JOËL 1

Die sprinkaanplaag en droogte.

1 DIE woord van dieHerewat tot Joël, die seun van Pétuel, gekom het.

2 Hoor dit,o oudstes, en luister, alle inwoners van die land!Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?

3 Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en húlle kinders aan die volgende geslag:

4 Watdie afknyper laat oorbly het, hetdie treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind.

5 Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos,omdat dit van julle mond weggeruk is.

6 Want’n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos ’n leeuin.

7 Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het ál sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword.

8 Weeklaag soos ’n jonkvrouwat oor die bruidegom van haar jeug met ’n roukleed omgord is.

9 Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van dieHere; die priesters, die dienaars van dieHere, treur.

10 Die veld is verwoes,die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.

11 Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is.

12 Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; wantbeskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.

13 Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.

14 Heilig ’n vasdag, roep ’n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van dieHerejulle God, en roep tot dieHere.

15 Ag, die dag!Want naby is die dag van dieHere, en hy kom soos ’n verwoesting van die Almagtige.

16 Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie,blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?

17 Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.

18 Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinveemoet boet.

19 Tot U, oHere, roep ek, want ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ’n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.

20 Selfs die diere van die veldsmag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.

JOËL 2

Ernstige oproep tot bekering.

1 BLAAS die basuinop Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe,want die dag van dieHerekom, want hy is naby —

2 ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag; soosdie môreskemering, uitgesprei oor die berge,kom’n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.

3 Voor hom uit verteer ’n vuur, en agter hom brand ’n vlam; voor hom lyk die land soosdie tuin van Eden, en agter hom is dit ’n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

4 Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.

5 Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ’n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ’n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.

6 Vir hom bewe die volke van angs,alleaangesigte verbleek.

7 Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.

8 En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle;maarhulle bly in gelid.

9 Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ’n dief.

10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel;die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.

11 En dieHereverhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van dieHereis groot en uitermate vreeslik, enwie kan dit verdra?

12 Maar selfs nou nog, spreek dieHere,bekeer julle tot My met julle hele hart, enmet vas en geween en rouklag.

13 Enskeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot dieHerejulle God; wantHy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;

14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy’n seën sal agterlaat —’n spysoffer en ’n drankoffer aan dieHerejulle God.

15 Blaas die basuin op Sion,heilig ’n vasdag, roep ’n vergadering saam!

16 Versamel die volk,heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge!Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.

17 Laat die priesters, die dienaars van dieHere,tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: oHere, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie;waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?

Belofte van oorvloed.

18 TOE het dieHeregeywer vir sy land en sy volk verskoon.

19 En dieHerehet geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir jullekoring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot ’n voorwerp van smaad onder die nasies nie.

20 Ja, Ek sal diesprinkaanswerm,uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ’n dor en woeste land; sy voorhoede nadie Oostelike See en sy agterhoede nadie Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en ’n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.

21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want dieHeredoen groot dinge!

22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!

23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in dieHerejulle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën,die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees endie parskuipe van mos en olie oorloop.

25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan,die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het — my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.

26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van dieHerejulle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, enmy volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

27 En julle sal weet dat Ekin die midde van Israel is, en datEk dieHerejulle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

28 En daarnasal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, enjulle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

30 EnEk sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.

31 Die son sal verander word in duisternis endie maan in bloed,voordat die groot endeurlugtige dag van dieHerekom.

32 Enelkeen wat die Naam van dieHereaanroep, sal gered word; wantop die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos dieHeregesê het, en onderdie vrygeraaktes die wat dieHeresal roep.

JOËL 3

Oordeel oor die vyande van die Here; seëninge oor sy volk.

1 WANT kyk,in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,

2 sal Ek al die nasies versamel en hulle nadie dal van Jósafat laat aftrek,om daar met hulle ’n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.

3 Enoor my volk het hulle die lot gewerp en ’n jong seun weggegee vir ’n hoer en ’n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.

4 En ook, wat het julle met Myte doen,o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.

5 Wantjulle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.

6 Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.

7 Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.

8 En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan ’n verafgeleë volk; want dieHerehet dit gespreek.

9 Roep dit uit onder die nasies, heilig ’n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!

10 Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ’n held.

11 Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde,Here, daarheen aftrek!

12 Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek nadie dal van Jósafat; want daar sal Ek sitom gerig te hou oor al die nasies rondom.

13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap,want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.

14 Menigtes, menigtesin die dal van beslissing, want naby is die dag van dieHerein die dal van beslissing!

15 Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.

16 En dieHerebrul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar dieHeresal ’n toevlug wees vir sy volk en ’n skuilplek vir die kinders van Israel.

17 Dan sal julle weet dat Ek dieHerejulle God is, wat woon op Sion,my heilige berg; dan sal Jerusalem ’n heiligdom wees waargeen vreemdes meer deur sal trek nie.

18 Enop dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; enuit die huis van dieHeresal daar ’n fontein uitkom om die dalSittim te besproei.

19 Egipte sal ’n woesteny word, enEdom ’n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.

20 Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.

