ESÉGIËL 12

Die opening in die muur. Die gevangenskap en verstrooiing.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, jy woon ondermense vandie wederstrewige huis,wat oë het om te sien, maar nie sien nie; ore het om te hoor, maar nie hoor nie, want hulle is ’n wederstrewige huis.

3 Maar jy, mensekind, maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, en gaan oordag in ballingskap voor hulle oë; vertrek soos ’n balling voor hulle oë, van jou woonplek af na ’n ander plek toe — miskien sal hulle dit sien, want hulle is ’n wederstrewige huis.

4 En jy moet jou goed oordag uitbring voor hulle oë soos die goed wat vir ’n ballingskap nodig is; maar self moet jy in die aand uitgaan voor hulle oë soos die wat in ballingskap uitgaan.

5 Breek vir jou ’n gat in die muur voor hulle oë, en bring dit daardeur uit.

6 Voor hulle oë moet jy dit op die skouer dra, in die pikdonker moet jy dit uitbring; jou aangesig moet jy bedek, sodat jy die land nie sien nie;want Ek maak jou tot ’n sinnebeeld vir die huis van Israel.

7 Ek het toe gedoen soos my beveel is: ek het my goed oordag uitgebring soos die goed wat vir ’n ballingskap nodig is; en in die aand het ek met my hand vir my ’n gat in die muur gebreek; in die pikdonker het ek dit uitgebring, dit op die skouer voor hulle oë gedra.

8 Toe kom die woord van dieHeretot my in die môre en sê:

9 Mensekind, het die huis van Israel, die wederstrewige huis, nie vir jou gesê:Wat maak jy daar nie?

10 Sê vir hulle: So spreek die HereHere: Hierdielassien opdie vors in Jerusalem en die hele huis van Israel wat onder hulle woon.

11 Sê: Ek is julle sinnebeeld;soos ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word: in ballingskap, in gevangenskap sal hulle gaan.

12 En die vors wat onder hulle is, saldie goedop die skouer dra, in die pikdonker, en hy sal uitgaan; hulle sal ’n gat in die muur breek om daardeur uit te bring; hy sal sy aangesig bedek, omdat hy self die land met die oog nie sal sien nie.

13 En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Eksal hom na Babel, na die land van die Chaldeërs bring;maar hy sal dit nie sien nie,en daar sal hy sterwe.

14 En almal wat rondom hom is,sy hulp, en al sy leërs sal Ek na al die windstreke verstrooi endie swaard agter hulle uittrek.

15 Dan sal hulle weet dat Ek dieHereis, as Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi;

16 maar Ek sal van hulle ’n klein klompie laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al húlle gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en dié sal weet dat Ek dieHereis.

17 Daarna het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

18 Mensekind, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en kommer drink.

19 En jy moet aan die mense van die land sê: So spreek die HereHereaangaande die inwoners van Jerusalem, in die land Israel: Hulle sal hul brood met kommer eet en hul water in stomme smart drink, sodat hulle land, van sy volheid beroof, woes sal lêvanweë die geweldpleging van almal wat daarin woon.

20 En die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal ’n wildernis wees; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

Profesie teen die valse profete.

21 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

22 Mensekind, wat is dit vir ’n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik:Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie.

23 Daarom, sê vir hulle: So spreek die HereHere: Ek maak ’n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig.

24 Wantdaar sal geenbedrieglike gesig of vleiende waarsêery in die huis van Israel meer wees nie.

25 Want Ek, dieHere, Ek sal spreek —wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur; dit sal nie meer uitgestel word nie. Want in julle dae, o wederstrewige huis, sal Ek ’n woord spreek en dit uitvoer ook, spreek die HereHere.

26 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

27 Mensekind, kyk, die huis van Israel sê:Die gesig wat hy sien, is vir baie dae, en hy profeteer van tye wat ver is.

28 Daarom, sê vir hulle: So spreek die HereHere: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 13

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van dieHere!

3 So spreek die HereHere: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel enagterdinge wat hulle nie gesien het nie.

4 Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope.

5 Julle hetin die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van dieHerenie.

6 Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: DieHerehet gespreek — terwyl dieHerehulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!

7 Het julle nie ’n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek niedeurdat julle sê: DieHerespreek, terwyl Ék nie gespreek het nie?

8 Daarom, so spreek die HereHere: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die HereHere.

9 En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nieen in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die HereHereis.

