HANDELINGE 28

Paulus op die eiland Melíte.

1 EN eers toe ons gered was,het ons te wete gekom dat die eiland Melíte genoem word.

2 Endie inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het ’n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.

3 En Paulus het ’n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en ’n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.

4 En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar:Hierdie man is beslis ’n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.

5 Maar hy het die dier in die vuur afgeskud engeen kwaad gely nie.

6 En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander engesê dat hy ’n god was.

7 Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Públius was, in die omgewing van daardie plek ’n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.

8 En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hygebid het, homdie hande opgelê en hom gesond gemaak.

9 En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.

10 En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons van die nodige voorsien.

Paulus kom in Rome aan en bly twee jaar as gevangene in sy eie woning.

11 EN ná drie maande het ons afgevaar in’n skip van Alexandríë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.

12 En ons het by Sirakúse gekom en daar drie dae gebly.

13 Daarvandaan het ons omgeseil en by Régium aangekom en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons Putéoli bereik,

14 waar onsbroeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na Rome gegaan.

15 En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Áppius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.

16 En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maaraan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas.

17 En ná drie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders,alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie,is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine.

18 Hulle het my ondersoek enwou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien nie.

19 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om myop die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie.

20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit isoor die hoop van Israel dat ek methierdie ketting geboei is.

21 En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Judéa ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie.

22 Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdiesekte betref, is dit ons bekend datoral daarteen gespreek word.

23 En hulle het vir hom ’n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ’n kragtige getuienis het hy vir hulledie koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uitdie wet van Moses en uit die profete hulle probeeroortuig aangaande Jesus.

24 Ensommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly.

25 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek

26 en gesê:Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

28 Laat dit dan aan julle bekend wees datdie heil van Godaan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.

29 En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.

30 En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,

31 terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met vollevrymoedigheid sonder enige verhindering.

JOHANNES 1

Die vleeswording van die Woord.

1 IN die begin wasdie Woord, en die Woord wasby God, en die Woordwas God.

2 Hy was in die begin by God.

3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

5 Endie lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

6 Daar was ’n manvan God gestuur, wie se naamJohannes was.

7 Hy het tot ’n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

10 Hy was in die wêreld, endie wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

11 Hy het nasy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegeeom kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

13 watnie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.

14 Endie Woordhet vlees geword en het onder ons gewoon — en ons hetsy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

Getuienis van Johannes die Doper.

15 JOHANNES getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het:Hy wat ná my kom, het voor my geword,want Hy waseerder as ek.

16 En uit syvolheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.

17 Want die wet is deur Moses gegee; diegenade endie waarheid het deur Jesus Christus gekom.

18 Niemand het ooit God gesien nie;die eniggebore Seun wat indie boesem van die Vader is, dié hetHomverklaar.

19 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?

20 En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.

21 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is uElía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.

22 Toe sê hulle vir hom: Wie is u? — dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?

23 Hy antwoord: Ek isdie stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.

24 En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.

25 En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?

26 Johannes antwoord hulle en sê:Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie —

27 dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.

28 Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.

29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is dieLam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

30 Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ’n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.

31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word,daarom het ek gekom en met water gedoop.

32 En Johannes het getuig en gesê:Ek het die Gees soos ’n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.

33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit isHy wat met die Heilige Gees doop.

34 En ek het gesien en getuig dat Hydie Seun van God is.

Die eerste dissipels van Jesus.

35 DIE volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;

36 en toe hy Jesus sien wandel, sê hy:Dáár is die Lam van God!

37 En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.

38 En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:

39 Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi — dit wil sê, as dit vertaal word, Meester — waar is U tuis?

40 Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.

41 Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.

42 Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons hetdie Messías gevind — dit is, as dit vertaal word, die Christus.

43 En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy isSimon, die seun van Jona; jy sal genoem wordCéfas, wat vertaal word Petrus.

44 Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.

45 EnFilippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.

46 Filippus hetNatánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wieMoses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus,die seun van Josef vanNásaret.

47 En Natánael sê vir hom:Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.

48 Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

49 Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.

50 Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U isdie Seun van God, U isdie Koning van Israel!

51 Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.

52 En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien endie engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.

JOHANNES 2

Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana.

1 EN opdie derde dag was daar ’n bruilof teKana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.

2 En Jesus ensy dissipels was ook na die bruilof genooi.

3 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.

4 Jesus sê vir haar:Vrou, wat het Ek met u te doen?My uur het nog nie gekom nie.

5 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.

