HANDELINGE 28

Paulus op die eiland Melíte.

1 EN eers toe ons gered was,het ons te wete gekom dat die eiland Melíte genoem word.

2 Endie inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het ’n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.

3 En Paulus het ’n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en ’n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.

4 En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar:Hierdie man is beslis ’n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.

5 Maar hy het die dier in die vuur afgeskud engeen kwaad gely nie.

6 En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander engesê dat hy ’n god was.

7 Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Públius was, in die omgewing van daardie plek ’n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.

8 En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hygebid het, homdie hande opgelê en hom gesond gemaak.

9 En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.

10 En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons van die nodige voorsien.

Paulus kom in Rome aan en bly twee jaar as gevangene in sy eie woning.

11 EN ná drie maande het ons afgevaar in’n skip van Alexandríë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.

12 En ons het by Sirakúse gekom en daar drie dae gebly.

13 Daarvandaan het ons omgeseil en by Régium aangekom en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons Putéoli bereik,

14 waar onsbroeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na Rome gegaan.

15 En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Áppius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.

16 En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maaraan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas.

17 En ná drie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders,alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie,is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine.

18 Hulle het my ondersoek enwou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien nie.

19 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om myop die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie.

20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit isoor die hoop van Israel dat ek methierdie ketting geboei is.

21 En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Judéa ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie.

22 Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdiesekte betref, is dit ons bekend datoral daarteen gespreek word.

23 En hulle het vir hom ’n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ’n kragtige getuienis het hy vir hulledie koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uitdie wet van Moses en uit die profete hulle probeeroortuig aangaande Jesus.

24 Ensommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly.

25 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek

26 en gesê:Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

28 Laat dit dan aan julle bekend wees datdie heil van Godaan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.

29 En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.

30 En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,

31 terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met vollevrymoedigheid sonder enige verhindering.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − 17 =