10 Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê:Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en asdie volk’n muur bou, kyk, danbepleister hulle dit met los kalk;

11 sê vir hulle wat met los kalk pleister, dat dit sal afval; daar sal ’n oorstromende stortreën kom; en julle, haelstene, sal val en ’n stormwind sal losbreek.

12 En kyk, daar val die muur! Sal dan nie vir julle gesê word: Waar is die pleister waarmee julle gepleister het nie?

13 Daarom, so spreek die HereHere: Ja, Ek sal ’n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal ’n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.

14 En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan saldie stadval, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

15 En Ek sal my grimmigheid laat uitwoed teen die muur en teen hulle wat dit met los kalk gepleister het; en Ek sal vir julle sê: Weg is die muur! En weg is hulle wat dit gepleister het,

16 naamlikdie profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die HereHere.

17 En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle

18 en sê: So spreek die HereHere: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?

19 En julle ontheilig My by my volk vir’n paarhande vol gars envir’n paarstukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.

20 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.

21 Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer ’n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

22 Omdatjulle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het — terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie — en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer, om hom in die lewe te hou nie;

23 daaromsal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 14

Straf oor die afgodsdienaars.

1 DAAROPhet manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit.

2 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem endie struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit —sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die HereHere: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom — Ek, dieHere, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee;

5 sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het.

6 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die HereHere: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al julle gruwels.

7 Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg — hom sal Ek, dieHere, self antwoord gee.

8 Ek sal my aangesig rig teen dié man en homtot ’n teken en ’n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

9 En as die profeet hom laat verlei om ’n woord te spreek —Ek, dieHere, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.

10 En hulle moet hul ongeregtigheid dra: soos die ongeregtigheid van die vraer, so sal die ongeregtigheid van die profeet wees;

11 sodat die huis van Israel nie meer agter My wegdwaal nie en hulle nie meer verontreinig met al hul oortredinge nie.Dan sal hulle vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees, spreek dieHere.

Regverdigheid van die kastydinge van God.

12 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

13 Mensekind, as ’n land teen My sondig deur troubreuk te begaan, en Ek my hand daarteen uitstrek endie staf van die brood daarvan verbreek en ’n hongersnood daarin stuur, en Ek daaruit mens en dier uitroei —

14 al was hierdie drie manne,Noag,Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheidnethulle eie siel red, spreek die HereHere.

15 As Ek wilde diere in die land laat rondswerf, dat hulle dit kinderloos maak en dit ’n wildernis word, sodat niemand daar deurgaan vanweë die wilde diere nie —

16 al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die HereHere, hulle sou geen seuns of dogters red nie; net hulle sou gered word, maar die land sou ’n wildernis wees.

17 Of asEk die swaard bring oor daardie land en sê: Laat die swaard deur die land trek! en Ek daaruit mens en dier uitroei —

18 al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die HereHere, hulle sou geen seuns of dogters red nie, maar net hulle sou gered word.

19 Of as Ek pes in daardie land stuur en my grimmigheid daaroor uitgiet in bloed, om daaruit mens en dier uit te roei —

20 al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die HereHere, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sounethulle eie siel deur hul geregtigheid red.

21 Want so sê die HereHere: Hoeveel te meer as Ek my vier kwaai gerigte,swaard en hongersnood en wilde diere en pes, op Jerusalem afstuur om daaruit mens en dier uit te roei!

22 Maar kyk,daarin sal oorbly wat ontvlug, wat uitgebring word, seuns en dogters; kyk, hulle kom uit na julle toe, dat julle hulle weg en hulle handelinge kan sien, en julle getroos kan word oor die onheil wat Ek oor Jerusalem gebring het, oor alles wat Ek daaroor gebring het.

23 Ja hulle sal julle troos as julle hulle weg en hulle handelinge sien; en julle sal weet dat Ek nie tevergeefs alles gedoen het wat Ek daarin gedoen het nie, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 15

Die nuttelose hout.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout — die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?

3 Word daar hout van geneem om vir ’n stuk werk te gebruik? Of neem ’n mens daar ’n pen van om allerhande goed aan op te hang?

4 Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir ’n stuk werk?

5 Kyk, toe dit heel was, kon daar niks van gemaak word nie; hoeveel minder, as die vuur dit verteer het en dit geskroei is, sal daar dan nog iets van gemaak kan word.

6 Daarom, so sê die HereHere:Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:

7 Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer;en julle sal weet dat Ek dieHereis as Ek my aangesig teen hulle rig

8 en die land ’n wildernis maak, omdat hulle troubreuk begaan het, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 16

Die hoer; afskuwelikhede van Jerusalem.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, maak aan Jerusalem sy gruwels bekend

3 en sê: So spreek die HereHeretot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land van die Kanaäniete; jou vader was ’nAmoriet en jou moeder ’nHetitiese vrou.

