SAGARÍA 7

Geregtigheid te oefen, is beter as om te vas.

1 ENin die vierde jaar van koning Daríus het die woord van dieHeretot Sagaría gekom, op die vierde dag van die negende maand, indie maandKislew.

2 Bet-el het toe Saréser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die aangesig van dieHereom genade te smeek

3 deur aandie priesters wat by die huis van dieHerevan die leërskare was, en aandie profete die vraag te stel: Moet ekin die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?

4 Daarop het die woord van dieHerevan die leërskare tot my gekom en gesê:

5 Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: Asjulle, nousewentig jaar lank, in die vyfde en in diesewendemaandgevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas?

6 En as julle eet en as julle drink, is dit dan nie júlle wat eet en júlle wat drink nie?

7 Is dit nie so met die woorde wat dieHeredeur die diens van die vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende stede nog bewoond en rustig was, en ookdie Suidland en die Laeveld nog bewoond was?

8 Verder het die woord van dieHeretot Sagaría gekom en gesê:

9 So het dieHerevan die leërskare gespreek en gesê: Spreek ’n eerlike vonnis uit enbewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.

10 En moet niedie weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.

11 Maar hulle het geweier om te luister en wederstrewig die skouer afgewend en hulle ore toegestop om nie te hoor nie.

12 Ook het hulle hul hart soos ’n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat dieHerevan die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van dieHerevan die leërskare ’n groot toorn gekom.

13 Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie — so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het dieHerevan die leërskare gesê.

14 Maar Ek sal hulle wegstorm onder al die nasieswat hulle nie geken het nie, terwyl die land agter hulle verwoes is,sodat niemand meer heen en weer trek nie. So het hulle dan die kostelike land tot ’n wildernis gemaak.

SAGARÍA 8

Belofte van heerlike seëninge.

1 EN die woord van dieHerevan die leërskare het gekom en gesê:

2 So spreek dieHerevan die leërskare:Ek ywer oor Sion met ’n groot ywer, ja, Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor.

3 So sê dieHere:Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word:Die stad van trou, en die berg van dieHerevan die leërskare: Die heilige berg.

4 So sê dieHerevan die leërskare:Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit — elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.

5 En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies wat op die pleine daarvan speel.

6 So sê dieHerevan die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë vandie oorblyfsel van hierdie volk in dié dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek dieHerevan die leërskare.

7 So sê dieHerevan die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlosuit die land van die ooste en uit die land van die weste

8 en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon.Dan sal hulle vir My ’n volk wees, en Ék sal vir hulle ’n God wees, in trou en geregtigheid.

9 So sê dieHerevan die leërskare:Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond vandie profeteop die dag toe die fondament gelê is van die huis van dieHerevan die leërskare, die tempel, om gebou te word.

10 Want vóór hierdie dae het die mense geen loon getrek nie, ook vir die diere was daar geen loon nie; en vir die wat uit- en ingaan, was daar weens die teëstander geen veiligheid nie; want Ek het al die mense die een teen die ander losgelaat.

11 Maar nou sal Ek vir die oorblyfsel van hierdie volk nie wees soos in vroeër dae nie, spreek dieHerevan die leërskare.

12 Want die saad van vrede, die wingerdstok, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrings lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe.

13 En soos julle’n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, datjulle ’n seën kan wees. Wees nie bevrees nie, laat julle hande sterk wees.

14 Want so sê dieHerevan die leërskare:Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê dieHerevan die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie —

15 so het Ek My weer voorgeneem om in hierdie dae goed te doen aan Jerusalem en die huis van Juda. Wees nie bevrees nie.

16 Dit is die dinge wat julle moet doen:Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en ’n regspraak van vrede in julle poorte!

17 En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek dieHere.

18 En die woord van dieHerevan die leërskare het tot my gekom en gesê:

19 So sê dieHerevan die leërskare: Die vasdag indie vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag indie sewende en die vasdag indie tiendemaandmoet vir die huis van Juda ’n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê.

20 So sê dieHerevan die leërskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede.

21 En die inwoners van die eenstadsal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van dieHereom genade te smeek en dieHerevan die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!

22 Sosal dan baie volke en magtige nasies kom om dieHerevan die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van dieHereom genade te smeek.

23 So sê dieHerevan die leërskare: In dié daesaltien manuit al die tale van die nasies die slip van ’n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.

SAGARÍA 9

Oordeel oor verskillende volke.

1 GODSPRAAK. Die woord van dieHereteen die land Hadrag, en op Damaskus bly dit rus — want dieHerehou die oog op die mense en op al die stamme van Israel.

