JOHANNES 2

Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana.

1 EN opdie derde dag was daar ’n bruilof teKana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.

2 En Jesus ensy dissipels was ook na die bruilof genooi.

3 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.

4 Jesus sê vir haar:Vrou, wat het Ek met u te doen?My uur het nog nie gekom nie.

5 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.

6 En daar het volgensdie reinigingsgebruikevan die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.

7 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water En hulle het hul tot bo toe volgemaak.

8 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar En hulle het dit gebring.

9 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het — en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet — roep die hoofdienaar die bruidegom

10 en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.

11 Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy hetsy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.

12 Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder ensy broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.

Jesus reinig die tempel.

13 ENdie pasga van die Jode was naby, en Jesus hetopgegaan na Jerusalem.

14 En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.

15 En Hy het ’n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.

16 En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moeniedie huis van my Vader ’n handelshuis maak nie.

17 En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is:Die ywer vir u huis het my verteer.

18 Toe antwoord die Jode en sê vir Hom:Watter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen?

19 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breekhierdie tempel af, en in drie daesal Ek dit oprig.

20 En die Jode sê: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?

21 Maar Hy het oordie tempel van sy liggaam gespreek.

22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, hetsy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle hetdie Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.

23 En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulledie tekens gesien het wat Hy doen.

24 Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het

25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; wantHy self het geweet wat in die mens is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × four =