6 En daar het volgensdie reinigingsgebruikevan die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.

7 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water En hulle het hul tot bo toe volgemaak.

8 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar En hulle het dit gebring.

9 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het — en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet — roep die hoofdienaar die bruidegom

10 en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.

11 Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy hetsy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.

12 Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder ensy broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.

Jesus reinig die tempel.

13 ENdie pasga van die Jode was naby, en Jesus hetopgegaan na Jerusalem.

14 En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.

15 En Hy het ’n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.

16 En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moeniedie huis van my Vader ’n handelshuis maak nie.

17 En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is:Die ywer vir u huis het my verteer.

18 Toe antwoord die Jode en sê vir Hom:Watter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen?

19 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breekhierdie tempel af, en in drie daesal Ek dit oprig.

20 En die Jode sê: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?

21 Maar Hy het oordie tempel van sy liggaam gespreek.

22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, hetsy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle hetdie Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.

23 En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulledie tekens gesien het wat Hy doen.

24 Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het

25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; wantHy self het geweet wat in die mens is.

JOHANNES 3

Jesus onderrig Nikodémus aangaande die wedergeboorte.

1 EN daar was ’n man uit die Fariseërs met die naam vanNikodémus,’n owerste van die Jode.

2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ’n leraar is wat van God gekom het, want niemand kanhierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.

3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nieweer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uitwater enGees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom:Hoe kan hierdie dinge gebeur?

10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?

11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet enons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.

12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?

13 Enniemand het opgevaar in die hemel nie, behalweHy wat uit die hemel neergedaal het,naamlikdie Seun van die mens wat in die hemel is.

14 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,

15 sodatelkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maardie ewige lewe kan hê.

16 Wantso lief het God die wêreld gehad, dat Hysy eniggebore Seungegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

17 WantGod het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie,maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

19 En dit is die oordeel:dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het dieduisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.

20 Wantelkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.

21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

Nog ’n getuienis van Johannes die Doper.

22 HIERNA het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef engedoop.

23 En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.

24 WantJohannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.

25 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes ’n redenasie met die Jode ontstaan oordie reiniging.

26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met uoorkant die Jordaan was,van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.

27 Johannes antwoord en sê: ’n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.

28 Julle is self my getuies dat ek gesê het:Ek is nie die Christus nie; maardat ek voor Hom uitgestuur is.

29 Hy wat die bruid het, isdie bruidegom; maardie vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.

30 Hy moet meer word, maar ek minder.

31 Hy wat van bo kom, is bo almal;hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.

32 En wat Hygesien engehoor het, dit getuig Hy; enniemand neem sy getuienis aan nie.

33 Wie sy getuienis aangeneem het,het sy seël daarop gesit datGod waaragtig is.

34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God geeHomdie Gees nie met mate nie.

35 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.

36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

JOHANNES 4

Die Samaritaanse vrou.

1 TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak endoop as Johannes —

2 alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels —

3 het HyJudéa verlaat enweer na Galiléa gegaan.

4 En Hy moes deur Samaría gaan.

5 Hy kom toe by ’n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grondwat Jakob aan sy seun Josef gegee het.

6 En die fontein van Jakob was daar Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit.Dit was omtrent die sesde uur.

7 Daar kom ’n vrou uit Samaría om water te skep Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink —

8 want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.

9 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat ’n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ’n Samaritaanse vrou is? Wantdie Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.

10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir joulewende water gegee het.

11 Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens ’n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?

12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?

13 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;

14 maarelkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot indie ewige lewe.

15 Die vrou sê vir Hom:Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.

16 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.

17 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie ’n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie ’n man nie;

18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.

19 Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ’nprofeet is.

20 Ons vaders het ophierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, inJerusalem is.

21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uurwanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.

22 Julle aanbid watjulle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, wantdie saligheid is uit die Jode.

23 Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader ingees enwaarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet datdie Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom,sal Hy ons alles verkondig.

26 Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!

27 En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met ’n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar?

28 Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê:

29 Kom kyk ’n manwat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?

30 Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.

Die oes en die arbeiders.

31 EN intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi,eet.

32 Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.

33 Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?

34 Jesus sê vir hulle: My voedsel isom die wil te doen van Hom wat My gestuur het en omsy werk te volbring.

35 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die landedat hulle al wit is vir die oes.

36 En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodatdie saaier endie maaier saam bly kan wees.

37 Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ’n ander wat maai.