2 En ookteenHamat wat daaraan grens;teenTirus saam metSidon, wanthy is baie slim.

3 Ja, Tirus het vir hom ’n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.

4 Kyk, die Here sal hom in besit neem ensy skans in die see werp, en hy sal deur vuur verteer word.

5 Áskelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Áskelon bly onbewoond;

6 en die baster sal inAsdod woon — so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn ’n einde maak —

7 en Ek saldie bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos ’n stamhoof in Juda, en Ekron soos’n Jebusiet.

8 EnEk sal om my huis ’n laer trek teen die leërmag, teendie wat heen en weer trek, sodatgeen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie; want nou het Ek dit met my eie oë gesien.

Die vrederyk van die Messías.

9 VERHEUG jou grootliks, odogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem!Kyk,jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy;nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die vul van ’n eselin.

10 EnEk sal die strydwaens uit Efraim en die perde uit Jerusalem uitroei, en die strydboog sal vernietig word. Dan sal Hyaan die nasies vrede verkondig,en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde.

11 Ook sal Ek, wat jou betref,o Sion,kragtensdie bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water.

12 Keer terug na die vesting,o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ekjou dubbel sal vergoed.

13 Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop; en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns,o Jawan, en Ek maak jou soos die swaard van ’n held.

14 Dan sal dieHereoor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; endie HereHeresal met die basuin blaas en intrekmet die storms uit die suide.

15 DieHerevan die leërskare sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, slingerstene vertrap; ook sal hulle drink, ’n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soosdie offerkomme, soos die hoeke van ’n altaar.

16 En dieHerehulle God sal hullein dié dag verlos as die kudde wat sy volk is; wanthulleis kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor sy land.

17 Want hoe groot is hulle voortreflikheid, en hoe groot hulle skoonheid! Die koring laat jongmanne en die mos jongedogters groei.

SAGARÍA 10

’n Heerlike toesegging aan Israel.

1 BID tot dieHereom reën in die tyd vandie laat reëns; dieHeremaak die weerligte, en Hy sal aan hulle ’n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.

2 Want die huisgode spreek bedrog, endie waarsêers sien leuens enverkondig nietige drome, hulle troos met wind. Daarom het hulle weggeswerwe soos ’n kudde; hulle verkeer in verdrukking,omdat daar geen herder is nie.

3 Teen die herders het my toorn ontvlam, en oordie voorbokke sal Ek besoeking bring; want dieHerevan die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.

4 Uit hom saldie hoeksteen, uit homdie muurpen, uit hom die strydboog, uit hom die heersers almal saam uitgaan.

5 En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want dieHereis met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.

6 En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle ’n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is dieHerehulle God, en Ek sal hulle verhoor.

7 En Efraim sal wees soos ’n held, enhulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in dieHere.

8 Ek wil vir hulle fluit en hulle vergader, want Ek het hulle losgekoop; en hulle sal net so talryk wees soos tevore.

9 EnEk sal hulle saai onder die volke, enin die verafgeleë streke sal hulle aan My dink; en hulle sal saam met hul kinders in die lewe bly en terugkom.

10 En Ek sal hulle terugbring uit Egipteland enuit Assur hulle vergader en hulle na die land Gílead en die Líbanon bring;maar dit sal vir hulle nie voldoende wees nie.

11 EnHy sal deur die see van benoudheid trek en die golwe in die see slaan, en al die dieptes van die Nyl sal opdroog; ook sal die trotsheid van Assirië neergewerp word, endie septer van Egipteland wyk.

12 En Ek sal hulle sterk maak in dieHere, enhulle sal in sy Naam wandel, spreek dieHere.

SAGARÍA 11

1 OPEN jou deure, o Líbanon, sodat vuur jou sederbome verteer!

2 Huil, o sipres, omdat die seder geval het, omdat die pragtigebomeverwoes is! Huil,eike van Basan, omdat die ontoeganklike woud afgekap is.

3 Hoor! die gejammer van die herders, want hulle heerlikheid is verwoes. Hoor! die geknor van die jong leeus, want die pronkbosse van die Jordaan is verwoes.

Die goeie en die slegte herder.

4 SO sê dieHeremy God:Wees herder van die slagskape —

5 hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy dieHere; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.

6 Want Ek sal met die inwoners van die land geen medelyde meer hê nie, spreek dieHere; maar kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning; en hulle sal die land verwoes, en Ek sal uit hulle hand nie red nie.

7 En ek het die slagskape — waarlikellendige skape! — opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas.

8 En ek het die drie herders in een maand vernietig. Toe het my siel ongeduldig geword oor hulle, terwyl hulle siel ook van my afkerig geword het.

