ESÉGIËL 12

Die opening in die muur. Die gevangenskap en verstrooiing.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, jy woon ondermense vandie wederstrewige huis,wat oë het om te sien, maar nie sien nie; ore het om te hoor, maar nie hoor nie, want hulle is ’n wederstrewige huis.

3 Maar jy, mensekind, maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, en gaan oordag in ballingskap voor hulle oë; vertrek soos ’n balling voor hulle oë, van jou woonplek af na ’n ander plek toe — miskien sal hulle dit sien, want hulle is ’n wederstrewige huis.

4 En jy moet jou goed oordag uitbring voor hulle oë soos die goed wat vir ’n ballingskap nodig is; maar self moet jy in die aand uitgaan voor hulle oë soos die wat in ballingskap uitgaan.

5 Breek vir jou ’n gat in die muur voor hulle oë, en bring dit daardeur uit.

6 Voor hulle oë moet jy dit op die skouer dra, in die pikdonker moet jy dit uitbring; jou aangesig moet jy bedek, sodat jy die land nie sien nie;want Ek maak jou tot ’n sinnebeeld vir die huis van Israel.

7 Ek het toe gedoen soos my beveel is: ek het my goed oordag uitgebring soos die goed wat vir ’n ballingskap nodig is; en in die aand het ek met my hand vir my ’n gat in die muur gebreek; in die pikdonker het ek dit uitgebring, dit op die skouer voor hulle oë gedra.

8 Toe kom die woord van dieHeretot my in die môre en sê:

9 Mensekind, het die huis van Israel, die wederstrewige huis, nie vir jou gesê:Wat maak jy daar nie?

10 Sê vir hulle: So spreek die HereHere: Hierdielassien opdie vors in Jerusalem en die hele huis van Israel wat onder hulle woon.

11 Sê: Ek is julle sinnebeeld;soos ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word: in ballingskap, in gevangenskap sal hulle gaan.

12 En die vors wat onder hulle is, saldie goedop die skouer dra, in die pikdonker, en hy sal uitgaan; hulle sal ’n gat in die muur breek om daardeur uit te bring; hy sal sy aangesig bedek, omdat hy self die land met die oog nie sal sien nie.

13 En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Eksal hom na Babel, na die land van die Chaldeërs bring;maar hy sal dit nie sien nie,en daar sal hy sterwe.

14 En almal wat rondom hom is,sy hulp, en al sy leërs sal Ek na al die windstreke verstrooi endie swaard agter hulle uittrek.

15 Dan sal hulle weet dat Ek dieHereis, as Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi;

16 maar Ek sal van hulle ’n klein klompie laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al húlle gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en dié sal weet dat Ek dieHereis.

17 Daarna het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

18 Mensekind, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en kommer drink.

19 En jy moet aan die mense van die land sê: So spreek die HereHereaangaande die inwoners van Jerusalem, in die land Israel: Hulle sal hul brood met kommer eet en hul water in stomme smart drink, sodat hulle land, van sy volheid beroof, woes sal lêvanweë die geweldpleging van almal wat daarin woon.

20 En die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal ’n wildernis wees; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

Profesie teen die valse profete.

21 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

22 Mensekind, wat is dit vir ’n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik:Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie.

23 Daarom, sê vir hulle: So spreek die HereHere: Ek maak ’n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig.

24 Wantdaar sal geenbedrieglike gesig of vleiende waarsêery in die huis van Israel meer wees nie.

25 Want Ek, dieHere, Ek sal spreek —wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur; dit sal nie meer uitgestel word nie. Want in julle dae, o wederstrewige huis, sal Ek ’n woord spreek en dit uitvoer ook, spreek die HereHere.

26 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

27 Mensekind, kyk, die huis van Israel sê:Die gesig wat hy sien, is vir baie dae, en hy profeteer van tye wat ver is.

28 Daarom, sê vir hulle: So spreek die HereHere: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die HereHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × three =