HANDELINGE 8

Die evangelie in Samaría. Simon die towenaar.

1 EN Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd ’n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, enalmal is verstrooi oor die streke van Judéa enSamaría, behalwe die apostels.

2 En godvresende manne het Stéfanus begrawe en ’n groot rou oor hom bedrywe.

3 Maar Saulushet die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.

4 Endie wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.

5 EnFilippus het afgekom in ’n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.

6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.

7 Want uit baie van die watonreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met’n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.

8 En daar was groot blydskap in daardie stad.

9 En ’n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stadmet towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.

10 En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê:Hy is die groot krag van God.

11 En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle ’n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.

12 Maar toe hulle Filippus geglo het, watdie evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.

13 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.

14 En toedie apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hullePetrus en Johannes na hulle gestuur.

15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid,dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,

16 wantHy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maarhulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.

17 Hulle het hul toedie hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied

19 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.

20 Maar Petrus sê vir hom:Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.

21 Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.

22 Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.

23 Want ek sien dat jy in’n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.

24 Maar Simon het geantwoord en gesê:Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.

25 Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.

Filippus en die hofdienaar van Ethiópië.

26 EN’n engel van die Here het metFilippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is ’n eensame pad.

27 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was ’n man van Ethiópië, ’n hofdienaar, ’n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was enna Jerusalem gekom het om te aanbid.

28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees.

29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.

30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?

31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.

32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít:Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.

33 In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.

34 En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?

35 En Filippus het sy mond geopen envan hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.

36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?

37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christusdie Seun van God is.

38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.

39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.

40 Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy inCesaréa gekom het.

HANDELINGE 9

Bekering van Saulus op die pad na Damaskus.

1 MAARSaulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan

2 en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.

3 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ’n lig van die hemel af;

4 en hy val op die gronden hoor ’n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?

5 En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

6 En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.

7 En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.

8 Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.

9 En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie.

10 En daar was ’n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ’n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.

11 Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat,en vra in die huis van Judas na ’n man met die naam van Saulus vanTarsus, want kyk, hy bid;

12 en hy het in ’n gesig ’n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.

13 Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoorhoeveel kwaad hy uheiliges in Jerusalem aangedoen het;

14 en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.

15 Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ’n uitverkore werktuig om my Naam te dra voornasies enkonings en die kinders van Israel.

16 WantEk sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.

17 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur,naamlikJesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien enmet die Heilige Gees vervul word.

18 En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan enis gedoop.

19 En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword.En Saulus was ’n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.

Saulus word vervolg.

20 EN hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.

21 En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hý nie die man wat in Jerusalemuitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, enhier gekom het met die doelom hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?

22 Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy,Jesus,die Christus is.

23 En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.

24 En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring;

25 maar die dissipels het hom geneem enin die nag deur die muur neergelaat deur hom in ’n mandjie te laat afsak.

26 Entoe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy ’n dissipel was nie.

27 MaarBárnabas het hom geneem enna die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.

28 En hy het saam met hulle in- en uitgegaan in Jerusalem

29 en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met dieGriekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maarhulle het probeer om hom dood te maak.

30 En toe die broeders dit agterkom, het hulle hom naCesaréa afgebring en hom naTarsus weggestuur.

31 Endie gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here endie vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.

Genesing van Enéas. Opwekking van Tabíta.

32 EN onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom bydie heiliges wat in Lidda woon;

33 en hy het daar ’n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.

34 En Petrus sê vir hom: Enéas,Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.

35 En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.

36 En in Joppe was daar ’n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.

37 En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in ’n bovertrek neergelê.

38 En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.

39 En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder- en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.

40 En Petrus hetalmal buitentoe gestuur enneergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai engesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.

41 En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hydie heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.

42 En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.

43 En hy het ’n geruime tyd in Joppe gebly by ’n sekereSimon, ’n leerlooier.

HANDELINGE 10

Die hoofman Cornelius.

1 EN daar was in Cesaréa ’n man met die naam van Cornelius, ’n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.

2 Hy met sy hele huis wasvroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.

3 Hy het duidelik in ’n gesig omtrent die negende uur van die dag’n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!