9 Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie — wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!

10 Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek.

11 En dit is op dié dag verbreek. En sohet die ellendiges onder die skape wat op my ag gegee het, bemerk dat dit ’n woord van dieHerewas.

12 Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg:dertigsikkelssilwer.

13 Hierop sê dieHerevir my: Gooi dit vir die pottebakker —die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertigsikkelssilwer geneem en dit in die huis van dieHerevir die pottebakker gegooi.

14 Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek.

15 Daarop sê dieHerevir my: Neem weer vir jou die gereedskap van ’n herder, van ’n dwase.

16 Want kyk, Ek sal ’n herder verwek in die land; na wat verlore is, sal hy nie omkyk nie; wat verstrooi is, nie opsoek nie; en wat gebroke is, nie genees nie; en watnogregop staan, nie versorg nie. Maardie vleis van die vettes sal hy eet en selfs hulle kloue afruk.

17 Wee die slegte herderwat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!

SAGARÍA 12

Heil en seën vir die volk van die Here in die verre toekoms.

1 GODSPRAAK. Die woord van dieHereoor Israel. DieHerespreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves endie gees van die mens in sy binneste formeer:

2 Kyk,Ek maak Jerusalem vir al die volke rondomtot ’n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem.

3 En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ’n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.

4 In dié dag, spreek dieHere, sal Ek al die perdemet verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan.

5 Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my ’n sterkte deur dieHerevan die leërskare, hulle God.

6 In dié dag sal Ek die stamhoofde van Juda maaksoos ’n pan met vuur onder ’n hoop hout en soos ’n brandende fakkel onder gerwe — hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maarJerusalem sal nog bewoondwees op sy plek in Jerusalem.

7 En dieHeresal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem dié van Juda nie sal oortref nie.

8 In dié dag sal dieHeredie inwoners van Jerusalem rondom beskut, endie struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos ’n hemelse wese, soosdie Engel van dieHerevoor hulle uit.

9 Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg.

10 Maaroor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; enhulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos’n mens rouklaag oor ’n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ’n mens bitterlik ween oor ’n eersgebore kind.

11 In dié dagsal die rouklag groot wees in Jerusalem,soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megíddo.

12 En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, enhulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis vanNatan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik;

13 die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag vanSímeï afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.

14 Al die ander geslagte — elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.

SAGARÍA 13

Die volk van die Here word gereinig.

1 IN dié dag sal daar’n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.

2 En in dié dag, spreek dieHerevan die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.

3 En as iemand nog wil profeteer,sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van dieHereverkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer.

4 En in dié dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer,hom skaam oor sy gesig; enhulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.

5 Maar hy sal sê:Ek is geen profeet nie, ek is ’n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop.

6 En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.

7 Ontwaak, o swaard, teenmy herder, en teen die man watmy metgesel is! spreek dieHerevan die leërskare.Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes.

8 En in die ganse land, spreek dieHere— twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maareen-derde daarin oorbly.

9 Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring enhulle smelt soos ’n mens silwer smelt en hulle toets soos ’n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor.Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: DieHere, my God!

SAGARÍA 14

Die eindstryd van die Godsryk word met ’n heerlike oorwinning bekroon.

1 KYK, daar kom ’n dag vir dieHere; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word,o Jerusalem!

2 WantEk sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.

3 En dieHeresal uittrek en stryd voer teen dié nasiessoos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.

4 En in dié dag sal sy voete staanop die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na westot’n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.

5 En julle sal vlug in die dal van my berge — want die dal van die berge sal loop tot by Asal — en julle sal vlug soos julle gevlug hetvir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal dieHeremy God kom,al die heiliges met U!

6 En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.

7 En dit sal ’n enige dag wees wat aan dieHerebekend is — geen dag en geen nag nie; maarteen die aand sal dit lig word.

8 En in dié dag sal daarlewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.

9 EndieHeresal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal dieHereeen wees, en sy Naam een.

10 Die hele land salsoos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maarJerusalem selfsal hoog wees en woon op sy plek, vandie poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en vandie toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning.

11 En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.

12 En dit sal die plaag wees waarmee dieHereal die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.

13 En in dié dag sal ’n groot verwarring van dieHereonder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, endie hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.

14 En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere — ’n groot hoeveelheid.

15 En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.

16 En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het,saljaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, dieHerevan die leërskare, enom die huttefees te vier.

17 Enwie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, dieHerevan die leërskare, te aanbid nie —hulle sal geen reën kry nie.

