ROMEINE 14

Verdraagsaamheid teenoor die wat swak is in die geloof.

1 EN neem hom aanwat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

2 Die een glo dat ’n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.

3 Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; enhy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.

4 Wie is jy wat die huiskneg van ’n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.

5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.

6 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here,want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.

7 Wantniemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.

8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

9 Want hiervoor het Christus ookgesterwe en opgestaan en weer lewend geword, omoor dode sowel as lewende te heers.

10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Wantons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.

11 Want daar is geskrywe:So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

12 So salelkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

Vryheid en liefde.

13 LAAT ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer,om nie die broeder ’n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

14 Ek weet en is oortuig in die Here Jesusdat niks op sigself onrein is nie, maarhy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.

15 Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie.Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.

16 Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie.

17 Wantdie koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

18 Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.

19 Laat ons dannajaag wat tot vrede en onderlingestigting dien.

20 Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie.Alles is wel rein,maar dit is verkeerd vir ’n mens om te eet as dit tot aanstoot is.

21 Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of ietste doenwaardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.

22 Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.

23 Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

ROMEINE 15

Christus ’n voorbeeld van selfverloëning en hulpbetoon.

1 EN op onswat sterk is, rus die verpligting omdie swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.

2 Wantelkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is totstigting.

3 Wantook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is:Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.

4 Wantalles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid enbemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

5 En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle geeom eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,

6 sodat julle dieGod en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.

7 Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.

8 En ek sê datJesus Christus ’n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God,om die beloftes aan die vaders te bevestig;

9 en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is:Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing.

10 En ook sê Hy:Verbly julle, o nasies, saam met sy volk;

11 en ook:Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.

12 En Jesaja sê ook:Die wortel van Ísai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop.

13 En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Apostelskap en planne van Paulus.

14 MAARek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.

15 Tog het ek ten dele taamlik gewaag om aan julle te skrywe, broeders, as een wat julle herinner,kragtens die genade wat my deur God gegee is

16 om ’n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ’n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidenewelgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.

17 Ek het dan rede om te roem in Christus Jesus, in die dinge aangaande God.

18 Want ek sal nie waag om iets te sê van dingewat Christus nie deur my gewerk het nie —om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord en daad,

19 deurdie krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom tot by Illírikum;

20 maar só, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie —om nie op die fondament van ’n ander te bou nie —

21 maar soos geskrywe is:Hulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.

22 Daarom is ek ook elke keerverhinder om na julle te kom.

23 Maar nou dat ek geen plek meer het in hierdiestreke nie en al baie jaredie begeerte het om na julle te kom,

24 sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien endeur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ’n tyd lank van julle geniet het.

25 Maar noureis ek na Jerusalem in diens van die heiliges.

26 WantMacedónië en Acháje het dit goedgevindom iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.

27 Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want asdie heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, ishulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien.

28 As ek dit volbring het envir hulle hierdie vrug veilig oorgebring het, sal ek by julle langs na Spanje afreis.

29 En ek weet datas ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom.

30 Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebedete stry vir my by God,

31 dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judéa en dat my diensbetoning aan Jerusalemaanneemlik mag wees vir die heiliges,

32 sodat ek met blydskapdeur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.

33 Endie God van vrede sy met julle almal! Amen.

ROMEINE 16

Aanbevelinge, groete, wense.

1 EK beveel by julle aan ons suster Fébé, wat ’n dienares is van die gemeente inKenchréë,

2 dat jullehaar ontvang in die Here, soos ditdie heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie ’n beskermster enook vir my.

3 GroetPriscílla en Áquila, my medewerkers in Christus Jesus,

4 wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene.

5 Groetookdie gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat dieeersteling van Acháje is vir Christus.

6 Groet Maria wat baie vir ons gearbei het.

7 Groet Andronícus en Júnias,my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels enreeds voor my in Christus gewees het.

8 Groet Ámplias, my geliefde in die Here.

9 Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.

10 Groet Apélles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobúlus is.

11 Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is.

12 Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.

13 GroetRufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne.

14 Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is.

15 Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en aldie heiliges wat saam met hulle is.