38 Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, enjulle het in hulle arbeid ingegaan.

39 En baie van die Samaritane uitdaardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.

40 Toe die Samaritane dan by Hom kom, het hulle by Hom aangedring om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.

41 En baie meer het op grond van sy woord geglo

42 en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus,die Saligmaker van die wêreld, is.

Genesing van die seun van die koninklike beampte.

43 EN nádie twee dae het Hy daarvandaan weggegaan en na Galiléa vertrek.

44 Want Jesus self het getuigdat ’n profeet in sy eie vaderland geen eer ontvang nie.

45 Toe Hy dan in Galiléa kom, het die GaliléërsHom ontvang,omdat hulle alles gesien het wat Hy in Jerusalem op die fees gedoen het; want hulle het ook na die fees gegaan.

46 Jesus het dan weer gekom teKana in Galiléa, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was ’n sekere koninklike beampte wie se seun in Kapérnaüm siek was.

47 Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa in Galiléa gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.

48 Jesus sê toe vir hom:As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.

49 Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe.

50 Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan.

51 En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!

52 Hy verneem toe van hulle die uur waarop hy beter geword het. En hulle sê vir hom: Gister, die sewende uur, het die koors hom verlaat.

53 Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun lewe! En hy het self geglo en sy hele huis.

54 Hierdie tweede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judéa in Galiléa gekom het.

JOHANNES 5

Genesing van die siek man in Betésda.

1 HIERNA was daar ’n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.

2 En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort ’n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.

3 Daarin het ’n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.

4 Want ’n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.

5 En ’n sekere man was daar, wat agt-en-dertig jaar aan sy siekte gely het.

6 Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ’n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?

7 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ’n ander een voor my in.

8 Jesus sê vir hom:Staan op, neem jou bed op en loop.

9 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dagwas dit sabbat.

10 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat;dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.

11 Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.

12 Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?

13 Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar ’n skare op die plek was.

14 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword;moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.

15 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.

Jesus verklaar dat Hy die Seun van God is, een met die Vader.

16 EN hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.

17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe,en Ek werk ook.

18 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het enHom met God gelykgestel het.

19 Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niksuit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.

20 Wantdie Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.

21 Want soos die Vader die dode opwek enlewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.

22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het diehele oordeel aan die Seungegee,

23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer.Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.

24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maarhet oorgegaan uit die dood in die lewe.

25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneerdie dodedie stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.

26 Want soos die Vader lewe het in Homself,so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.

27 EnHy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.

28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor

29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdatEk nie my wil soek nie, maardie wil van die Vader wat My gestuur het.

31 As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.

32 Daar is’n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.

33 Julle het na Johannes gestuur, enhy het vir die waarheid getuig.

34 Maar Ek neem die getuienis van ’n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.

35 Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir ’n tyd in sy lig te verbly.

36 Maar Ek het’n groter getuienis as dié van Johannes, wantdie werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.

37 En die Vader wat My gestuur het, Hyhet van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor ofsy gedaante gesien nie.

38 Enjulle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.

39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; endit is dié wat van My getuig.

40 Enjulle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.

41 Eer neem Ek van die mense nie aan nie.

42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.

43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ’nander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

44 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?

45 Moenie dinkdat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig — Moses op wie julle gehoop het.

46 Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy hetvan My geskrywe.

47 En as julle sy geskrifte nie glo nie,hoe sal julle my woorde glo?

JOHANNES 6

Die vermeerdering van die brode.

1 DAARNA hetJesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan;

2 en ’n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.

3 En Jesus het opdie berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit.

4 Endie pasga, die fees van die Jode, was naby.

5 Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat ’n groot menigte na Hom kom, sê Hy virFilippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?

6 Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen.

7 Filippus antwoord Hom: Brood vir tweehonderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle ’n stukkie kan kry nie.

8 Een van sy dissipels,Andréas, Simon Petrus se broer, sê vir Hom:

9 Hier is ’n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense?

10 En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. Endaar was baie gras op dié plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyfduisend in getal.

11 En Jesus het die brode geneem, ennadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê.

12 En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.

13 Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.

14 Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlikdie profeet wat in die wêreld sou kom.

15 En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.

Jesus loop op die see.

16 EN toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe.

17 En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle oor die see gevaar naKapérnaüm; en dit was al donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie.

18 En die see was onstuimig, omdat ’n sterk wind gewaai het.

19 En toe hulle omtrentdrie of viermyl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.

20 Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.

21 Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.

Jesus die brood van die lewe vir die gelowiges.

