SAGARÍA 7

Geregtigheid te oefen, is beter as om te vas.

1 ENin die vierde jaar van koning Daríus het die woord van dieHeretot Sagaría gekom, op die vierde dag van die negende maand, indie maandKislew.

2 Bet-el het toe Saréser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die aangesig van dieHereom genade te smeek

3 deur aandie priesters wat by die huis van dieHerevan die leërskare was, en aandie profete die vraag te stel: Moet ekin die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?

4 Daarop het die woord van dieHerevan die leërskare tot my gekom en gesê:

5 Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: Asjulle, nousewentig jaar lank, in die vyfde en in diesewendemaandgevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas?

6 En as julle eet en as julle drink, is dit dan nie júlle wat eet en júlle wat drink nie?

7 Is dit nie so met die woorde wat dieHeredeur die diens van die vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende stede nog bewoond en rustig was, en ookdie Suidland en die Laeveld nog bewoond was?

8 Verder het die woord van dieHeretot Sagaría gekom en gesê:

9 So het dieHerevan die leërskare gespreek en gesê: Spreek ’n eerlike vonnis uit enbewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.

10 En moet niedie weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.

11 Maar hulle het geweier om te luister en wederstrewig die skouer afgewend en hulle ore toegestop om nie te hoor nie.

12 Ook het hulle hul hart soos ’n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat dieHerevan die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van dieHerevan die leërskare ’n groot toorn gekom.

13 Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie — so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het dieHerevan die leërskare gesê.

14 Maar Ek sal hulle wegstorm onder al die nasieswat hulle nie geken het nie, terwyl die land agter hulle verwoes is,sodat niemand meer heen en weer trek nie. So het hulle dan die kostelike land tot ’n wildernis gemaak.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × 4 =