JOËL 2

Ernstige oproep tot bekering.

1 BLAAS die basuinop Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe,want die dag van dieHerekom, want hy is naby —

2 ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag; soosdie môreskemering, uitgesprei oor die berge,kom’n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.

3 Voor hom uit verteer ’n vuur, en agter hom brand ’n vlam; voor hom lyk die land soosdie tuin van Eden, en agter hom is dit ’n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

4 Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.

5 Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ’n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ’n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.

6 Vir hom bewe die volke van angs,alleaangesigte verbleek.

7 Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.

8 En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle;maarhulle bly in gelid.

9 Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ’n dief.

10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel;die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.

11 En dieHereverhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van dieHereis groot en uitermate vreeslik, enwie kan dit verdra?

12 Maar selfs nou nog, spreek dieHere,bekeer julle tot My met julle hele hart, enmet vas en geween en rouklag.

13 Enskeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot dieHerejulle God; wantHy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;

14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy’n seën sal agterlaat —’n spysoffer en ’n drankoffer aan dieHerejulle God.

15 Blaas die basuin op Sion,heilig ’n vasdag, roep ’n vergadering saam!

16 Versamel die volk,heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge!Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.

17 Laat die priesters, die dienaars van dieHere,tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: oHere, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie;waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?

Belofte van oorvloed.

18 TOE het dieHeregeywer vir sy land en sy volk verskoon.

19 En dieHerehet geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir jullekoring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot ’n voorwerp van smaad onder die nasies nie.

20 Ja, Ek sal diesprinkaanswerm,uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ’n dor en woeste land; sy voorhoede nadie Oostelike See en sy agterhoede nadie Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en ’n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.

21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want dieHeredoen groot dinge!

22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!

23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in dieHerejulle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën,die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees endie parskuipe van mos en olie oorloop.

25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan,die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het — my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.

26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van dieHerejulle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, enmy volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

27 En julle sal weet dat Ekin die midde van Israel is, en datEk dieHerejulle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

28 En daarnasal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, enjulle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

30 EnEk sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.

31 Die son sal verander word in duisternis endie maan in bloed,voordat die groot endeurlugtige dag van dieHerekom.

32 Enelkeen wat die Naam van dieHereaanroep, sal gered word; wantop die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos dieHeregesê het, en onderdie vrygeraaktes die wat dieHeresal roep.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nine + 15 =