16 Groet mekaar met ’n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.

17 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wattweedrag enaanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, envermy hulle.

18 Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maarhulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.

19 Wantjulle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat jullewys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is.

20 Endie God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.

21 Timótheüs, my medewerker, groet julle, enLúcius enJason enSosípater, my stamgenote.

22 Ek, Tértius,wat die brief geskryf het, groet julle in die Here.

23 Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle.Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle.

24 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

25 Aan Hom dan wat magtig isom julle te versterkvolgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus,ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheidwat eeue lank verswyg is,

26 maar nougeopenbaar is endeur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof —

27 aandie alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.

HANDELINGE 1

Inleiding. Hemelvaart van Jesus.

1 DIE eerste verhaal,Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het

2 tot op die dag datHy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Geesbevele gegee het;

3 aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.

4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegeeom nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag opdie belofte van die Vader, wat julle,het Hy gesê,van My gehoor het.

5 WantJohannes het wel met water gedoop, maar julle salmet die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyddie koninkryk vir Israel weer oprig?

7 En Hy antwoord hulle:Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;

8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle salmy getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa enSamaría en tot aan die uiterste van die aarde.

9 En nadat Hy dit gesê het,is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ’n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan,staan daar twee manne inwit klere by hulle,

11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel,sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

12 Daaropdraai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is,’n sabbatsreis ver.

13 En toe hulle daar kom, gaan hulle nadie bovertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik:Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.

14 Hulle almal heteendragtigvolhard in gebed en smeking, saam met ’naantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en metsy broers.

Matthías as apostel gekies in die plek van Judas.

15 EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê:

16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel hetdeur die mond van Dawid aangaande Judaswat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;

17 wanthy is saam met ons getal gereken en het die lot vanhierdie bediening verkry.

18 Hy het dan ’n stuk grond gekoop metdie loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;

19 en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is,dit is Bloedgrond.

20 Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms:Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En:Laat ’n ander een sy opsienersamp neem.

21 Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het,

22 van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van onsopgeneem is — van hulle moet daar eensaam met ons getuie word van sy opstanding.

23 En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías.

24 En hullehet gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het

25 om die lot van hierdie bediening enapostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaanna sy eie plek.

26 Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.

HANDELINGE 2

Die uitstorting van die Heilige Gees.

1 EN toedie dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almaleendragtig bymekaar.

2 En daar kom skielik uit die hemel ’n geluidsoos van ’n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

3 Toe is deur hulle tonge gesien soos vanvuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.

4 Enhulle is almal vervul met die Heilige Gees en het beginspreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.

6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;

7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nieGaliléërs nie?

8 En hoe hoor onshulle,elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië,

10 Frígië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode enJodegenote,

11 Kretense en Arabiere — ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.

12 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?

13 Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.

Toespraak van Petrus op die pinksterdag.

14 MAAR Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.

15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit isnog maardie derde uur in die môre.

16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:

17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstortop alle vlees, en julle seuns enjulle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, enhulle sal profeteer.

19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.

20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

22 Israeliete, luister na hierdie woorde!Jesus, die Nasaréner, ’n mandeur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet —

23 Hom, wat deurdie bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is,het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;

24 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.

25 Want Dawid sê van Hom:Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie.

26 Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.

27 Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.

28 U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.

29 Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, ensy graf is by ons tot vandag toe.

30 Omdat hy dan ’n profeet was en geweet het datGod vir hom met ’n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene,wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,

31 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus,dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

32 Hierdie Jesushet God opgewek, waarvan ons almalgetuies is.

33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is envan die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

34 Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê:Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand

35 totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.

36 Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God HomHere en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.

Die eerste bekeerdes.

37 TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê:Wat moet ons doen, broeders?

38 En Petrus sê vir hulle:Bekeer julle, enlaat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christustot vergewing van sondes, en julle saldie gawe van die Heilige Gees ontvang.

39 Want die belofte kom julle toe enjulle kinders en almal watdaar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.

40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.

41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dagomtrent drieduisend siele toegebring.

42 En hullehet volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap enin die breking van die brood en in die gebede.

