HANDELINGE 14

Die evangelie word verkondig in Ikónium, Listre en Derbe. Seën en vervolging. Terugkeer na Antiochíë.

1 EN op dieselfde wyse het hulle inIkóniumin die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat ’n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.

2 Maar die ongehoorsame Jodehet die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.

3 Hulle het toe ’n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aandie woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.

4 En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met dieapostels saamgegaan.

5 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, ’n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,

6 het hulle dit gewaargeword engevlug na die stede van Likaónië,Listre enDerbe en die omstreke.

7 En daar het hulle die evangelie verkondig.

8 En in Listre het daar ’n man gesit wat magteloos was aan sy voete,kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.

9 Hy het geluister terwyl Paulus spreek; enPaulushet die oë op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof hetom gesond te word,

10 met ’n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy hetopgespring en begin rondloop.

11 En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaónies:Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.

12 En hulle het vir Bárnabas Júpiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.

13 En die priester van Júpiter wiese tempelvoor hulle stad was, het stiere en kranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offer.

14 Maar toe dieapostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor,het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep

15 en gesê: Manne,waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdienietige dinge moet bekeer totdie lewende Godwat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

16 Hy het in die tye wat verby is,toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel,

17 al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemelvir ons reën en vrugbare tye te geeenons harte metvoedsel envrolikheid te vervul.

18 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer.

19 Maardaar het Jode vanAntiochíë enIkónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het,Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.

20 Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas naDerbe vertrek.

21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ’n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan naListre enIkónium enAntiochíë,

22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te blydeur te sê:Ons moetdeur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

23 En hulle het in elke gemeente vir hulleouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

24 Toe gaan hulle deurPisídië en kom in Pamfílië;

25 en nadat hulle die woord inPerge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië.

26 En daarvandaan het hulle weggevaar naAntiochíë, waar hulle aandie genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.

27 En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy’n deur van geloof vir die heidene geopen het.

28 En hulle het daar by die dissipels ’n geruime tyd deurgebring.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fourteen − 2 =