18 En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geenreënsal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee dieHeredie nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.

19 Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.

20 In dié dag sal op die klokke van die perde staan:Heilig aan dieHere! En die potte in die huis van dieHeresal wees soosdie komme voor die altaar.

21 Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan dieHerevan die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem endaarin kook; en in dié dag sal daargeen Kanaäniet in die huis van dieHerevan die leërskare meer wees nie.

HAGGAI 1

Aansporing om die tempel te herbou.

1 IN die tweede jaar van koning Daríus, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van dieHeredeur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en totJosua, die seun van Jósadak,die hoëpriester, en gesê:

2 So spreek dieHerevan die leërskare: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die huis van dieHeregebou moet word nie.

3 So het die woord van dieHeredan gekomdeur die diens van die profeet Haggai en gesê:

4 Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lê?

5 So sê dieHerevan die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het:

6 julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ’n stukkende beurs te steek.

7 So sê dieHerevan die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!

8 Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek ’n welgevalle daaraan hê enMy verheerlik, sê dieHere.

9 Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek dieHerevan die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.

10 Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.

11 En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.

12 Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester,en die hele oorblyfsel van die volk gehoor gegee aan die stem van dieHerehulle God en aan die woorde van Haggai, die profeet, volgens die opdrag waarmee dieHerehulle God hom gestuur het; en die volk was vervul met vrees voor die aangesig van dieHere.

13 Daarop het Haggai, die boodskapper van dieHere, kragtensdie boodskap van dieHere, met die volk gespreek en gesê:Ek is met julle, spreek dieHere.

14 En dieHerehet die gees van Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en die gees van Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en die gees van die hele oorblyfsel van die volk opgewek. En toe het hulle gekom en die werk begin aan die huis van dieHerevan die leërskare, hulle God.

15 Dit was op die vier-en-twintigste dag van die sesde maand, in die tweede jaar van koning Daríus.

HAGGAI 2

Belofte omtrent die heerlikheid van die herboude tempel.

1 OP die een-en-twintigste dag van die sewendemaandhet die woord van dieHeredeur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê:

2 Spreek tog metSerubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en metJosua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, enmet die oorblyfsel van die volk en sê:

3 Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie net soos niks in julle oë nie?

4 Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek dieHere, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek dieHere, enwerk! WantEk is met julle, spreek dieHerevan die leërskare,

5 met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, enmy Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie!

6 Want so sê dieHerevan die leërskare: ’n Rukkienog, ’n kort tydjie, dansal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe.

7 Ek sal ookal die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasiessal toevloei; en Ek sal hierdie huismet heerlikheid vervul, sê dieHerevan die leërskare.

8 Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek dieHerevan die leërskare.

9 Die toekomstige heerlikheidvan hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê dieHerevan die leërskare; en op hierdie plek sal Ekvrede gee, spreek dieHerevan die leërskare.

10 Op die vier-en-twintigste van die negendemaandin die tweede jaar van Daríus, het die woord van dieHeregekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:

11 So sê dieHerevan die leërskare:Vra tog aan die priesters inligting uit die wet en sê:

12 As iemandheilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.

13 Daarop sê Haggai: As iemandwat deur ’n lyk verontreinig is,aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees.

14 Toe antwoord Haggai en sê: Só is in my oë hierdie volk en só hierdie nasie, spreek dieHere, en só is al die werk van hulle hande en wat hulle dáár offer — onrein is dit.

15 Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van dieHere,

16 in dié tydhet iemand gekom by ’n koringmied van twintigmaat,en daar was maar tien; hy het gekom bydie parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig.

17 Ekhet julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael — al die werk van julle hande — nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek dieHere.

18 Merk tog op, van hierdie dag af terug,van die vier-en-twintigstedag van die negendemaand,naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van dieHeregelê het; merk op:

19 Is daar nog saad in die skuur? Ja, selfs die wingerdstok en die vyeboom en die granaatboom en die olyfboom het niks opgelewer nie. Van hierdie dag af sal Ek seën.

20 Vir die tweede maal het die woord van dieHeretot Haggai gekomop die vier-en-twintigste van die maand en gesê:

21 Spreek met Serubbábel, die goewerneur van Juda, en sê:Ek sal die hemel en die aarde laat bewe.

22 EnEk sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; enEk sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val,die een deur die swaard van die ander.

23 In dié dag, spreek dieHerevan die leërskare, sal Ek jou neem, Serubbábel, seun van Seáltiël, my kneg, spreek dieHere, en jou maak tot’n seëlring, wantjou het Ek verkies, spreek dieHerevan die leërskare.