4 En wat jou geboorte aangaan —die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie.

5 Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is.

6 En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

7 Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak! En jy het gegroei en groot geword en die hoogste bloei bereik;jouborste het styf geword, en jou hare het gegroei, maar jy was naak en bloot.

8 En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde.Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou ’n verbond aangegaan, spreek die HereHere,en jy het myne geword.

9 Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel enjou met olie gesalf.

10 Ook het Ek jou beklee metveelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy.

11 Verder het Ek jou met sierade versier enarmbande aan jou hande gesit en’n ketting om jou hals.

12 En Ek het ’n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en’n pragtige kroon op jou hoof.

13 Ja, jy het jou versier met goud en silwer, en jou klere was fyn linne en sy en veelkleurige stowwe; jy het fynmeel en heuning en olie geëet,en jy was buitengewoon mooi en so voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het.

14 Daarby het daar ’n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die HereHere.

15 Maar jy het vertrou op jou skoonheid engehoereer vanweë jou naam; en jy het jou hoererye uitgestort op elkeen wat verbygegaan het, dat dit syne sou wees.

16 En jy het van jou klere geneem en vir jou kleurige hoogtes gemaak en op hulle gehoereer — dinge wat nie voorgekom het nie en nie moet wees nie.

17 Daarby het jy jou versiersels uit my goud en my silwer geneem wat Ek jou gegee het, en jy het vir jou beelde van manne gemaak en daarmee gehoereer.

18 En jy het jou veelkleurige klere geneem en diébeeldeomhul; jy het ook my olie en my reukwerk voor hulle neergesit.

19 En my brood wat Ek jou gegee het — fynmeel en olie en heuning waarmee Ek jou gespysig het — dit het jy voor hulle neergesit as ’n lieflike reuk; ja, so was dit, spreek die HereHere.

20 Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het,en dié aan hulle geoffer om verteer te word. Was dit nie genoeg met jou hoererye nie,

21 dat jy my kinders geslag en dié oorgegee het deurdat jy hulle vir hulle deurdie vuurlaat gaan het?

22 Ook het jy by al jou gruwels en jou hoererye nie gedink aan die dae van jou jeug nie, toe jy naak en bloot was en gelê enspartel het in jou bloed.

23 En ná al jou boosheid — wee, wee jou! spreek die HereHere—

24 het jy vir jou ’n verwulf gebou envir jou ’n hoogte gemaak op elke plein;

25 by elke uitdraaiplek het jy jou hoogte gebou en jou skoonheid geskend en jou sonder skaamte aangebied aan elkeen wat verbygaan, en jy het jou hoererye vermenigvuldig.

26 Jy het ook gehoereer metdie kinders van Egipte, jou baie sinlike nabure; en jy het jou hoerery vermenigvuldig om My te terg.

27 En kyk, Ek het my hand teen jou uitgestrek en die vir jou bestemde deel verminder; en Ek het jou oorgegee aan die hebsug van die wat jou haat, die dogters van die Filistyne wat hulle geskaam het oor jou ontugtige wandel.

28 Verder het jy gehoereer metdie kinders van Assur, omdat jy nie bevredig was nie; ja, jy het met hulle gehoereer en is tog nie bevredig nie.

29 En jy het jou hoerery vermenigvuldig na die koopmansland, naChaldéa; en ook daarmee is jy nie bevredig nie.

30 Hoe smagtend is jou hart, spreek die HereHere, dat jy al hierdie dinge gedoen het, die werk van ’n onbeskaamde hoer;

31 dat jy jou verwulf by elke uitdraaiplek gebou enjou hoogte op elke plein gemaak het! Maar jy was nie eens soos ’n hoer nie, deurdat jy hoereloon gering geag het.

32 oDie vrou wat owerspel bedrywe! Terwyl sy onder haar man staan, het sy vreemdes aangeneem.

33 Hulle gee geskenke aan al die hoere, maarjy het jou geskenke aan al jou minnaars gegee en hulle gifte aangebied om van alle kante na jou te kom in jou hoererye.

34 So was daar dan by jou in jou hoererye net die teendeel van die vroue, omdat hulle jou nie agternageloop het om te hoereer nie, en deurdat jy hoereloon gegee het terwyl aan jou geen hoereloon gegee is nie; daarom was jy die teendeel.

