HANDELINGE 11

Petrus verantwoord hom voor die gemeente waarom hy Cornelius gedoop het.

1 EN die apostels endie broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.

2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem,het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis

3 en gesê:By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.

4 En Petrus het begin en vir hulle die loop van die saak uiteengesit en gesê:

5 Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in ’n verrukking van sinne het ek ’n gesig gesien: ’n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos ’n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.

6 En toe ek die oë daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.

7 En ek hoor ’n stem vir my sê: Staan op, Petrus, slag en eet!

8 Maar ek antwoord: Nooit nie, Here, want niks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie.

9 En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

10 En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.

11 En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesaréa na my gestuur was.

12 En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdieses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.

13 En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word;

14 hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy enjou hele huis gered sal word.

15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle gevalsoos ook op ons in die begin.

16 Enek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het:Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?

18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê:So het God dan ook aan die heidene diebekering tot die lewe geskenk.

Die evangelie word in Antiochíë verkondig.

19 DIEwat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot byFenícië enCiprus enAntiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.

20 En daar was sommige van hulle, Cipriese enCirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met dieGriekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.

21 En die hand van die Here was met hulle, en ’n groot getal het gelowig geword enhulle tot die Here bekeer.

22 En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle hetBárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë.

23 Toe hy daar kom endie genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;

24 want hy was ’n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ’n aansienlike skare is aan die Here toegebring.

25 Toe vertrek Bárnabas naTarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom naAntiochíë gebring.

26 En hulle het ’n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ’n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keerChristene genoem.

27 En in dié dae het daarprofete van Jerusalem na Antiochíë afgekom.

28 En een van hulle met die naam vanÁgabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ’n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiserClaudius.

29 En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoëietssou stuur tot versorging van diebroeders wat in Judéa woon.

30 En dit het hulle ook gedoen en dit deur Bárnabas en Saulus aandie ouderlinge gestuur.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 + 12 =