4 En hy het die oë op hom gehou envol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God ingedagtenis gekom.

5 Stuur dan nou manne naJoppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.

6 Hy is tuis by ’n sekereSimon, ’n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.

7 En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en ’n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,

8 en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.

9 En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom,het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;

10 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar’n verrukking van sinne oor hom gekom:

11 hy sien die hemel geopend en ’n voorwerp soos ’n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.

12 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.

13 Toe kom daar ’n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!

14 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs ofonreins geëet nie.

15 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het,mag jy nie onheilig ag nie.

16 En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.

17 En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon.

18 En hulle roep en vra of Simon, wat ook Petrus genoem word, daar tuis is.

19 En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar isdrie manne wat jou soek.

20 Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.

21 En Petrus het afgeklim na die manne wat deur Cornelius na hom gestuur was, en gesê: Kyk, dit is ek wat julle soek. Wat is die rede waarom julle hier is?

22 En hulle sê: Cornelius, ’n hoofman oor honderd, ’n regverdige en godvresende man, wat ’n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het ’n goddelike openbaring ontvang deur ’n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê.

23 En hy het hulle binnegenooi en geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, enenkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan.

24 Die dag daarop het hulle inCesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep.

25 Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan enaan sy voete neergeval en hom hulde bewys.

26 Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op,ek is self ook maar ’n mens.

27 En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vindbaie wat vergader het;

28 en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ’n Joodse manom met iemand van ’n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maarGod het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.

29 Daarom het ek, toe ek gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.

30 En Cornelius sê:Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, endie negende uur het ek in my huis gebid,

31 en meteens staan daar ’n man voor my in ’n blink kleed en sê: Cornelius, jou gebed is verhoor en jou aalmoese is voor God in herinnering gebring.

32 Stuur dan na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy vertoef in die huis van Simon, ’n leerlooier, by die see; as hy kom, sal hy met jou spreek.

33 Ek het toe op die daad na u gestuur, en u het goed gedoen om te kom. Ons is dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u opgedra is.

34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,

35 maar datin elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.

36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie vanvrede verkondig het deur Jesus Christus — Hy isdie Here van almal.

37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het envan Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,

38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe GodHom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdatGod met Hom was.

39 En ons isgetuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ’n kruishout op te hang.

40 Hom hetGod op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn

41 nie aan die hele volk nie, maar aangetuies wat deur God vantevore verkies was, aan onswat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.

42 EnHy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig datdit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.

43 Aangaande Hom getuigal die profete dat elkeen wat in Hom glo,vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.

44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

45 Endie gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.

46 Want hulle het gehoor hoe hullein tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:

47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?

48 En hyhet beveel dat hulle gedoop moet wordin die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ’n paar dae te bly.

HANDELINGE 11

Petrus verantwoord hom voor die gemeente waarom hy Cornelius gedoop het.

1 EN die apostels endie broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.

2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem,het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis

3 en gesê:By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.

4 En Petrus het begin en vir hulle die loop van die saak uiteengesit en gesê:

5 Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in ’n verrukking van sinne het ek ’n gesig gesien: ’n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos ’n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.

6 En toe ek die oë daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.

7 En ek hoor ’n stem vir my sê: Staan op, Petrus, slag en eet!

8 Maar ek antwoord: Nooit nie, Here, want niks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie.

9 En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

10 En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.

11 En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesaréa na my gestuur was.

12 En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdieses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.

13 En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word;

14 hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy enjou hele huis gered sal word.

15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle gevalsoos ook op ons in die begin.

16 Enek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het:Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?

18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê:So het God dan ook aan die heidene diebekering tot die lewe geskenk.

Die evangelie word in Antiochíë verkondig.

19 DIEwat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot byFenícië enCiprus enAntiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.

20 En daar was sommige van hulle, Cipriese enCirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met dieGriekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.

21 En die hand van die Here was met hulle, en ’n groot getal het gelowig geword enhulle tot die Here bekeer.

22 En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle hetBárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë.

23 Toe hy daar kom endie genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;

24 want hy was ’n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ’n aansienlike skare is aan die Here toegebring.

25 Toe vertrek Bárnabas naTarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom naAntiochíë gebring.

26 En hulle het ’n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ’n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keerChristene genoem.