35 Daarom, o hoer, hoor die woord van dieHere.

36 So sê die HereHere: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, envanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het,

37 daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien.

38 En Ek sal jou oordeelvolgens die verordeninge van vroue wat owerspel bedrywe en bloed vergiet, en sal jou oorgee aan die bloedige dood van grimmigheid en naywer.

39 En Ek sal jou in hulle hand oorgee, en hulle saljou verwulf afbreek en jou hoogtes omgooi enjou jou klere uittrek en jou versiersels wegneem en jou naak en bloot laat staan.

40 Dan sal hulle teen jou ’n menigte laat optrek enjou stenig en jou met hulle swaarde stukkend kap.

41 Hulle sal ook jou huise met vuur verbrand en strafgerigte teen jou oefen voor die oë van baie vroue; en Ek sal ’n einde aan jou hoerery maak, enjy sal ook nie meer hoereloon gee nie.

42 En Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen jou — dan sal my ywer van jou afwyk, en Ek sal stil word en nie meer toornig wees nie.

43 Omdat jy nie gedink het aan die dae van jou jeug nie en my toorn opgewek het met al hierdie dinge — kyk,so sal Ek dan ook jou wandel op jou hoof laat neerkom, spreek die HereHere; en het jy dan nie die skandelike daad gedoen bo al jou gruwels nie?

44 Kyk, elkeen wat spreekwoorde maak, sal ’n spreuk op jou toepas, naamlik: Soos die moeder, so haar dogter.

45 Jy is die dogter van jou moeder, wat ’n afsku gehad het van haar man en haar kinders; en jy is die suster van jou susters, wat ’n afsku gehad het van hulle mans en hulle kinders:julle moeder was ’n Hetitiese vrou, en julle vader ’n Amoriet.

46 En jou groot suster isSamaría, sy met haar dogters wat woon aan jou linkerkant; maar jou suster wat kleiner as jy is, wat aan jou regterkant woon, isSodom met haar dogters.

47 Maar jy het nie gewandel in hulle weë en nie gehandel volgens hulle gruwels nie; net ’n kort rukkie — en jy het verderfliker gehandel as hulle in al jou weë.

48 So waar as Ek leef, spreek die HereHere, gewis,jou suster Sodom, sy met haar dogters, het nie gehandel soos jy gehandel het, jy met jou dogters nie.

49 Kyk, dít was die ongeregtigheid van jou suster Sodom: In trotsheid,oorvloed van brood en sorgelose rus het sy en haar dogters geleef, maar sy het die hand van die arme en behoeftige nie versterk nie.

50 En toe hulle hoogmoedig was engruwelikheid voor my aangesig bedryf het,het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim.

51 Samaría het ook nie die helfte van jou sondes gedoen nie: jy het gruwels vermenigvuldig, meer as hulle, en jy hetjou susters geregverdig deur al jou gruwels wat jy gedoen het.

52 Dra dan ook jou skande, jy wat vir jou susters ingetree het: deur jou sondes wat jy gruweliker gemaak het as hulle, is hulle regverdiger as jy. Skaam jou dan ook, en dra jou skande, omdat jy jou susters geregverdig het.

53 En Ek sal hulle lot verander, die lot van Sodom en haar dogters, en die lot van Samaría en haar dogters; en Ek sal jou lot verander tussen dié twee in;

54 dat jy jou skande kan dra en jou kan skaam oor alles wat jy gedoen het deur hulle te troos.

55 En jou susters, Sodom met haar dogters, sal na hulle vorige toestand terugkeer; en Samaría met haar dogters sal na hulle vorige toestand terugkeer; en jy met jou dogters sal na julle vorige toestand terugkeer.

56 Ja,die naam vanjou suster Sodom is in jou mond nie gehoor in die dag van jou trotsheid nie,

57 voordat jou boosheid geopenbaar is, soos in die tyd van versmading deur die dogters van Aram en deur almal wat daar rondom was — die dogters van die Filistyne — wat jou van alle kante verag het.

58 Jou skandelike daad en jou gruwels moet jý dra, spreek die HereHere.

59 Want so sê die HereHere: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, watdie eedswering geminag het deur die verbond te verbreek.

60 Ewenwelsal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal met jou’n ewige verbond oprig.

61 Dan sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jyjou susters aanneem wat groter is as jy, by dié wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie.

62 En Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek dieHereis;

63 sodat jy kan nadink en beskaamd staan enjou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 17

Gelykenis van die twee arende en van die wingerdstok.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, gee ’n raaisel op aan die huis van Israel en dra ’n gelykenis voor

3 en sê: So spreek die HereHere:Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die Líbanon gekom en die top van die seder weggeneem.