43 Envrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.

44 En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, enhet alles gemeenskaplik besit.

45 Enhulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.

46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhardin die tempel envan huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel metblydskap en eenvoudigheid van hart geniet,

47 terwylhulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliksby die gemeente gevoeg die wat gered is.

HANDELINGE 3

Die genesing van die kreupel-gebore man. Toespraak van Petrus in die tempel.

1 EN Petrus en Johannes het saamna die tempel opgegaan op die uur van die gebed,die negende uur.

2 En daar is ’n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word,om ’n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.

3 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ’n aalmoes gevra.

4 En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons.

5 En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.

6 Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou:In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

7 Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.

8 En hyhet opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.

9 En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.

10 En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.

11 En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop indie pilaargang wat Salomo s’n genoem word.

12 En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?

13 Die God van Abraham en Isak en Jakob,die God van ons vaders,het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer envoor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.

14 En julle het die Heilige en Regverdige verloën engevra dat ’n moordenaar aan julle geskenk sou word,

15 en die Leidsman tot die lewe het julle gedood.God het Hom uit die dode opgewek, waarvan onsgetuies is.

16 En deur die geloofin sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, endie geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.

17 En nou, broeders, ek weet dat julle ditin onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes;

18 maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig hetdeur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.

19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

20 en Hy Hom mag stuur watvooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,

21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

22 Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle’n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

23 En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.

24 En ook al die profete vanSamuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.

25 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het:En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.

26 God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deurelkeen van sy booshede te bekeer.

HANDELINGE 4

Petrus en Johannes voor die Joodse Raad.

1 EN terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en dieSadduseërs op hulle afgekom,

2 baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesusdie opstanding uit die dode verkondig.

3 En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.

4 En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne hetomtrent vyfduisend geword.

5 Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,

6 ookAnnas, die hoëpriester, enKájafas en Johannes en Alexander en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;

7 en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?

8 Daarop sê Petrus,vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,

9 as ons vandag ondervra word oor ’n weldaad aan ’n siek man, waardeur hy gesond geword het,

10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel datdeur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar watGod uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

11 Hy isdie steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ’n hoeksteen geword het.

12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien enverstaan dat hulle ongeleerde eneenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

14 En omdat hulle die man wat genees was,by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.

15 Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag

16 en gesê:Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar ’n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, isduidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.

17 Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.

18 En hullehet hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.

19 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle:Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;

20 want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.

21 En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulleter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oorwat gebeur het.

22 Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud.

23 En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.

24 En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot Godverhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,

25 wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het:Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?

26 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.

27 Want waarlik,Herodes enPontius Pilatus het saam metheidene endie volke van Israel vergader teenu heilige Kind Jesuswat U gesalf het,

28 om alles te doen wat u hand en u raadvooruit bepaal het om plaas te vind.

29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,

30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wondersdeur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

31 En toe hulle gebid het,is die plek geskud waar hulle saam was, enhulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

Vrywillige gemeenskap van goedere by die eerste Christene. Ananías en Saffíra.

32 EN die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maarhulle het alles in gemeenskap gehad.

33 En met groot krag het die apostelsgetuienis gegee vandie opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.

34 Want niemand onder hulle was behoeftig nie;want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

35 Enaan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.

36 En Joses wie se bynaam onder die apostelsBárnabas was — wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting — ’n Leviet, van geboorte uit Ciprus,

37 het ’n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

HANDELINGE 5

1 MAAR ’n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ’n eiendom verkoop,

2 en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ’n sekere deel gebring enaan die voete van die apostels neergelê.

3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom hetdie Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.

5 En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe;en ’n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.

6 Daarna het die jongmanne opgestaanen hom toegedraai en uitgedra en begrawe.

7 En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.

8 En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.

9 En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.

10 Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.

11 En ’n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.

12 Endeur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almaleendragtig saam indie pilaargang van Salomo.

13 En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maardie volk het hulle baie geëer.

14 En daar is meer en meer gelowiges in die Herebygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue,

15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit netsy skaduwee op iemand van hulle sou val.

