HAGGAI 2

Belofte omtrent die heerlikheid van die herboude tempel.

1 OP die een-en-twintigste dag van die sewendemaandhet die woord van dieHeredeur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê:

2 Spreek tog metSerubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en metJosua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, enmet die oorblyfsel van die volk en sê:

3 Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie net soos niks in julle oë nie?

4 Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek dieHere, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek dieHere, enwerk! WantEk is met julle, spreek dieHerevan die leërskare,

5 met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, enmy Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie!

6 Want so sê dieHerevan die leërskare: ’n Rukkienog, ’n kort tydjie, dansal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe.

7 Ek sal ookal die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasiessal toevloei; en Ek sal hierdie huismet heerlikheid vervul, sê dieHerevan die leërskare.

8 Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek dieHerevan die leërskare.

9 Die toekomstige heerlikheidvan hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê dieHerevan die leërskare; en op hierdie plek sal Ekvrede gee, spreek dieHerevan die leërskare.

10 Op die vier-en-twintigste van die negendemaandin die tweede jaar van Daríus, het die woord van dieHeregekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:

11 So sê dieHerevan die leërskare:Vra tog aan die priesters inligting uit die wet en sê:

12 As iemandheilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.

13 Daarop sê Haggai: As iemandwat deur ’n lyk verontreinig is,aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees.

14 Toe antwoord Haggai en sê: Só is in my oë hierdie volk en só hierdie nasie, spreek dieHere, en só is al die werk van hulle hande en wat hulle dáár offer — onrein is dit.

15 Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van dieHere,

16 in dié tydhet iemand gekom by ’n koringmied van twintigmaat,en daar was maar tien; hy het gekom bydie parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig.

17 Ekhet julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael — al die werk van julle hande — nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek dieHere.

18 Merk tog op, van hierdie dag af terug,van die vier-en-twintigstedag van die negendemaand,naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van dieHeregelê het; merk op:

19 Is daar nog saad in die skuur? Ja, selfs die wingerdstok en die vyeboom en die granaatboom en die olyfboom het niks opgelewer nie. Van hierdie dag af sal Ek seën.

20 Vir die tweede maal het die woord van dieHeretot Haggai gekomop die vier-en-twintigste van die maand en gesê:

21 Spreek met Serubbábel, die goewerneur van Juda, en sê:Ek sal die hemel en die aarde laat bewe.

22 EnEk sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; enEk sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val,die een deur die swaard van die ander.

23 In dié dag, spreek dieHerevan die leërskare, sal Ek jou neem, Serubbábel, seun van Seáltiël, my kneg, spreek dieHere, en jou maak tot’n seëlring, wantjou het Ek verkies, spreek dieHerevan die leërskare.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × five =