27 En in dié dae het daarprofete van Jerusalem na Antiochíë afgekom.

28 En een van hulle met die naam vanÁgabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ’n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiserClaudius.

29 En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoëietssou stuur tot versorging van diebroeders wat in Judéa woon.

30 En dit het hulle ook gedoen en dit deur Bárnabas en Saulus aandie ouderlinge gestuur.

HANDELINGE 12

Herodes vervolg die gemeente, maak Jakobus dood, sit Petrus in die gevangenis. Petrus word uit die gevangenis verlos. Dood van Herodes.

1 EN omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.

2 En hy hetJakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.

3 Entoe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit wasdie dae van die ongesuurde brode.

4 Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vierwagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom nádie paasfees voor die volk te bring.

5 So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ’n aanhoudende gebed tot Goddeur die gemeente vir hom opgegaan.

6 En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.

7 En meteens staan daar’n engel van die Here by hom, en ’n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.

8 En die engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!

9 En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy ’n gesig sien.

10 En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, endit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.

11 Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit aldie verwagtinge van die Joodse volk.

12 En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder vanJohannes wat ookMarkus genoem word, waar baie in diegebed bymekaar was.

13 En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het ’n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoorwie daar was.

14 En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.

15 Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit issy engel.

16 En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.

17 Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aanJakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na ’n ander plek vertrek.

18 En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.

19 Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en daar gebly.

20 En Herodes was verbitterd teen die Tiriërs en Sidoniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land onderhoud uit die koning s’n ontvang het.

21 En op ’n bepaalde dag het Herodes ’n koninklike kleed aangetrek en op dietroon gaan sit en hulle toegespreek.

22 Daarop het die volk hom toegeroep: ’n Stem van ’n god en nie van ’n mens nie!

23 En onmiddellik het ’n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.

24 Maardie woord van God het gegroei en toegeneem.

25 En Bárnabas en Saulus het vanJerusalem teruggekeer, nadat hulle hul diens vervul het, en hulle het Johannes saamgeneem, wat ook Markus genoem word.

HANDELINGE 13

Bárnabas en Paulus word deur die gemeente van Antiochíë na die heidene gestuur. Hulle prediking op Ciprus. Élimas die towenaar.

1 EN daar was in die plaaslike gemeente inAntiochíë sekereprofete enleraars, naamlikBárnabas en Símeon wat Niger genoem word, enLúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam metHerodes, die viervors, grootgeword het, enSaulus.

2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien ente vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werkwaarvoor Ek hulle geroep het.

3 En toe hulle gevas engebid het en hulledie hande opgelê het, laat hulle hul gaan.

4 So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar naCiprus.

5 En toe hulle in Sálamis kom, het hulle die woord van Godin die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ookJohannes as helper gehad.

6 En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en ’ntowenaar gevind, ’n valse profeet, ’n Jood met die naam van Bar-Jesus.

7 Hy was bydie goewerneur Sérgius Paulus, ’n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.

8 Maar Élimas die towenaar — want so word sy naam vertaal — het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.

9 Maar Saulus, dit is Paulus,vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:

10 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?

11 En nou, kyk,die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ’ntyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.

12 Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.

Rede van Paulus in die sinagoge van Antiochíë in Pisídië. Teëstand van die Jode.

13 EN Paulus en sy metgeselle het afgevaar vanPafos en by Perge in Pamfílië gekom. EnJohannes het hulle verlaat enna Jerusalem teruggekeer.

14 Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdagin die sinagoge gegaan en gaan sit.

15 En ná die lesingvan die wet en dieprofete hetdie hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle ’nwoord van opwekking vir die volk het, spreek dan!

16 Toe staan Paulus op,wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!

17 Die God van hierdie volk Israel het ons vadersuitverkies en die volk verhoogtoe hulle bywoners in Egipteland was, enmet ’n hoë arm hulle daaruit gelei.

18 En omtrentveertig jaar lank het Hy hulle in die woestyn verdra.

19 Ensewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei enhulle land deur die lot aan hulle uitgedeel.

20 En daarna omtrentvierhonderd-en-vyftig jaar lank hetHy rigters gegee tot op Samuel, die profeet.

21 En van toe af hethulle ’n koning begeer, enGod het aan hulle gegee Saul, die seun van Kis,’n man uit die stam van Benjamin, veertig jaar lank.