4 Hy het die boonste van sy jong takkies afgepluk en dit na die koopmansland gebring; hy het dit neergesit in die stad van koopmans.

5 Hy het ook van die saad van die land geneem en ditin ’n saailand geplant; hy het dit na baie waters weggeneem, dit as oewergewas geplant.

6 En dit het uitgespruit en ’n breë wingerdstok geword,laag van groei, sodat sy ranke na diearendkon draai en sy wortels onder hóm kon wees. So het dit dan ’n wingerdstok geword, en dit het lote gemaak en lootjies uitgeskiet.

7 En daar wasnog’n groot arend met groot vleuels en baie vere; en kyk,hierdie wingerdstok het sy wortels na hóm toe gebuig en sy ranke na hom toe uitgeskiet uit die beddings waar dit geplant was, dat hý dit sou bevogtig.

8 Dit was in ’n goeie land by baie waters geplant om ranke te maak en vrugte te dra, om ’n pragtige wingerdstok te word.

9 Sê: So spreek die HereHere: Sal dit voorspoedig wees? Sal hy nie die wortels daarvan uitruk en die vrugte daarvan afsny, sodat dit verdroog, ja, verdroog in al sy uitgespruite blaartjies nie? En dit nie deur ’n magtige arm en baie mense om dit van sy wortels af uit te lig nie.

10 Ja, kyk, dit is geplant — sal dit voorspoedig wees?Sal dit nie heeltemal verdroog asdie oostewind hom aanraak, verdroog op die beddings waar dit uitgespruit het nie?

11 Daarna het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

12 Spreek tog met die wederstrewige huis: Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê: Kyk,die koning van Babel het na Jerusalem gekom en sy koning en sy vorste weggeneem en hulle na hom toe, na Babel gebring.

13 Toehet hy een uit die koninklike geslag geneem en met hom ’n verbond gesluiten hom ’n eed opgelê, maardie magtiges van die land het hy weggeneem;

14 sodat die koninkryk van geringe betekenis sou wees en hom nie sou verhef nie,maardat dit, deur sy verbond te onderhou, in stand kon bly.

15 Maarhy het teen hom in opstand gekom deur sy gesantena Egipte te stuur, dat hulle hom perde en baie manskappe sou gee. Sal hy voorspoedig wees? Sal hy ontvlug wat sulke dinge doen? Sal hy die verbond verbreek en tog ontvlug?

16 So waar as Ek leef, spreek die HereHere, gewis, in die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, by hom,binne-in Babel, sal hy sterwe.

17 Ook salFarao nie met hom saamspan in die oorlog met ’n groot leër en met baie mense nie, as hulle ’n wal opwerp en forte bou om baie siele uit te roei.

18 Want hy het die eed geminag deur die verbond te verbreek; en kyk, hy hetsy hand gegee en tog al hierdie dinge gedoen; hy sal nie ontvlug nie.

19 Daarom, so sê die HereHere: So waar as Ek leef, Ek sal gewis my eed wat hy geminag het, en my verbond wat hy verbreek het, op sy hoof laat neerkom.

20 EnEk sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel bring endaar met hom na die gereg gaan, weens die troubreuk wat hy teen My begaan het.

21 En al sy vlugtelinge in alsy leërs sal deur die swaard val, en die wat oorgebly het, sal na al die windstreke verstrooi word; en julle sal weet dat Ek, dieHere, dit gespreek het.

22 So sê die HereHere: Dan sal Ek self vandie verhewe top van die seder’n steggieneem en dit insit — van die boonste van sy lootjies sal Ek’n teer puntjie afpluk en self dit plantop ’n hoë en verhewe berg.

23 Op die hoë berg van Israel sal Ek dit plant, en dit sal takke voortbring en vrugte dra en ’n heerlike seder word, sodatal die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon.

24 En al die bome van die veld sal weet dat Ek, dieHere, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het.Ek, dieHere, het dit gespreek en gedoen.

ESÉGIËL 18

Die persoonlike verantwoordelikheid.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Wat is dit met julle datjulle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik:Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?

3 So waar as Ek leef, spreek die HereHere, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.

4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun — hulle is myne;die siel wat sondig, dié moet sterwe.

5 Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;

6 nieeet op die berge ensy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nienaby ’n vrou kom as sy onrein is nie,

7 enniemand verdruk nie;wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ’n kleed toedek;

8 nie leen oprente en geenwoeker neem nie; sy hand terughou van onreg,eerlike regspraak oefen tussen man en man;

9 in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel — hy is regverdig,hy sal sekerlik lewe, spreek die HereHere.