16 En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.

Die apostels word uit die gevangenis verlos en weer deur die Raad ondervra.

17 ENdie hoëpriester het opgestaan en almal wat saam met hom was — dit is die party van die Sadduseërs — en hulle was met nydigheid vervul,

18 en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit.

19 Maar’n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei en gesê:

20 Gaan heen, staan en vertelin die tempel aan die volk aldie woorde van hierdie lewe.

21 En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom endie Raad en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.

22 Maar toe die dienaars daar kom, het hulle hul nie in die gevangenis gekry nie; en hulle het omgedraai en berig gebring en gesê:

23 Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie.

24 En toe die hoëpriester endie hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word.

25 En daar kom een en bring aan hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk.

26 Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie,uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.

27 Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:

28 Hetons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; enjulle wil diebloed van hierdie Man op ons bring.

29 En Petrus en die apostels antwoord en sê:Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.

30 Die God van ons vadershet Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ’n kruishout te hang.

31 Hom het God asLeidsman enVerlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israelbekering envergifnis van sondes te skenk.

32 Enons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Geeswat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

33 Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.

34 Maar ’n Fariseër met die naam vanGamáliël,’n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels ’n bietjie buitentoe moes bring.

35 Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;

36 want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense — omtrent vierhonderd — aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.

37 En ná hom het Judas, die Galiléër, opgestaan, in die dae vandie inskrywing, en ’n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.

38 En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word;

39 maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie — dat dit nie miskien bevind word dat julle selfsteen God stry nie.

40 En hulle het na hom geluister. En nadat hulledie apostels ingeroep het, het hullehul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.

41 Hulle het toe van die Raad af weggegaan,bly dat hullewaardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.

42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel envan huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.

HANDELINGE 6

Kiesing van die sewe diakens.

1 EN in dié daetoe die dissipels vermeerder het, het daar ’n murmurering ontstaan van dieGriekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduweesin die daaglikse versorging oor die hoof gesien is.

2 En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie.

3 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle,van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;

4 maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.

5 En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus,’n man vol van geloof en van die Heilige Gees, enFilippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ’nJodegenoot uitAntiochíë,

6 wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle hetgebid en hulledie hande opgelê.

7 En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en’n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.

Stéfanus die eerste martelaar vir Christus.

8 EN Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.

9 En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis.

10 Maar hullekon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.

11 Toehet hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God.

12 En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring.

13 En hulle hetvalse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie.

14 Want ons het hom hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, salhierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander.

15 En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van ’n engel was.

HANDELINGE 7

1 TOE sê die hoëpriester: Is hierdie dinge dan so?

2 En hy sê:Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was,voordat hy in Haran gewoon het,

3 en vir hom gesê:Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys.

4 Toe het hy getrek uit die land van die Chaldeërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vaderhet Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.

5 En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie ’n voetbreed nie, maar Hy het beloweom dit aan hom en sy nageslag ná hom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.

6 En God het aan hom dít gesê, datsy nageslag bywoners in ’n vreemde land sou wees en die mense hulle tot slawe sou maak en mishandel, vierhonderd jaar lank.

7 En die nasie aan wie hulle diensbaar sal wees, sal Ek oordeel, het God gesê; en daarna sal hulle uittrek enMy in hierdie plek dien.

8 EnHy het hom die verbond van die besnydenis gegee, en so het hy die vader van Isak geword en hom op die agtste dag besny; en Isak het die vader van Jakob geword, en Jakob van die twaalf aartsvaders.

9 En die aartsvaders was jaloers opJosef en het hom verkoop na Egipte toe; maar God was met hom

10 en het hom uit al sy verdrukkinge verlos enhom guns en wysheid geskenk voor Farao, die koning van Egipte; en dié het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis.

11 En ’n hongersnood en groot benoudheid het oor die hele Egipteland en Kanaän gekom, en ons vaders kon geen voedsel kry nie.

