ESÉGIËL 25

Teen die Ammoniete.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, rig jou aangesigteen die kinders van Ammon, en profeteer teen hulle.

3 En sê aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die HereHere. So spreek die HereHere: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdatdit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het —

4 daarom, kyk, Ek gee jou oor aandie kinders van die Ooste as ’n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.

5 En Ek salRabba ’n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon ’n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek dieHereis.

6 Want so sê die HereHere: Omdat jy in die hand geklap en met die voet gestamp het en bly was met volle veragting in die siel oor die land van Israel —

7 daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jouas buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek dieHereis.

Teen die Moabiete.

8 SO spreek die HereHere: OmdatMoab enSeïr sê: Kyk, die huis van Juda is soos al die nasies —

9 daarom, kyk, Ek maak die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, sonder sy stede in sy hele gebied, die sieraad van die land:Bet-Jésimot,Baäl-Méon en totKirjatáim toe;

10 aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.

11 Ek sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

Teen die Edomiete.

12 SO sê die HereHere:Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het —

13 daarom, so sê die HereHere: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak vanTeman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.

14 EnEk sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die HereHere.

Teen die Filistyne.

15 SO sê die HereHere: Omdatdie Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap —

16 daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en saldie Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.

17 En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek dieHereis as Ek my wraak oor hulle bring.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two − one =