10 En het hy ’n geweldenaar van ’n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen —

11 terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie — as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,

12 die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode,gruwelike dinge doen,

13 op rente leen en woeker neem — sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word;sy bloedskuld is op hom.

14 Maar kyk, as hy ’n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het — dit sien en sulke dinge nie doen nie:

15 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig

16 en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met ’n kleed toedek die wat naak is,

17 sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbringenin my insettinge wandel — hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.

18 Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is,sybroer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie goed is nie — kyk,hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe.

19 Maar julle sê: Waaromdra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoenenal my insettinge onderhou en dit volbring — hy sal sekerlik lewe!

20 Die siel wat sondig, dié moet sterwe;die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie;die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.

21 Maaras die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

22 Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.

23 Het Ek dan miskien ’n behae in die dood van die goddelose? spreek die HereHere. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?

24 Maaras die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen — sal hy lewe?Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.

25 Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is mý weg nie reg nie? Is júlle weë nie onreg nie?

26 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.

27 En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen — hý sal sy siel in die lewe behou;

28 hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

29 Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is mý weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë nie onreg nie?

30 Daarom sal Ekjulle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die HereHere.Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ’n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.

31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle’n nuwe hart en ’n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?

32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die HereHere. Bekeer julle dan en lewe.

ESÉGIËL 19

’n Klaaglied.

1 VERDER,hef jy ’n klaaglied aan oor die vorste van Israel,

2 en sê: Wat was jou moeder? ’n Leeuin: tussen die leeus het sy gelê, onder die jong leeus het sy haar kleintjies grootgemaak.

3 En sy het een van haar kleintjies opgekweek,’n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.

4 En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang,en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.

5 En toe sy sien dat sy teleurgestel is, haar hoop verlore, het sy’nander eenvan haar kleintjies geneem, hom ’n jong leeu gemaak.

6 En hy het rondgeloop onder die leeus,het ’n jong leeu geword en geleer om prooi te verskeur; hy het mense geëet.

7 Hy het hulle weduwees beken en hulle stede verwoes; ja, die land en sy volheid was verskrik vanweë die geluid van sy gebrul.

8 Toe het die nasies rondom uit die lande hulle teen hom opgestel en hul net oor hom uitgesprei; in hulle vangkuil is hy gevang.

9 Enhulle het hom in ’n hok gesit aan hake en hom na die koning van Babel gebring; hulle het hom in vestings gebring, dat sy stem nie meer gehoor sou word op die berge van Israel nie.

10 Jou moeder wassoos ’n wingerdstok in jou rustige tyd; by waters was dit geplant; dit was vrugbaar en vol ranke vanweë die baie waters.

11 En dit het sterk takke gekry om as septers vir heersers te dien, en sytop was hoog tussen die digte takke in; en dit het hom vertoon in sy hoogte, in die menigte van sy ranke.

12 Maar dit is in grimmigheid uitgeruk, teen die grond gegooi,en die oostewind het sy vrugte laat verdroog; hulle is afgeruk en het verdroog; sy sterk tak — die vuur het dit verteer.

13 En nou is dit geplantin die woestyn, in ’n dor en dorstige land.

14 En vuur het uitgegaan uit sy tak vol lote, dit het sy vrugte verteer; en geen sterk tak is daarin as septer om te heers nie.’n Klaaglied is dit, en ’n klaaglied het dit geword.

ESÉGIËL 20

Die waarskuwende voorbeeld.

1 EN in die sewende jaar, in die vyfdemaand,op die tiende van die maand, het daar manne uitdie oudstes van Israel gekom om dieHerete raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit.

2 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

3 Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die HereHere: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis,Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die HereHere.

4 Wil jy hulle oordeel, wil jy oordeel, mensekind?Maak hulle dan die gruwels van hulle vaders bekend,

5 en sê aan hulle: So spreek die HereHere: Die dag toeEk Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob enMy aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê:Ek is dieHerejulle God.

6 Op dié dag het Ek my hand vir hulle opgehef, om hulle uit Egipteland uit te lei na ’n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, wat oorloop van melk en heuning —’n sieraad is dit van al die lande.

7 En Ek het aan hulle gesê:Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie metdie drekgode van Egipte nie: Ek is dieHerejulle God.

8 Maar hulle was wederstrewig teen My en wou na My nie luister nie; niemand het die verfoeisels van sy oë weggegooi of die drekgode van Egipte laat staan nie.Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn teen hulle te laat uitwoed in Egipteland.

