SAGARÍA 10

’n Heerlike toesegging aan Israel.

1 BID tot dieHereom reën in die tyd vandie laat reëns; dieHeremaak die weerligte, en Hy sal aan hulle ’n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.

2 Want die huisgode spreek bedrog, endie waarsêers sien leuens enverkondig nietige drome, hulle troos met wind. Daarom het hulle weggeswerwe soos ’n kudde; hulle verkeer in verdrukking,omdat daar geen herder is nie.

3 Teen die herders het my toorn ontvlam, en oordie voorbokke sal Ek besoeking bring; want dieHerevan die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.

4 Uit hom saldie hoeksteen, uit homdie muurpen, uit hom die strydboog, uit hom die heersers almal saam uitgaan.

5 En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want dieHereis met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.

6 En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle ’n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is dieHerehulle God, en Ek sal hulle verhoor.

7 En Efraim sal wees soos ’n held, enhulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in dieHere.

8 Ek wil vir hulle fluit en hulle vergader, want Ek het hulle losgekoop; en hulle sal net so talryk wees soos tevore.

9 EnEk sal hulle saai onder die volke, enin die verafgeleë streke sal hulle aan My dink; en hulle sal saam met hul kinders in die lewe bly en terugkom.

10 En Ek sal hulle terugbring uit Egipteland enuit Assur hulle vergader en hulle na die land Gílead en die Líbanon bring;maar dit sal vir hulle nie voldoende wees nie.

11 EnHy sal deur die see van benoudheid trek en die golwe in die see slaan, en al die dieptes van die Nyl sal opdroog; ook sal die trotsheid van Assirië neergewerp word, endie septer van Egipteland wyk.

12 En Ek sal hulle sterk maak in dieHere, enhulle sal in sy Naam wandel, spreek dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

10 + 20 =