12 En toe Jakob hoor dat daar koring in Egipte was, het hy ons vaders die eerste keer uitgestuur.

13 En die tweede keer is Josef deur sy broers herken, en die afkoms van Josef het aan Farao bekend geword.

14 Toe het Josef gestuur en sy vader Jakob laat roep en sy hele familie,vyf-en-sewentig siele.

15 En Jakob het afgetrek na Egipte en daargesterwe, hy en ons vaders.

16 Enhulle is oorgebring na Sigem en weggelê in die graf watAbraham vir ’n som geld gekoop het van die seuns van Hemor,die vadervan Sigem.

17 En namatedie tyd van die belofte wat God aan Abraham met ’n eed beloof het, nader kom,het die volk toegeneem en vermeerder in Egipte,

18 totdat daar ’n ander koning opgestaan het wat nie vir Josef geken het nie.

19 Hy het listig met ons geslag te werk gegaan en ons vaders mishandel deur hulle te verpligom hul kindertjies weg te gooi, sodat hulle nie in die lewe behou kon word nie.

20 In dié tyd isMoses gebore, en hy was wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg;

21 en toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom as haar seun grootgemaak.

22 En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.

23 En nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy hart opgekomom sy broers, die kinders van Israel, te besoek;

24 en toe hy sien dat iemand onreg aangedoen word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan.

25 En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sy hand redding sou gee; maar hulle het dit nie verstaan nie.

26 En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?

27 Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: Wie het jou as ’n owerste en regter oor ons aangestel?

28 Jy wil my tog nie doodmaak soos jy gister die Egiptenaar doodgemaak het nie?

29 En Moses het op hierdie woord gevlug en ’n bywoner geword in die land Mídian,waar hy die vader van twee seuns geword het.

30 En toe veertig jaar verby was,het ’n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van ’n doringbos.

31 En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:

32 Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag om dit te bekyk nie.

33 Toe sê die Here vir hom: Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.

34 Ek het duidelik gesien die mishandeling van my volk wat in Egipte is, en hulle gesug gehoor en neergedaal om hulle te verlos. En nou, kom hier, Ek wil jou na Egipte stuur.

35 Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te sê: Wie het jou aangestel as ’n owerste en regter? — hom het God as owerste en verlosser gestuurdeur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos.

36 Hy het hulle uitgelei enwonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en die woestyn gedoen, veertig jaar lank.

37 Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het:Die Here julle God sal vir julle ’n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.

38 Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam metdie Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewendewoorde ontvang om aan ons te gee.

39 Na hom wou ons vaders nie luister nie, maar hulle het hom verstoot en met hulle harte na Egipte teruggekeer

40 toe hulle vir Aäron gesê het:Maak vir ons gode wat voor ons uit sal trek; want hierdie Moses wat ons uit Egipteland uitgelei het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

41 Enhulle het in daardie dae ’n kalf gemaak en aan die afgodsbeeld ’n offer gebring en hulle in die werke van hulle hande verbly.

42 Maar God het Hom afgewenden hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete:Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?

43 Ja, julle het die tent vanMolog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer.

44 Dietent van die Getuienis was onder ons vaders in die woestyn, soos Hy wat met Moses gespreek het,hombevel gegee hetom dit te maak volgens die afbeelding wat hy gesien het.

45 En ons vaders het dit ontvang en metJosua ingebring in die besitting van die nasies wat God voor ons vaders uitgedryf het, tot op die dae van Dawid

46 wat genade gevind het voor God engevra het om ’n woonplek vir die God van Jakob te verkry.

47 En Salomo het ’n huis vir Hom gebou.

48 Maar die Allerhoogstewoon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê:

49 Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?

50 Het my hand nie al hierdie dinge gemaak nie?

51 Jullehardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.

52 Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het vandie Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;

53 julle wat die wetdeur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!

54 En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.

55 Maar hywas vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staanaan die regterhand van God.

56 En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.

57 Maar hulle het met ’n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.

58 En hulle het hombuitekant die stad uitgewerp enhom gestenig; endie getuies het hulle klere neergelê by die voete van ’n jongman met die naam van Saulus.

59 En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hydie Hereaanroep en sê: Here Jesus,ontvang my gees!

60 En hy het op sy knieë neergeval en met ’n groot stem uitgeroep: Here,reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.