van Israel ’n horing laat uitspruit, en Ek sal vir jouopening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 30

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, profeteer en sê: So spreek die HereHere: Huil julle! Ag, die dag!

3 Wantnaby is ’n dag, ja, naby is ’n dag van dieHere, ’n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.

4 Dan sal ’n swaard in Egipte kom, en daar sal angs in Kus wees as die wat verslaan is, val in Egipte, enas hulle sy rykdom wegneem en sy fondamente afgebreek word.

5 Kus en Putéërs en Ludiete endie hele gemengde bevolking en Kub en die kinders van die daarmee verbonde land sal saam met hulle val deur die swaard.

6 So sê dieHere: Ja, hulle sal val wat Egipte ondersteun, en sy trotse mag sal wegsink; van Migdol af tot by Siëne sal hulle daarin val deur die swaard, spreek die HereHere.

7 En dit sal verwoes wees tussen die verwoeste lande in,en sy stede sal wees tussen die verwoeste stede in.

8 En hulle sal weet dat Ek dieHereis, as Ek ’n vuur werp in Egipte en al sy helpers verbreek word.

9 In dié dag sal daar boodskappers voor My uit wegvaar in skepe om die sorgelose Kus te verskrik; en dan sal daar angs onder hulle wees soos in die dag van Egipte. Want kyk, dit kom!

10 So sê die HereHere: Ja,Ek sal aan die menigte van Egipte ’n einde maak deur die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel.

11 Hy en sy volk saam met hom,die geweldigste nasies, word aangevoer om die land te verwoes; en hulle sal hul swaarde teen Egipte uittrek en die land vul met gesneuweldes.

12 En Ek sal die strome droë grond maak en die land verkoop in die hand van kwaaddoeners en die land met sy volheid verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, dieHere, het dit gespreek.

13 So sê die HereHere:Ek sal ook die drekgode vernietig en die afgode laat verdwyn uitNof, en daar sal geen vors meer wees uit Egipteland nie; en Ek sal vrees in Egipteland verwek.

14 En Ek salPatros verwoes en ’n vuur werp in Soan en strafgerigte voltrek inNo.

15 En Ek sal my grimmigheid uitgiet oor Sin, die vesting van Egipte; en Ek sal die menigte vanNo uitroei.

16 En Ek sal ’n vuur werp in Egipte: Sin sal bewe van angs, en No sal oopgebreek word, en Nof — vyande oordag!

17 Die jongmanne van On en Pi-Beset sal deur die swaard val, maar hulle self sal in gevangenskap gaan.

18 En inTagpánhes word die dag duister as Ek daar die jukke van Egipte verbreek, en sy trotse mag daarin sal ophou; ’n wolk sal dit oordek, en sy dogters sal in gevangenskap gaan.

19 So sal Ek dan strafgerigte voltrek in Egipte; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

20 En in die elfde jaar, in die eerstemaand,op die sewende van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

21 Mensekind,Ek het die arm van Farao, die koning van Egipte, gebreek; en kyk, dit is nie verbind tot genesing of geswagtel tot verbinding, dat dit sterk kan word om die swaard te vat nie.

22 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek het dit teen Farao, die koning van Egipte! En Ek sal sy arms verbreek, die sterk een en die gebreekte een, en sal die swaard uit sy hand laat val.

23 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.

24 EnEk sal die arms van die koning van Babel versterk en my swaard in sy hand gee, maar Farao se arms sal Ek breek, sodat hy voor hom sal kerm soos ’n dodelike gewonde man kerm.

25 Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek dieHereis as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipteland.

26 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande. So sal hulle dan weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 31

1 EN in die elfde jaar, in die derdemaand,op die eerste van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, sê aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy menigte: Na wie lyk jy in jou grootheid?

3 Kyk, Assur was ’n seder op die Líbanon, skoon van takke en ’n skadurykebos en hoog van groei; en sy top was tussen die wolke.

4 Waters het hom grootgemaak; die watervloed het hom hoog laat groei, wat met sy strome gegaan het rondom die plek waar hy geplant was, en sy watervore uitgestuur het na al die bome van die veld.

5 Daaromhet hy hoër gegroei as al die bome van die veld, en het sy takke baie geword en sy takkies lank, weens die groot waters toe hy uitgeskiet het.

6 Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke, en al die wilde diere van die veld het onder sy takkies aangeteel, en allerhande groot volke het onder sy skaduwee gaan sit.

7 En hy het skoon geword in sy grootheid, in die lengte van sy takke, omdat sy wortel by groot waters was.

8 Seders het nie naby hom gekom in die tuin van God nie, sipresse was nie soos sy takke nie, en platane het nie gehaal by sy takwerk nie: geen boomin die tuin van God was met hom te vergelyk in sy skoonheid nie.

9 Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.

10 Daarom, so het die HereHeregesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het enhoogmoedig geword het oor sy hoogte,

11 sal Ek hom oorgee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal sekerlik met hom handel; vanweë sy goddeloosheid het Ek hom uitgedrywe.

12 Vreemdes,die geweldigste nasies, het hom afgekap en hom neergewerp; op die berge en in al die dale het sy takke geval, en sy takkies is stukkend gebreek in al die klowe van die land; en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom so laat lê.

13 Al die voëls van die hemel het gaan sit op sy omgevalle stam, en al die wilde diere van die veld was op sy takkies;

14 sodat al die bome wat by water staan, nie hoog sou groei en hulle top nie sou verhef tussen die wolke nie, en hulle magtiges nie sou gaan staan in hulle hoogheid, almal wat water drink nie! Want hulle is almal oorgegee aan die doodom te gaanna die onderste van die aarde, onder die mensekinders, na die wat in die kuil neerdaal.

15 So sê die HereHere: Op die dag toe hy na die doderyk neergedaal het, het Ek laat treur: Ek het om sy ontwil die watervloed oordek en die strome daarvan teruggehou, sodat die groot waters gestuit is; en Ek het om sy ontwil die Líbanon in swart gehul, en al die bome van die veld het gesmag om sy ontwil.

16 Deur die geluid van sy val het Ek die nasies laat bewe, toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal; enal die bome van Eden, die uitgesoektes en bestes van die Líbanon, almal waterdrinkers,het hulleself getroos in die onderste van die aarde.

17 Hulle het ook saam met hom neergedaal na die doderyk, na die wat verslaan is deur die swaard, ook sy helpers wat in sy skaduwee gesit het onder die nasies.

18 Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussendie onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard. Dit is Farao en sy hele menigte, spreek die HereHere.