21 En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ektevorenie onskuldig verklaar het nie; en dieHeresal op Sion bly woon.

HOSÉA 1

Die huwelik van Hoséa met ’n owerspelige vrou.

1 DIE woord van dieHerewat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri,in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae vanJeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.

2 Die begin van wat dieHeremet Hoséa gespreek het; dieHerehet aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ’n hoervrou en hoerkinders; wantdie land het grootliks owerspel bedrywe deur van dieHereafvallig te word.

3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ’n seun gebaar.

4 En dieHerehet vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ’n klein tydjie, dansal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en’n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.

5 Ja, in dié dagsal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël.

6 Toe het sy weer swanger geword en ’n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.

7 Maaroor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur dieHerehulle God, enEk sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.

8 Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het syweerswanger geword en ’n seun gebaar.

9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.

10 Nogtanssal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie;en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie — sal aan hulle gesê word:Julle iskinders vandie lewende God.

11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag vanJísreël!

12 Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma.

HOSÉA 2

1 TWIS met julle moeder, twis; wantsy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.

2 Anderssal Ek haar naak uittrek en haar neersit soos op die dag van haar geboorte en haar maak soos ’n woestyn, ja, haar stel soos ’n dor land en haar van dors laat sterwe.

3 En Ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore.

4 Want hulle moeder het in ontug gelewe, sy wat met hulle swanger was, het skandelike dinge gedoen; want sy het gesê: Ek wil my minnaars agternaloop wat my brood en my water, my wol en my vlas, my olie en my drank gee.

5 Daarom, kyk,Ek sal jou weg met dorings toemaak en om haar ’n muur bou, sodat sy haar paaie nie sal vind nie.

6 En sy sal haar minnaars agternaloop, maar hulle nie inhaal nie; en sy sal hulle soek, maar nie vind nie. Dan sal sy sê:Ek wil heengaan en terugkeer na my vorige man, want toe het ek dit beter gehad as nou.

7 Ja, sy het nie erkendat Ek aan haar diekoring en die mos en die olie gegee het nie, ook silwer vir haar vermenigvuldig het en goud, wat hulle vir Baäl gebruik het.

8 Daarom sal Ek my koring terugneem in die oestyd en my mos op die bepaalde tyd, en wegneem my wol en my vlas wat dien om haar naaktheid te bedek.

9 Ek sal dan nou haar skaamte ontbloot voor die oë van haar minnaars, en niemand sal haar uit my hand red nie.

10 En Ek maak ’n einde aan al haar vreugde, haar feeste,haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.

11 En Ek sal haar wingerdstok en haar vyeboom verwoes waarvan sy gesê het: Hierdie dinge is my hoereloon wat my minnaars my gegee het; en Ek sal dit tot ’n bos maak, en die wilde diere van die veld sal dit opeet.

12 Sobesoek Ek dan aan haardie dae van die Baäls toe sy vir hulle offerrook laat opgaan het en haar met haar neusring en haar halssierade versier en haar minnaars agternageloop het; maar My het sy vergeet, spreek dieHere.

13 Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.

14 Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee endie dal Agor tot ’n deur van hoop, en daar sal sy antwoord geesoos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het.

15 En in dié dag, spreek dieHere, sal jyMynoem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie.

16 Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.

17 Verdersluit Ek in dié dag vir hulle ’n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde;ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hullein veiligheid laat rus.

18 En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.

19 En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy dieHereken.

20 En in dié dagsal Ek verhoor, spreek dieHere, Ek sal die hemel verhoor en dié sal die aarde verhoor.

21 En die aarde saldie koring verhoor en die mos en die olie, en dié salJísreël verhoor.

22 EnEk sal haar vir My saai in die land enMy oor Lo-Rugáma ontferm,en aan Lo-Ammi sê:Jy is my volk; en hy sal sê: My God!

HOSÉA 3

1 EN dieHerehet vir my gesê:Gaan nog ’n keer, bemin ’n vrou wat bemin word deurhaarvriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos dieHeredie kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke.

2 Toe het ek haar vir my gekoop vir vyftiensikkelssilwer en anderhalf homer gars.

3 En ek het aan haar gesê: Jy sal’n lang tyd moet stilsit vir my, nie hoereer nie en aan geen man behoort nie; en so ook ek teenoor jou.

4 Want die kinders van Israel sal ’n lang tyd bly sitsonder koning en sonder vors ensonder slagoffer en sonder klippilare en sonderefod enhuisgode.

5 Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en dieHerehulle God soek enDawid hulle koning, en met siddering aankom na dieHereenna sy goedheid in die laaste van die dae.

HOSÉA 4

Die diepe bederf van volk en priesterstand.

1 HOOR die woord van dieHere, o kinders van Israel! WantdieHerehet ’n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.

2 Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.

3 Daaromtreur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.

4 Laat net niemandmet onstwis ofonsberispe nie! Nogtansis jou volk soosdie wat met die priester twis!

5 Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan.