9 Maar Ek het gehandelter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies onder wie hulle gewees het nie, voor wie se oë Ek My bekend gemaak het aan hulle, om hulle uit Egipteland uit te lei.

10 En Ek het hulle uit Egipteland uitgelei en hulle in die woestyn gebring.

11 EnEk het hulle my insettinge gegee en my verordeninge aan hulle bekend gemaak, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe.

12 Daarby het Ek ookmy sabbatte aan hulle gegee om ’n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet datdit Ek, dieHere, is wat hulle heilig.

13 Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig.Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgietin die woestyn om hulle te vernietig.

14 Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.

15 So het Ek dan ookmy hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning — ’n sieraad is dit van al die lande;

16 omdat hulle my verordeninge verwerp het en in my insettinge nie gewandel het nie en my sabbatte ontheilig het; wanthulle hart het agter hul drekgode aan geloop.

17 Maarmy oog het hulle verskoon, sodat Ek hulle nie verdelg het nie en geen einde aan hulle gemaak het in die woestyn nie.

18 Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê:Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie.

19 Ek is dieHerejulle God;wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.

20 Enheilig my sabbatte;en hulle sal ’n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek dieHerejulle God is.

21 Maardie kinders was wederstrewig teen My: hulle het nie gewandel in my insettinge en my verordeninge nie onderhou om dit te doen nie — wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; hulle het my sabbatte ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn te laat uitwoed teen hulle in die woestyn.

22 Maar Ek het my hand teruggetrek en gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.

23 Tog het Ék my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle salversprei onder die nasies en hulle sal verstrooi in die lande;

24 omdat hulle my verordeninge nie gehou het nie, maar my insettinge verwerp het en my sabbatte ontheilig het en hulle oë agter die drekgode van hulle vaders aan was.

25 So het Ék dan ook aan hulle insettinge gegee wat nie goed was nie, en verordeninge waardeur hulle nie sou lewe nie.

26 En Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes,omdat hulledeur die vuurlaat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig,dat hulle sou weet dat Ek dieHereis.

27 Daarom, mensekind, spreek met die huis van Israel en sê vir hulle: So spreek die HereHere: Verder het julle vaders My in hierdie saak smaadheid aangedoen, dat hulle troubreuk teen My begaan het:

28 toe Ek hulle in die land gebring het waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan hulle te gee, het hulle uitgekyk naal die hoë heuwels en al die digte bome, en hulle het daar hul offers geslag en daar hul aanstootlike offergawe gegee en daar hul lieflike offergeur gebring en daar hul drankoffers uitgegiet.

29 Toe het Ek aan hulle gesê: Wat is dit vir ’n hoogte waarheen julle gaan? En hulle het dit Hoogte genoem tot vandag toe.

30 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die HereHere: Wat? Julle is verontreinig in die weg van julle vaders, en julle hoereer agter hulle verfoeisels aan;

31 ja, deur die aanbieding vanjulle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe — en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel?So waar as Ek leef, spreek die HereHere, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!

32 Enwat in julle gees opgeklim het, sal sekerlik nie gebeur nie — dat julle sê:Ons wil soos die nasies, soos die geslagte van die lande wees, deurhout en klip te dien.

33 So waar as Ek leef, spreek die HereHere, Ek sal gewis met ’n sterke hand en met ’n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer.

34 En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur ’n sterke hand en deur ’n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.

35 En Ek sal julle bring indie woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig treevan aangesig tot aangesig.

36 Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die HereHere.

37 EnEk sal julle onder die herderstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond.

38 EnEk sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maarhulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

39 Maar julle, o huis van Israel, so sê die HereHere:Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hierná — sekerlik sal julle na My luister enmy heilige Naam nie meer ontheilig met julleoffergawes en julle drekgode nie.

40 Wantop my heilige berg, op die verhewe berg van Israel, spreek die HereHere, daar sal die hele huis van Israel, hulle almal, My dien in die land; daarsal Ek ’n behae in hulle hê en daar sal Ekjulle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.

41 As ’n lieflike geur sal Ek ’n behae in julle hê wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, enEk sal My in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.

42 En julle sal weet dat Ek dieHereis as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.

43 Daarsal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, enjulle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het.

44 En julle sal weet dat Ek dieHereis as Ek met julle handel ter wille van my Naamennie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die HereHere.

Vuur in Juda!

