ESÉGIËL 29

Teen Egipte.

1 IN die tiende jaar, in die tiendemaand,op die twaalfde van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, rig jou aangesig teen Farao, die koning van Egipte, en profeteer teen hom enteen die hele Egipte.

3 Spreek en sê: So spreek die HereHere: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou grootdraak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.

4 MaarEk sal hake in jou kakebene slaan en die visse van jou strome aan jou skubbe laat klewe; en Ek sal jou uit jou strome optrek, saam met al die visse van jou strome wat aan jou skubbe klewe.

5 En Ek sal jou wegwerp in die woestyn, jou en al die visse van jou strome; op die oop veld sal jy val;jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie; aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel gee Ek jou as voedsel.

6 En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek dieHereis, omdat hullevir die huis van Israel ’n rietstok is —

7 asIsraeljou met die hand aanvat, knak jy en skeur hulle hele skouer oop; en as hulle op jou leun, dan breek jy en laat al hulle lendene wankel.

8 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek bring die swaard oor jou en sal mens en dier uit jou uitroei.

9 En Egipteland sal ’n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek dieHereis. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak —

10 daarom, kyk, Ek het dit teen jou en teen jou strome; enEk sal Egipteland ’n volkome puinhoop maak, ’n wildernis van Migdol af tot by Siëne, en tot by die grens van Kus.

11 Geen mens se voet sal daar deurgaan nie, en geen dier se poot sal daar deurgaan nie, en dit sal veertig jaar lank onbewoond wees.

12 En Ek sal Egipteland’n wildernis maak tussen verwoeste lande in, en sy stede sal ’n wildernis wees tussen verwoeste stede in, veertig jaar lank;en Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.

13 Want so sê die HereHere: Aan die einde van veertig jaarsal Ek die Egiptenaars versamel uit die volke waarheen hulle verstrooi was.

14 En Ek sal die lot van die Egiptenaars verander en hulle laat teruggaan na die landPatros, na die land van hulle oorsprong; en daar sal hulle ’n koninkryk van geringe betekenis wees.

15 En dit sal geringer wees as die ander koninkryke en hom nie meer bo die nasies verhef nie; en Ek sal hulle klein maak, sodat hulle nie heers oor die nasies nie.

16 En dit sal vir die huis van Israelgeen voorwerp van vertroue meer wees, wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring asIsraelomdraai agter hulle aan nie; en hulle sal weet dat Ek die HereHereis.

17 En in die sewen-en-twintigste jaar, in die eerstemaand,op die eerste van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

18 Mensekind,Nebukadrésar, die koning van Babel,het sy leër ’n swaar diens teen Tirus laat verrig: elke hoof het kaal geword en elke skouer is seer geskaaf. Maar hy en ook sy leër het van Tirus geen loon ontvang vir die krygsdiens wat hy daarteen verrig het nie.

19 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ekgee Egipteland aan Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal die rykdom daarvan wegdra en die buit daarvan buitmaak en die roof daarvan rowe, en dit sal die loon vir sy leër wees.

20 As sy arbeidsloon waar hy voor gedien het, gee Ek hom Egipteland, omdat hulle vir My gewerk het, spreek die HereHere.

21 In dié dagsal Ek vir die huis van Israel ’n horing laat uitspruit, en Ek sal vir jouopening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

15 + nineteen =