HANDELINGE 15

Vraag oor die onderhouding van die besnydenis en die wet van Moses. Vergadering in Jerusalem en besluit daaromtrent.

1 ENsekere persone wat van Judéa afgekom het, hetdie broeders geleer:As julle nie besny wordvolgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.

2 Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog ’n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels enouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.

3 Enhulle is deur die gemeente uitgelei en hetFenícië en Samaría deurgegaan envertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.

4 En by hulle aankoms in Jerusalemis hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hullehet verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het.

5 Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.

6 En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.

7 En toe daar ’n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weetdat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.

8 En God wat die harte ken,het vir hulle getuienis gegeedeur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

9 EnHy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie,aangesien Hy hulle harte gereinig hetdeur die geloof.

10 Nou dan, waarom versoek julle Goddeur op die nek van die dissipels ’n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?

11 Maar ons glo dat onsdeur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.

12 En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel watGod deur hulle onder die heidene gedoen het.

13 En nadat hulle geswyg het, antwoordJakobus en sê: Broeders, luister na my!

14 Símeonhet vertel hoe God in die begin uitgesien het om ’n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.

15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:

16 Daarna sal Ek terugkom en dievervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,

17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

18 Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.

19 Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulletot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,

20 maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthouvan die dinge wat deur die afgode besoedel is en vanhoerery en vanwat verwurg is en vanbloed.

21 Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig,terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.

22 Toe het die apostels en dieouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas,naamlikJudas, met die bynaam van Bársabas, enSilas, manne wat voorgangers onderdie broeders was.

23 En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en dieouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë enSírië en Cilícië: Groete!

24 Aangesien ons gehoor hetdat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,

25 het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus —

26 mannewat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.

27 Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.

28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

29 dat julle jul onthou vanafgodsoffers en vanbloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

30 So is hulle dan weggestuur en het inAntiochíë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.

31 En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.

32 En Judas en Silas, wat self ookprofete was, het die broeders met baie woorde bemoedig enversterk.

33 En nadat hulle ’n tyddaardeurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.

34 MaarSilas het besluit om daar te bly.

Paulus en Bárnabas skei van mekaar.

35 EN Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.

36 En ’n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoekin al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.

37 En Bárnabas wouJohannes, wat Markus genoem word, saamneem.

38 Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neemwat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.

39 Daar het toe ’n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; enBárnabas het Markus saamgeneem en naCiprus uitgeseil.

Tweede sendingreis van Paulus saam met Silas en Timótheüs.

40 MAAR Paulus hetSilas gekies en afgereis nadat hydeur die broeders aan die genade van God opgedra was.

41 En hy hetSírië en Cilícië deurgegaan endie gemeentes versterk.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one + five =