45 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

46 Mensekind,rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland,

47 en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van dieHere: So spreek die HereHere: Kyk, Ek steek ’n vuur in jou aan wat in jou elkegroen boom en elkedroë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand wordvan die Suidland af tot die noorde toe;

48 en alle vlees sal sien dat Ek, dieHere, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.

49 Toe sê ek: Ag, HereHere, hulle sê vir my: Spreek hy nie altyd ingelykenisse nie?

ESÉGIËL 21

Die swaard van die Here.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind,rig jou aangesig teen Jerusalem en laat jou rede druppel teen die heiligdomme en profeteer teen die land van Israel;

3 en sê aan die land van Israel: So spreek dieHere: Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek enuit jou uitroei die regverdige en die goddelose.

4 Omdat Ek uit jou uitroei die regverdige en die goddelose, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees,van die suide tot die noorde.

5 En alle vlees sal weet dat Ek, dieHere, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meerdaarinterugkeer nie.

6 Maar jy, o mensekind, sug; sug voor hulle oë met verbreking van lendene en bitterheid.

7 En as hulle vir jou sê: Waarom sug jy? dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, enal die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die HereHere.

8 En die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

9 Mensekind, profeteer en sê: So spreek dieHere. Sê:’n Swaard, ’n swaard is skerpgemaak en ook geskuur;

10 om ’n slagting aan te rig, is dit skerpgemaak, om soos weerlig te wees, is dit geskuur. (Of moet ons bly weesdeur te sê:Die septer van my seun verag elke hout?)

11 En Hy het dit gegee om te skuur, dat hulle dit in die hand kan vat; dit is skerpgemaak, die swaard, en dit is geskuur om dit in die hand te gee van hom wat doodslaan.

12 Skreeu en huil, mensekind; want dit gaan teen my volk, dit gaan teen al die vorste van Israel: aan die swaard is hulle oorgelewer saam met my volk;daarom, slaan op die heup.

13 Want die proef is gemaak — en hoe dan as ook die septer wat verag, daar nie meer sal wees nie? spreek die HereHere.

14 En jy, mensekind, profeteer en slaan hand teen hand, sodat die swaard verdubbel word, tot drievoudig toe, ’n moordende swaard is dit, ’n moorddadige swaard, die grote, wat hulle omsweef.

15 Ek het die slagbank van die swaard opgestel teen al hulle poorte, dat die hart kan smelt en die struikelblokke baie kan wees. Ag, dit is gemaak tot ’n weerligstraal, dit is glad gemaak om te slag.

16 Bly aanmekaar,o swaard!Gaan regs, maak ’n aanval, gaan links, waarheen jou snykant ook al gerig is.

17 So sal Ek dan ook my hand teen my hand slaan enmy grimmigheid tot rus bring; Ek, dieHere, het dit gespreek.

18 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

19 En jy, mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babel kan kom; uit een land moet altwee uitgaan; en sny ’n wegwyser uit; sny dit uit by die begin van die pad na ’n stad;

20 jy moet ’n pad maak, dat die swaard kan kom naRabba, van die kinders van Ammon, en na Juda, in die versterktestadJerusalem.

21 Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.

22 In sy regterhand is die lot: Jerusalem,om stormramme op te stel, om die mond met geskreeu oop te maak, om die stem te verhef met krygsgeroep, om stormramme op te stel teen die poorte, om ’n wal op te werp, om forte te bou.

23 Maar dit is vir hulle soos ’n bedrieglike waarsêery in hul oë (die plegtigste eedsweringe tog is hulle s’n!); maar hy bring die ongeregtigheid in herinnering,dat hulle gegryp kan word.

24 Daarom, so sê die HereHere: Omdat julle jul ongeregtigheid in herinnering bring deurdat julle oortredinge openbaar word, sodat julle sondes in al jul handelinge gesien word — omdat julle in herinnering gebring is, sal julle met die hand gegryp word.

25 En jy,onheilige,goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening —

26 so sê die HereHere:Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie:Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is!

27 Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie —totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.

28 En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die HereHereaangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sê: ’n Swaard, ’n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos ’n weerligstraal te wees —

29 onderwyl hulle vir jou,o swaard,’n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel — dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening!

30 Steek dit weer in die skede.In die plek waar jy geskape is, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel.

31 En Ek sal oor jou my toorn uitgiet;Ek sal op jou blaas met die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van barbare, mense wat verderf smee.

32 Voedsel sal jy wees vir die vuur; jou bloed sal binne-in die land wees;aan jou sal nie meer gedink word nie; want Ek, dieHere, het dit gespreek.