JOËL 3

Oordeel oor die vyande van die Here; seëninge oor sy volk.

1 WANT kyk,in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,

2 sal Ek al die nasies versamel en hulle nadie dal van Jósafat laat aftrek,om daar met hulle ’n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.

3 Enoor my volk het hulle die lot gewerp en ’n jong seun weggegee vir ’n hoer en ’n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.

4 En ook, wat het julle met Myte doen,o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.

5 Wantjulle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.

6 Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.

7 Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.

8 En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan ’n verafgeleë volk; want dieHerehet dit gespreek.

9 Roep dit uit onder die nasies, heilig ’n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!

10 Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ’n held.

11 Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde,Here, daarheen aftrek!

12 Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek nadie dal van Jósafat; want daar sal Ek sitom gerig te hou oor al die nasies rondom.

13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap,want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.

14 Menigtes, menigtesin die dal van beslissing, want naby is die dag van dieHerein die dal van beslissing!

15 Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.

16 En dieHerebrul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar dieHeresal ’n toevlug wees vir sy volk en ’n skuilplek vir die kinders van Israel.

17 Dan sal julle weet dat Ek dieHerejulle God is, wat woon op Sion,my heilige berg; dan sal Jerusalem ’n heiligdom wees waargeen vreemdes meer deur sal trek nie.

18 Enop dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; enuit die huis van dieHeresal daar ’n fontein uitkom om die dalSittim te besproei.

19 Egipte sal ’n woesteny word, enEdom ’n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.

20 Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.

21 En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ektevorenie onskuldig verklaar het nie; en dieHeresal op Sion bly woon.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × 3 =