ESÉGIËL 30

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, profeteer en sê: So spreek die HereHere: Huil julle! Ag, die dag!

3 Wantnaby is ’n dag, ja, naby is ’n dag van dieHere, ’n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.

4 Dan sal ’n swaard in Egipte kom, en daar sal angs in Kus wees as die wat verslaan is, val in Egipte, enas hulle sy rykdom wegneem en sy fondamente afgebreek word.

5 Kus en Putéërs en Ludiete endie hele gemengde bevolking en Kub en die kinders van die daarmee verbonde land sal saam met hulle val deur die swaard.

6 So sê dieHere: Ja, hulle sal val wat Egipte ondersteun, en sy trotse mag sal wegsink; van Migdol af tot by Siëne sal hulle daarin val deur die swaard, spreek die HereHere.

7 En dit sal verwoes wees tussen die verwoeste lande in,en sy stede sal wees tussen die verwoeste stede in.

8 En hulle sal weet dat Ek dieHereis, as Ek ’n vuur werp in Egipte en al sy helpers verbreek word.

9 In dié dag sal daar boodskappers voor My uit wegvaar in skepe om die sorgelose Kus te verskrik; en dan sal daar angs onder hulle wees soos in die dag van Egipte. Want kyk, dit kom!

10 So sê die HereHere: Ja,Ek sal aan die menigte van Egipte ’n einde maak deur die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel.

11 Hy en sy volk saam met hom,die geweldigste nasies, word aangevoer om die land te verwoes; en hulle sal hul swaarde teen Egipte uittrek en die land vul met gesneuweldes.

12 En Ek sal die strome droë grond maak en die land verkoop in die hand van kwaaddoeners en die land met sy volheid verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, dieHere, het dit gespreek.

13 So sê die HereHere:Ek sal ook die drekgode vernietig en die afgode laat verdwyn uitNof, en daar sal geen vors meer wees uit Egipteland nie; en Ek sal vrees in Egipteland verwek.

14 En Ek salPatros verwoes en ’n vuur werp in Soan en strafgerigte voltrek inNo.

15 En Ek sal my grimmigheid uitgiet oor Sin, die vesting van Egipte; en Ek sal die menigte vanNo uitroei.

16 En Ek sal ’n vuur werp in Egipte: Sin sal bewe van angs, en No sal oopgebreek word, en Nof — vyande oordag!

17 Die jongmanne van On en Pi-Beset sal deur die swaard val, maar hulle self sal in gevangenskap gaan.

18 En inTagpánhes word die dag duister as Ek daar die jukke van Egipte verbreek, en sy trotse mag daarin sal ophou; ’n wolk sal dit oordek, en sy dogters sal in gevangenskap gaan.

19 So sal Ek dan strafgerigte voltrek in Egipte; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

20 En in die elfde jaar, in die eerstemaand,op die sewende van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

21 Mensekind,Ek het die arm van Farao, die koning van Egipte, gebreek; en kyk, dit is nie verbind tot genesing of geswagtel tot verbinding, dat dit sterk kan word om die swaard te vat nie.

22 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek het dit teen Farao, die koning van Egipte! En Ek sal sy arms verbreek, die sterk een en die gebreekte een, en sal die swaard uit sy hand laat val.

23 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.

24 EnEk sal die arms van die koning van Babel versterk en my swaard in sy hand gee, maar Farao se arms sal Ek breek, sodat hy voor hom sal kerm soos ’n dodelike gewonde man kerm.

25 Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek dieHereis as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipteland.

26 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande. So sal hulle dan weet dat Ek dieHereis.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × 1 =