JOHANNES 8

Die owerspelige vrou.

1 MAAR Jesus het na die Olyfberg gegaan.

2 Envroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, enHy het gaan sit en hulle geleer.

3 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ’n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.

4 En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ’n daad van egbreuk betrap;

5 enMoses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?

6 En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.

7 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê:Laat dié een van julle wat sonder sonde is,die eerste ’n klip op haar gooi.

8 En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.

9 En toe hulle dit hoor, het hulle,deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.

10 En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?

11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen ensondig nie meer nie.

Gesprek van Jesus oor sy goddelike sending.

12 EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê:Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

13 Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.

14 Jesus antwoord en sê vir hulle:Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weetvan waar Ek gekom het enwaarheen Ek gaan. Maarjulle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.

15 Julle oordeel volgens die vlees.Ek oordeel niemand nie.

16 En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdatEk nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.

17 En dit is ookin julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.

18 Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My.

19 Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord:Julle ken My nie en ook nie my Vader nie;as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.

20 Hierdie woorde het Jesus gespreek bydie skatkis terwyl Hy in die tempel geleer het. Enniemand het Hom gevange geneem nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.

21 En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, enjulle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.

22 Toe sê die Jode:Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?

23 En Hy sê vir hulle:Julle is van benede,Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld,Ek is nie uit hierdie wêreld nie.

24 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.

25 Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.

26 Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, iswaaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.

27 Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie.

28 En Jesus sê vir hulle: Wanneer julledie Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; enuit Myself doen Ek niks nie; maarnet wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.

29 En Hy wat My gestuur het, is met My;die Vader het My nie alleen gelaat nie,omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.

30 Terwyl Hy hierdie dinge spreek,het baie in Hom geglo.

31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.

32 En julle saldie waarheid ken, en die waarheidsal julle vrymaak.

33 Hulle antwoord Hom:Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?

34 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle datelkeen wat die sonde doen, ’n dienskneg van die sonde is.

35 Endie dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.

36 Asdie Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

37 Ek weet dat julledie geslag van Abraham is; maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat my woord geen ingang in julle vind nie.

38 Ek spreek van wat Ekby my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle byjul vader gesien het.

39 Hulle antwoord en sê vir Hom:Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle:As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;

40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.

41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom:Ons is nie uit ontug gebore nie; ons heteen Vader, naamlik God.

42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, wantEk het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.

43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.

44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ’nmensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneerhy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan.

45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.

46 Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?

47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

48 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ’n Samaritaan is envan die duiwel besete is nie?

49 Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.

50 En Ek soek niemy eer nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeel.

51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemandmy woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.

52 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.

53 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?

54 Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie.Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.

55 En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle ’n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord.

56 Abraham, julle vader,het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.

57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?

58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.

59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesushet stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

sixteen + 8 =