22 DIE volgende dag sien die skare watoorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.

23 Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.

24 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.

25 En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?

26 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.

27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spyswat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee;want Hom het God, die Vader,verseël.

28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?

29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.

30 En hulle sê vir Hom:Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?

31 Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is:Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.

32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.

33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.

34 Toe sê hulle vir Hom:Here, gee ons altyd hierdie brood.

35 En Jesus sê vir hulle: Ek isdie brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; enwie in My glo, sal nooit dors kry nie.

36 Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie.

37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.

38 WantEk het uit die hemel neergedaal, nie ommy wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het,Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.

40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

41 Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.

42 En hulle sê: Is Hy nie Jesus,die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?

43 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.

44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het,hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

45 Dit is geskrywe in die profete:En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.

46 Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.

47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,wie in My glo, het die ewige lewe.

48 Ek is die brood van die lewe.

49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.

50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.

51 Ek is die lewende broodwat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. Endie brood wat Ek sal gee, is my vleeswat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

52 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?

53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, asjulle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.

54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.

56 Wie my vlees eet en my bloed drink, blyin My en Ek in hom.

57 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.

58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het —nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.

59 Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy inKapérnaüm onderrig gegee het.

Baie van Jesus se dissipels verlaat Hom. Belydenis van Petrus.

60 EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?

61 En Jesushet in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle:Is dit julle tot ’n aanstoot?

62 Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sienopvaarwaar Hy tevore was?

63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

64 Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, enwie hy was wat Hom sou verraai.

65 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesêdat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.

66 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.

67 Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?

68 EnSimon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U hetdie woorde van die ewige lewe.

69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is,die Seun van die lewende God.

70 Jesus antwoord hulle: HetEk nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!

71 En Hy het bedoel Judas Iskáriot,die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.

JOHANNES 7

Ongeloof van Jesus se broers.

1 EN daarna het Jesus in Galiléa rondgegaan, wantHy wou nie in Judéa rondgaan nie,omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.

2 En die fees van die Jode,die huttefees, was naby.

3 Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.

4 Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.

5 Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.

6 Toe sê Jesus vir hulle:My tyd is nog nie daar nie Maar julle tyd is altyd daar.

7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.

8 Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.

9 En nadat Hy dit aan hulle gesê het, het Hy in Galiléa gebly.

Jesus leer in die tempel op die huttefees. Die Jode is oor Hom verdeeld. Hulle probeer om Hom gevange te neem.

10 MAAR nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.

11 En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?

12 En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê:Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.

13 Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie,uit vrees vir die Jode.

14 En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.

15 En die Jodehet hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?

16 Jesus antwoord hulle en sê:My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.

17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.

18 Hy wat uit homself spreek,soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.

19 Het Moses julle nie die wet gegee nie? Enniemand van julle hou die wet nie.Waarom wil julle My om die lewe bring?

20 Die skare antwoord en sê:U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?

21 Jesus antwoord en sê vir hulle:Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal.

22 Daarom het Moses julle die besnydenis gegee — nie dat dit van Moses is nie, maarvan die vaders — enop die sabbat besny julle ’n mens.

23 As ’n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdatEk ’n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?

24 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ’n regverdige oordeel.

25 Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?

26 En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Soudie owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is?

27 En hierdie man — ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemandvan waar Hy is nie.

28 Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog hetEk nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, iswaaragtig, virwie julle nie ken nie.

29 Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het.

30 Toeprobeer hulle om Hom gevange te neem; enniemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdatsy uur nog nie gekom het nie.

31 Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?

32 Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters hetdienaars gestuur om Hom gevange te neem.

33 Toe sê Jesus vir hulle: Nog ’n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.

34 Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.

35 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie nadie verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?

36 Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?

37 En op die laaste dag,die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê:As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome vanlewende water sal uit sy binneste vloei.

39 En dit het Hy gesê vandie Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo;want die Heilige Geeswas daar nog nie,omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

40 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlikdie profeet.

41 Ander het gesê:Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus danuit Galiléa?

42 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uitdie geslag van Dawid kom en uitBetlehem, die dorpwaar Dawid was nie?

43 Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.

44 En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.

45 Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?

46 Die dienaars antwoord: Nooit het ’n mens so gespreek soos hierdie mens nie.

47 En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?

48 Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?

49 Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!

50 Nikodémus —hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was — sê vir hulle:

51 Oordeelons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?

52 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.

53 En elkeen het huis toe gegaan.

JOHANNES 8

Die owerspelige vrou.