6 My volk gaan te grondeweens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodatjy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

7 Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig.Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.

8 Hullelewe van die sondoffervan my volk, en na dié se ongeregtigheid verlang hulle siel.

9 Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk — Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade.

10 Dansal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om dieHerete vereer.

11 Hoerery en wyn en mosneem die hart weg.

12 My volk raadpleeg syhout, ensy staf moet hom die inligting gee; want ’n gees van hoerery hethulleverlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword.

13 Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onderdie eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.

14 Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want diemannesonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot ’n val.

15 As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie naGilgal nie, en gaan nie op naBet-Awen nie, ensweer nie: So waar as dieHereleef!

16 Want Israel is wederstrewigsoos ’n wederstrewige koei; nou sal dieHerehulle laat wei soos ’n lam in die oop veld.

17 Efraim is gekoppel aan die afgode: laat hom staan!

18 As hulle drinkery verby is, dan hoereer hulle te meer. Hulle vorste is versot op skande.

19 Die wind bind hulle in sy vleuels, sodat hulle oor hul offers beskaamd sal staan.

HOSÉA 5

Straf op die sonde van die voormanne, en oproep tot bekering.

1 HOOR dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle virMispa ’n vangnet geword het en ’n uitgespreide net opTabor.

2 Ja, in verderflike praktykeverdiep die afvalliges hulle, maar Ek sal hulle almal tot tugtiging wees.

3 Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe,o Efraim! Israel is verontreinig.

4 Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, wantdaar is ’n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken dieHerenie.

5 Endie trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en Israel en Efraim sal struikel deur hulle ongeregtigheid, ook Juda sal saam met hulle struikel.

6 Met hulle kleinvee en hulle beeste sal hulle heengaan om dieHerete soek, maarHomnie vind nie. Hy het Hom aan hulle onttrek.

7 Hullehet troueloos gehandel teen dieHere, want hulle het onegte kinders verwek; nou sal die nuwemaan hulle met hul velde verteer.

8 Blaasdie basuin in Gíbea, die trompet in Rama! Hef aan die krygsgeskreeu inBet-Awen. Agter jou kom dit, Benjamin!

9 Efraim sal ’n woesteny word op die dag van straf; onder die stamme van Israel maak Ek bekend wat seker is.

10 Die vorste van Juda is sooshulle wat die grenslyne verlê. Ek sal my grimmigheid oor hulle uitgiet soos water.

11 Efraim isverdruk, verbreek deur die oordeel; want dit het hom behaag om na die gebodvan mensete wandel.

12 Daarom is Ek vir Efraim soos ’n mot en vir die huis van Juda soos ’n verrotting in die gebeente.

13 Toe Efraim sy krankheid sien en Judasy sweer, het Efraimna Assur gegaan en na koning Jareb gestuur; maar hý kan julle nie genees en julle van die sweer nie gesond maak nie.

14 WantEk is soos ’n leeu vir Efraim, en soos ’n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red.

15 Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek In hulle nood sal hulle My soek.

HOSÉA 6

1 KOM en laat ons terugkeer tot dieHere; wantHy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.

2 Hy sal ons ná twee daelewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.

3 En laat ons ken — laat ons dit najaag om dieHerete ken;sy opgang is so sekersoos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën,soos die laat reëns wat die aarde besproei.

4 Wat sal Ek met jou doen,o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde issoos ’n môrewolk en soos ’n dou wat vroeg weer verdwyn.

5 Daarom het Ekhulleneergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos ’n ligstraal.

6 WantEk het ’n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.

7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daarhet hulle troueloos teen My gehandel.

8 Gílead is ’n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.

9 Ensoos ’n rower op die loer lê,loer’n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.

10 In die huis van Israel het Ek ’n afskuwelike ding gesien:Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.

11 Ook vir jou, o Juda, is daar ’n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.

HOSÉA 7

Die verregaande boosheid van Efraim.

1 TERWYL Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samaría; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en ’n rowerbende plunder op die straat.

2 En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oopvoor my aangesig.

3 Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.

4 Hulle is almal owerspelers; hulle is soos ’n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is.

5 Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters.

6 Ja, hulle het hul hart gemaak soos ’n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos ’n vuurvlam.

7 Hulle almal gloei soos ’n oond en verteer hul regeerders, al hulle koningsval; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.

8 Efraim —hy vermeng hom met die volke; Efraim is ’n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.

9 Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.

10 Ja,die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; entog bekeer hulle hul nie tot dieHerehulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.

11 So het Efraim dan geword soos ’n onnosele duif sonder verstand;hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.

12 Wanneer hulle gaan,sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hullesoos in hulle samekoms aangekondig is.

13 Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het!Ék tog wou hulle verlos, maar húlle het leuens teen My gespreek.

14 Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.

15 Alhoewel Ek hulle arms geoefen, versterk het, het hulle kwaad teen My beraam.

16 Hulle keer terug,maarniena bo nie; hulle issoos ’n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaardweens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespottingin Egipteland.