22 En nadat Hy hom afgesit het,het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het:Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind,’n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.

23 Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel,volgens die belofte,Jesus as Verlosser verwek,

24 nadatJohannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.

25 En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê:Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom ná my, wie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.

26 Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees,vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.

27 Want die inwoners van Jerusalem en hulle owersteshet Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profetevervulwat elke sabbat gelees word.

28 Enal het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.

29 En toehulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is,het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in ’n graf neergelê.

30 MaarGod het Hom uit die dode opgewek.

31 Engedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het van Galiléa na Jerusalem, en hulle is sygetuies by die volk.

32 En ons bring julle die goeie tyding vandie belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek,

33 soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is:U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

34 En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle geedie heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.

35 Daarom sê Hy ook op ’n anderplek:U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.

36 Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,

37 maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.

38 Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, datdeur Homvergifnis van sondes aan julle verkondig word,

39 endat elkeen wat glo, deur Homgeregverdig word van alleswaarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

40 Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is nie:

41 Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.

42 En toe die Jode uit die sinagoge gaan,het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word.

43 En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om indie genade van God te bly.

44 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

45 Maar toe die Jode die skare sien, is hullemet nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.

46 Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van Godaan julle eers verkondig moes word.Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie — kyk,ons wend ons tot die heidene.

47 Want so het die Here aan ons bevel gegee:Ek het U ’n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.

48 En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig gewordalmal wat verordineer was tot die ewige lewe.

49 En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.

50 Maardie Jode het die godsdienstige enaansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ’n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.

51 Toe hethulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en naIkónium gegaan.

52 En die dissipels is vervul metblydskap en metdie Heilige Gees.

HANDELINGE 14

Die evangelie word verkondig in Ikónium, Listre en Derbe. Seën en vervolging. Terugkeer na Antiochíë.

1 EN op dieselfde wyse het hulle inIkóniumin die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat ’n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.

2 Maar die ongehoorsame Jodehet die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.

3 Hulle het toe ’n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aandie woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.

4 En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met dieapostels saamgegaan.

5 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, ’n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,

6 het hulle dit gewaargeword engevlug na die stede van Likaónië,Listre enDerbe en die omstreke.

7 En daar het hulle die evangelie verkondig.

8 En in Listre het daar ’n man gesit wat magteloos was aan sy voete,kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.

9 Hy het geluister terwyl Paulus spreek; enPaulushet die oë op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof hetom gesond te word,

10 met ’n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy hetopgespring en begin rondloop.

11 En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaónies:Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.

12 En hulle het vir Bárnabas Júpiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.

13 En die priester van Júpiter wiese tempelvoor hulle stad was, het stiere en kranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offer.

14 Maar toe dieapostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor,het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep

15 en gesê: Manne,waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdienietige dinge moet bekeer totdie lewende Godwat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

16 Hy het in die tye wat verby is,toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel,

17 al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemelvir ons reën en vrugbare tye te geeenons harte metvoedsel envrolikheid te vervul.

18 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer.

19 Maardaar het Jode vanAntiochíë enIkónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het,Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.

20 Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas naDerbe vertrek.

21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ’n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan naListre enIkónium enAntiochíë,

22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te blydeur te sê:Ons moetdeur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

23 En hulle het in elke gemeente vir hulleouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

24 Toe gaan hulle deurPisídië en kom in Pamfílië;

25 en nadat hulle die woord inPerge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië.

26 En daarvandaan het hulle weggevaar naAntiochíë, waar hulle aandie genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.

27 En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy’n deur van geloof vir die heidene geopen het.

28 En hulle het daar by die dissipels ’n geruime tyd deurgebring.

HANDELINGE 15

Vraag oor die onderhouding van die besnydenis en die wet van Moses. Vergadering in Jerusalem en besluit daaromtrent.

1 ENsekere persone wat van Judéa afgekom het, hetdie broeders geleer:As julle nie besny wordvolgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.

2 Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog ’n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels enouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.

3 Enhulle is deur die gemeente uitgelei en hetFenícië en Samaría deurgegaan envertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.

4 En by hulle aankoms in Jerusalemis hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hullehet verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het.

