ESÉGIËL 20

Die waarskuwende voorbeeld.

1 EN in die sewende jaar, in die vyfdemaand,op die tiende van die maand, het daar manne uitdie oudstes van Israel gekom om dieHerete raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit.

2 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

3 Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die HereHere: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis,Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die HereHere.

4 Wil jy hulle oordeel, wil jy oordeel, mensekind?Maak hulle dan die gruwels van hulle vaders bekend,

5 en sê aan hulle: So spreek die HereHere: Die dag toeEk Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob enMy aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê:Ek is dieHerejulle God.

6 Op dié dag het Ek my hand vir hulle opgehef, om hulle uit Egipteland uit te lei na ’n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, wat oorloop van melk en heuning —’n sieraad is dit van al die lande.

7 En Ek het aan hulle gesê:Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie metdie drekgode van Egipte nie: Ek is dieHerejulle God.

8 Maar hulle was wederstrewig teen My en wou na My nie luister nie; niemand het die verfoeisels van sy oë weggegooi of die drekgode van Egipte laat staan nie.Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn teen hulle te laat uitwoed in Egipteland.

9 Maar Ek het gehandelter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies onder wie hulle gewees het nie, voor wie se oë Ek My bekend gemaak het aan hulle, om hulle uit Egipteland uit te lei.

10 En Ek het hulle uit Egipteland uitgelei en hulle in die woestyn gebring.

11 EnEk het hulle my insettinge gegee en my verordeninge aan hulle bekend gemaak, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe.

12 Daarby het Ek ookmy sabbatte aan hulle gegee om ’n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet datdit Ek, dieHere, is wat hulle heilig.

13 Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig.Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgietin die woestyn om hulle te vernietig.

14 Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.

15 So het Ek dan ookmy hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning — ’n sieraad is dit van al die lande;

16 omdat hulle my verordeninge verwerp het en in my insettinge nie gewandel het nie en my sabbatte ontheilig het; wanthulle hart het agter hul drekgode aan geloop.

17 Maarmy oog het hulle verskoon, sodat Ek hulle nie verdelg het nie en geen einde aan hulle gemaak het in die woestyn nie.

18 Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê:Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie.

19 Ek is dieHerejulle God;wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.

20 Enheilig my sabbatte;en hulle sal ’n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek dieHerejulle God is.

21 Maardie kinders was wederstrewig teen My: hulle het nie gewandel in my insettinge en my verordeninge nie onderhou om dit te doen nie — wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; hulle het my sabbatte ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn te laat uitwoed teen hulle in die woestyn.

22 Maar Ek het my hand teruggetrek en gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.

23 Tog het Ék my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle salversprei onder die nasies en hulle sal verstrooi in die lande;

24 omdat hulle my verordeninge nie gehou het nie, maar my insettinge verwerp het en my sabbatte ontheilig het en hulle oë agter die drekgode van hulle vaders aan was.

25 So het Ék dan ook aan hulle insettinge gegee wat nie goed was nie, en verordeninge waardeur hulle nie sou lewe nie.

26 En Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes,omdat hulledeur die vuurlaat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig,dat hulle sou weet dat Ek dieHereis.

27 Daarom, mensekind, spreek met die huis van Israel en sê vir hulle: So spreek die HereHere: Verder het julle vaders My in hierdie saak smaadheid aangedoen, dat hulle troubreuk teen My begaan het:

28 toe Ek hulle in die land gebring het waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan hulle te gee, het hulle uitgekyk naal die hoë heuwels en al die digte bome, en hulle het daar hul offers geslag en daar hul aanstootlike offergawe gegee en daar hul lieflike offergeur gebring en daar hul drankoffers uitgegiet.

29 Toe het Ek aan hulle gesê: Wat is dit vir ’n hoogte waarheen julle gaan? En hulle het dit Hoogte genoem tot vandag toe.

30 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die HereHere: Wat? Julle is verontreinig in die weg van julle vaders, en julle hoereer agter hulle verfoeisels aan;

31 ja, deur die aanbieding vanjulle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe — en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel?So waar as Ek leef, spreek die HereHere, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!

32 Enwat in julle gees opgeklim het, sal sekerlik nie gebeur nie — dat julle sê:Ons wil soos die nasies, soos die geslagte van die lande wees, deurhout en klip te dien.

33 So waar as Ek leef, spreek die HereHere, Ek sal gewis met ’n sterke hand en met ’n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer.

34 En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur ’n sterke hand en deur ’n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.

35 En Ek sal julle bring indie woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig treevan aangesig tot aangesig.

36 Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die HereHere.

37 EnEk sal julle onder die herderstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond.

38 EnEk sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maarhulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

39 Maar julle, o huis van Israel, so sê die HereHere:Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hierná — sekerlik sal julle na My luister enmy heilige Naam nie meer ontheilig met julleoffergawes en julle drekgode nie.

40 Wantop my heilige berg, op die verhewe berg van Israel, spreek die HereHere, daar sal die hele huis van Israel, hulle almal, My dien in die land; daarsal Ek ’n behae in hulle hê en daar sal Ekjulle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.

41 As ’n lieflike geur sal Ek ’n behae in julle hê wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, enEk sal My in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.

42 En julle sal weet dat Ek dieHereis as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.

43 Daarsal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, enjulle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het.

44 En julle sal weet dat Ek dieHereis as Ek met julle handel ter wille van my Naamennie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die HereHere.

Vuur in Juda!

45 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

46 Mensekind,rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland,

47 en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van dieHere: So spreek die HereHere: Kyk, Ek steek ’n vuur in jou aan wat in jou elkegroen boom en elkedroë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand wordvan die Suidland af tot die noorde toe;

48 en alle vlees sal sien dat Ek, dieHere, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.

49 Toe sê ek: Ag, HereHere, hulle sê vir my: Spreek hy nie altyd ingelykenisse nie?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

12 − 6 =