1 MAAR Jesus het na die Olyfberg gegaan.

2 Envroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, enHy het gaan sit en hulle geleer.

3 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ’n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.

4 En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ’n daad van egbreuk betrap;

5 enMoses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?

6 En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.

7 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê:Laat dié een van julle wat sonder sonde is,die eerste ’n klip op haar gooi.

8 En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.

9 En toe hulle dit hoor, het hulle,deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.

10 En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?

11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen ensondig nie meer nie.

Gesprek van Jesus oor sy goddelike sending.

12 EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê:Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

13 Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.

14 Jesus antwoord en sê vir hulle:Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weetvan waar Ek gekom het enwaarheen Ek gaan. Maarjulle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.

15 Julle oordeel volgens die vlees.Ek oordeel niemand nie.

16 En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdatEk nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.

17 En dit is ookin julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.

18 Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My.

19 Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord:Julle ken My nie en ook nie my Vader nie;as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.

20 Hierdie woorde het Jesus gespreek bydie skatkis terwyl Hy in die tempel geleer het. Enniemand het Hom gevange geneem nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.

21 En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, enjulle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.

22 Toe sê die Jode:Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?

23 En Hy sê vir hulle:Julle is van benede,Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld,Ek is nie uit hierdie wêreld nie.

24 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.

25 Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.

26 Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, iswaaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.

27 Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie.

28 En Jesus sê vir hulle: Wanneer julledie Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; enuit Myself doen Ek niks nie; maarnet wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.

29 En Hy wat My gestuur het, is met My;die Vader het My nie alleen gelaat nie,omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.

30 Terwyl Hy hierdie dinge spreek,het baie in Hom geglo.

31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.

32 En julle saldie waarheid ken, en die waarheidsal julle vrymaak.

33 Hulle antwoord Hom:Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?

34 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle datelkeen wat die sonde doen, ’n dienskneg van die sonde is.

35 Endie dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.

36 Asdie Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

37 Ek weet dat julledie geslag van Abraham is; maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat my woord geen ingang in julle vind nie.

38 Ek spreek van wat Ekby my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle byjul vader gesien het.

39 Hulle antwoord en sê vir Hom:Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle:As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;

40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.

41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom:Ons is nie uit ontug gebore nie; ons heteen Vader, naamlik God.

42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, wantEk het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.

43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.

44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ’nmensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneerhy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan.

45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.

46 Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?

47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

48 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ’n Samaritaan is envan die duiwel besete is nie?

49 Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.

50 En Ek soek niemy eer nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeel.

51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemandmy woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.

52 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.

53 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?

54 Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie.Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.

55 En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle ’n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord.

56 Abraham, julle vader,het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.

57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?

58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.

59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesushet stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.

JOHANNES 9

Genesing van die man wat blind gebore was.

1 EN toe Hy verbygaan, sien Hy ’n man wat blind was van sy geboorte af.

2 En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man ofsy ouers, dat hy blind gebore is?

3 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie;maar die werke van God moet in hom openbaar word.

4 Ek moetdie werke doen van Hom wat My gestuur het,so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.

5 So lank as Ek in die wêreld is,is Ek die lig van die wêreld.

6 En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van diespuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man

7 en sê vir hom: Gaan was jou indie badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.

8 Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?

9 Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.

10 Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?

11 Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.

12 En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.

13 Hulle bring hom na die Fariseërs — die man wat vroeër blind was.

14 Endit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.

15 Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.

16 En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie,omdat Hy die sabbat nie hou nie.Ander sê: Hoe kan ’n sondige mens sulke tekens doen? Endaar was verdeeldheid onder hulle.

17 Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is’n profeet.

18 En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.

19 En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?

20 Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;

21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.

22 Dit het sy ouers gesê omdathulle bang was vir die Jode; wantdie Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hyuit die sinagoge geban sou word.

23 Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.

24 Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man ’n sondaar is.

25 En hy antwoord en sê: Of Hy ’n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.

26 En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?

27 Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?

28 Hulle skel hom toe uit en sê: Jý is ’n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.

29 Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref,ons weet nie van waar Hy is nie.

30 Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!

31 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen,dié verhoor Hy.

32 Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van ’n blindgebore mens geopen het nie.

33 As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.

34 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.

35 Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy indie Seun van God?

36 Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?

37 En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; enHy wat met jou spreek, dit is Hy.

38 Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.

39 En Jesus sê:Tot ’n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodatdie wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.

40 En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?

41 Jesus antwoord hulle: As julle blind was,sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.