5 Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.

6 En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.

7 En toe daar ’n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weetdat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.

8 En God wat die harte ken,het vir hulle getuienis gegeedeur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

9 EnHy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie,aangesien Hy hulle harte gereinig hetdeur die geloof.

10 Nou dan, waarom versoek julle Goddeur op die nek van die dissipels ’n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?

11 Maar ons glo dat onsdeur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.

12 En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel watGod deur hulle onder die heidene gedoen het.

13 En nadat hulle geswyg het, antwoordJakobus en sê: Broeders, luister na my!

14 Símeonhet vertel hoe God in die begin uitgesien het om ’n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.

15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:

16 Daarna sal Ek terugkom en dievervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,

17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

18 Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.

19 Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulletot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,

20 maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthouvan die dinge wat deur die afgode besoedel is en vanhoerery en vanwat verwurg is en vanbloed.

21 Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig,terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.

22 Toe het die apostels en dieouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas,naamlikJudas, met die bynaam van Bársabas, enSilas, manne wat voorgangers onderdie broeders was.

23 En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en dieouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë enSírië en Cilícië: Groete!

24 Aangesien ons gehoor hetdat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,

25 het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus —

26 mannewat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.

27 Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.

28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

29 dat julle jul onthou vanafgodsoffers en vanbloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

30 So is hulle dan weggestuur en het inAntiochíë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.

31 En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.

32 En Judas en Silas, wat self ookprofete was, het die broeders met baie woorde bemoedig enversterk.

33 En nadat hulle ’n tyddaardeurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.

34 MaarSilas het besluit om daar te bly.

Paulus en Bárnabas skei van mekaar.

35 EN Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.

36 En ’n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoekin al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.

37 En Bárnabas wouJohannes, wat Markus genoem word, saamneem.

38 Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neemwat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.

39 Daar het toe ’n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; enBárnabas het Markus saamgeneem en naCiprus uitgeseil.

Tweede sendingreis van Paulus saam met Silas en Timótheüs.

40 MAAR Paulus hetSilas gekies en afgereis nadat hydeur die broeders aan die genade van God opgedra was.

41 En hy hetSírië en Cilícië deurgegaan endie gemeentes versterk.

HANDELINGE 16

1 EN hy het inDerbe en Listre aangekom; en daar was ’n dissipel met die naam vanTimótheüs,seun van ’n gelowige Joodse vrou, maar van ’n Griekse vader.

2 Hy het goeie getuienis gehad van die broeders in Listre en Ikónium.

3 Paulus wou hê dat hy saam met hom op reis sou gaan, enhy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader ’n Griek was.

4 En op hulle reis deur die stede het hulle die verordeningewat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou.

5 Endie gemeentes isversterk in die geloof en het elke dag vermeerder in getal.

6 En hulle het deur die land Frígië enGalásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.

7 En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.

8 So het hulle dan Mísië verbygegaan en naTroas afgekom.

Die gesig in Troas. Paulus seil na Macedónië en preek in Filíppi. Lídia, die purperverkoopster. Die tronkbewaarder van Filíppi.

9 EN Paulus het ’n gesig in die nag gesien — daar staan ’n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons!

10 En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.

11 Ons het dan afgevaar van Troas en reguit koers gehou na Samothráce, en die volgende dag na Neápolis,

12 en daarvandaan naFilíppi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedónië, ’nkolonie. En ons het in hierdie stad ’n paar dae deurgebring.

13 En op die sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs ’n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.

14 En ’n vrou met die naam van Lídia, ’n purperverkoopster van die stadThiatíre, ’n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.

15 En toe syen haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.

16 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ’n slavin met ’n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.

17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.

18 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

19 Entoe haar eienaars sien dat die hoop van hulle wins weg was, het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die mark voor die owerheid gesleep

20 en hulle voor die regters gebring en gesê: Hierdie mannebring ons stad in opskudding, omdat hulle Jode is,

21 en hulle verkondig sedes wat vir ons nie geoorloof is om aan te neem of na te volg nie, omdatons Romeine is.

22 En die skare het saam teen hulle opgestaan, en die regters het hulle klere laat afskeur en bevel gegeeom hulle met stokke te slaan.

