HOSÉA 5

Straf op die sonde van die voormanne, en oproep tot bekering.

1 HOOR dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle virMispa ’n vangnet geword het en ’n uitgespreide net opTabor.

2 Ja, in verderflike praktykeverdiep die afvalliges hulle, maar Ek sal hulle almal tot tugtiging wees.

3 Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe,o Efraim! Israel is verontreinig.

4 Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, wantdaar is ’n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken dieHerenie.

5 Endie trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en Israel en Efraim sal struikel deur hulle ongeregtigheid, ook Juda sal saam met hulle struikel.

6 Met hulle kleinvee en hulle beeste sal hulle heengaan om dieHerete soek, maarHomnie vind nie. Hy het Hom aan hulle onttrek.

7 Hullehet troueloos gehandel teen dieHere, want hulle het onegte kinders verwek; nou sal die nuwemaan hulle met hul velde verteer.

8 Blaasdie basuin in Gíbea, die trompet in Rama! Hef aan die krygsgeskreeu inBet-Awen. Agter jou kom dit, Benjamin!

9 Efraim sal ’n woesteny word op die dag van straf; onder die stamme van Israel maak Ek bekend wat seker is.

10 Die vorste van Juda is sooshulle wat die grenslyne verlê. Ek sal my grimmigheid oor hulle uitgiet soos water.

11 Efraim isverdruk, verbreek deur die oordeel; want dit het hom behaag om na die gebodvan mensete wandel.

12 Daarom is Ek vir Efraim soos ’n mot en vir die huis van Juda soos ’n verrotting in die gebeente.

13 Toe Efraim sy krankheid sien en Judasy sweer, het Efraimna Assur gegaan en na koning Jareb gestuur; maar hý kan julle nie genees en julle van die sweer nie gesond maak nie.

14 WantEk is soos ’n leeu vir Efraim, en soos ’n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red.

15 Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek In hulle nood sal hulle My soek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen + nine =