ESÉGIËL 18

Die persoonlike verantwoordelikheid.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Wat is dit met julle datjulle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik:Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?

3 So waar as Ek leef, spreek die HereHere, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.

4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun — hulle is myne;die siel wat sondig, dié moet sterwe.

5 Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;

6 nieeet op die berge ensy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nienaby ’n vrou kom as sy onrein is nie,

7 enniemand verdruk nie;wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ’n kleed toedek;

8 nie leen oprente en geenwoeker neem nie; sy hand terughou van onreg,eerlike regspraak oefen tussen man en man;

9 in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel — hy is regverdig,hy sal sekerlik lewe, spreek die HereHere.

10 En het hy ’n geweldenaar van ’n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen —

11 terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie — as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,

12 die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode,gruwelike dinge doen,

13 op rente leen en woeker neem — sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word;sy bloedskuld is op hom.

14 Maar kyk, as hy ’n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het — dit sien en sulke dinge nie doen nie:

15 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig

16 en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met ’n kleed toedek die wat naak is,

17 sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbringenin my insettinge wandel — hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.

18 Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is,sybroer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie goed is nie — kyk,hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe.

19 Maar julle sê: Waaromdra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoenenal my insettinge onderhou en dit volbring — hy sal sekerlik lewe!

20 Die siel wat sondig, dié moet sterwe;die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie;die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.

21 Maaras die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

22 Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.

23 Het Ek dan miskien ’n behae in die dood van die goddelose? spreek die HereHere. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?

24 Maaras die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen — sal hy lewe?Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.

25 Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is mý weg nie reg nie? Is júlle weë nie onreg nie?

26 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.

27 En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen — hý sal sy siel in die lewe behou;

28 hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

29 Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is mý weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë nie onreg nie?

30 Daarom sal Ekjulle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die HereHere.Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ’n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.

31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle’n nuwe hart en ’n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?

32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die HereHere. Bekeer julle dan en lewe.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 − thirteen =