23 En toe hulle hulbaie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp en die tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig te bewaak.

24 Hy het toe, omdat hy so ’n bevel ontvang het, hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete in die blok vasgemaak.

25 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.

26 En skielikkom daar ’n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het aldie deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.

27 En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy ’n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het.

28 Maar Paulus het met ’n groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.

29 En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende voor Paulus en Silas neer.

30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?

31 Toe sê hulle:Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy enjou huisgesin.

32 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.

33 En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.

34 Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle ’n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.

35 En toe dit dag word, stuur die regters die geregsdienaars en sê: Laat daardie manne los.

36 En die tronkbewaarder het hierdie woorde aan Paulus oorgebring: Die regters het laat weet dat julle losgelaat moet word; gaan dan nou uit en reis in vrede!

37 Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons in die openbaaronveroordeeld geslaan, ons wat Romeinse burgers is, en ons in die gevangenis gewerp, en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? Volstrek nie! Laat hulle self kom en ons uitlei.

38 En die geregsdienaars het hierdie woorde aan die regters oorgebring, endié het bang geword toe hulle hoor dat hulle Romeine was.

39 Daarop het hulle gekom en hulle gesmeek en uitgelei met dieversoek om uit die stad te vertrek.

40 En nadat hulle die gevangenis verlaat het, het hulle nadie huis van Lídia gegaan; en hulle het die broeders gesien, hulle bemoedig en weggegaan.

HANDELINGE 17

Paulus in Thessaloníka en Beréa.

1 TOE het hulle deur Amfípolis en Apollónië gereis en inThessaloníka gekom, waar ’n sinagoge van die Jode was.

2 Envolgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreekuit die Skrifte

3 endit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, engesê:Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.

4 En sommige van hulle is oortuig en het hulle by Paulus en Silas aangesluit, ook ’n groot menigte van die godsdienstigeGrieke en ’n groot aantal van die aansienlikste vroue.

5 Maar die ongelowige Jode was afgunstig en het slegte manne van die leeglopers saamgeneem en die stad in opskudding gebring deur ’n volksoploop te bewerk. En hulle het die huis van Jason aangeval en probeer om hulle voor die volk te bring.

6 Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en ’n paarbroeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu:Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom,

7 en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar ’n ander koning is,naamlikJesus.

8 En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het.

9 Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.

10 Daarop het die broedersdadelik in die nag Paulus en Silas na Beréaweggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan.

11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

12 Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van dieaansienlike Grieke ’n groot aantal, vroue en manne.

13 Maar toe die Jode van Thessaloníka verneem het dat die woord van God ook in Beréa deur Paulus verkondig was, het hulle gekom en die skare ook daar opgesweep.

14 Die broedershet Paulus toe dadelik weggestuur om in die rigting van die see te gaan, maar Silas enTimótheüs het daar gebly.

Paulus in Athéne. Sy rede op die Areópagus.

15 EN die wat Paulusbegelei het, het hom tot by Athéne gebring, en nadat hulle opdrag ontvang het aan Silas en Timótheüs om so gou moontlik na hom te kom, het hulle vertrek.

16 En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.

17 Hy het toein die sinagoge met die Jodegespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom.

18 En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy ’n verkondiger is van vreemde gode — omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus endie opstanding verkondig het.

19 En hulle het hom geneem en op die Areópagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?

20 Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.

21 Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie.

22 Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.

23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ’n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ’n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.

24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is,woon nie in tempels met hande gemaak nie.

25 Ook word Hy nie deur mensehande gedienasof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almallewe en asem en alles gee.

26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye endie grense van hulle woonplek vasgestel het,

27 sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind,al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;

28 wantin Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige vanjulle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

29 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.

30 God het dan die tye van onkundeoorgesien enverkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,

31 omdat Hy ’n dag bepaal het waaropHy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ’n Man wat Hy aangestel het, en Hy hethiervanaan almal sekerheid gegee deur Homuit die dode op te wek.

32 Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê:Ons sal u weer hieromtrent hoor.

33 En so het Paulus van hulle weggegaan.

34 Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dionísius, dieAreopagiet, was, en ’n vrou met die naam van Dámaris en ander saam met hulle.